Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -12 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Desember 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.

Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 19/12/2021 - 14:37

Wessel ja, ek het gekyk waar die grond die droogste was met die minste duweltjies want as dit reën gaan die grondseil altyd klam/nat bly. Hier is lekker staanplekke onder die bome as die son hard skyn en met baie duweltjies.  Die badkamers is baie mooi, net klein stort hokkies maar ok.  By die swembaddens en die spa is dit ook baie mooi en skoon.

Moet ook nog by Swadini 'n draai gaan maak was baie jare terug (seker maklik 30 jaar terug) daar vir 'n kort kamp.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 20/12/2021 - 09:24

More maters. Gistremiddag slaan die weerlig ons berg aan die brand, en daar sak my moed in die skoene. Bel die Parkhoof, hy is in bevel van sy brandspanne, en hy stuur n 2man span. Eintlik blus hulle nooit brande wat deur weerlig begin is nie, beskou dit as natuurlik, en sal dan slegs die brande beheer waneer dit buite hulle gebied kom en gevaar inhou.

Wel, ek reken die man was nie heeltemal lus om in hierdie dae te sit en wag om te kyk wat gaan gebeur nie, en 8uur gisteraand is dit geblus. Baie dankbaar, is nie die regte woorde nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/12/2021 - 11:03

Middag Herman

Het dit dan nie gereen by julle nie? Kan weerlig 'n nat veld aan die brand slaan?

Was die brand naby jou Auchterlonie huisie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/12/2021 - 11:46

Goeie môre kampmaters !

Dis soms nogal voordelig om bejaard te wees.  Ek moes al teen 30/11 drie voertuie se lisensies betaal het, maar die toue mense het my maar elke keer laat omdraai.

Die tyd loop uit en vanoggend besluit ek dis nou of nooit.  Daar is twee lang toue en mense sit op kampstoele onder sambrele buite die lisensiekantoor.  Ek loop toe tot voor by die ingang en vra die ou daar in watter een van die twee toue moet ek gaan staan.  Hy antwoord nie my vraag nie en vra hoe oud is ek.  Hy kyk my geskok aan en sê kom verby meneer, jy is volgende !  Hy bring toe nog wraggies vir my 'n stoel om op te sit vir die twee minute wat ek moes wag !

Nogal lekker om oud te wees, maar ai die arme mense daarbuite wat geduldig in die son moet wag laat my so 'n bietjie skuldig voel.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 20/12/2021 - 15:59

Ons was Musina toe en het besluit om te kyk of ek my eerste skool kan opspoor.  Al wat ek kan onthou was dat daar 'n redelike groot (vir daai klein tyd) kremetart boom voor in die tuin gestaan het.  Lyk my ek het hom gekry.  Die foto's is op my foon.

Hier is die fb skakel.  https://m.facebook.com/s…

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/12/2021 - 17:16

My maggies Willem, bly jy het dit gekry.  Jy gee my nou 'n idee wanneer ek weer in Pretoris is om vir my destydse skool, Riviera Laerskool te gaan besoek.

In my Zim-dae het ons natuurlik altyd deur Musina gery en dikwels daar in 'n restourant geëet.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/12/2021 - 11:32

Dagse. Effe aan die warm kant hier, lekker vris 37 vir vandag voorspel. Nou vroetel ek buite tot so 11 uur en daarna in die skuur. Karring aan die ou baaisiekil.

Wil vir Wessel noem die rede vir besorgdheid is meer as skade wat ek kan kry.

My grens met natuurbewaring is sowat 2km van die huis af, daar is n brandbaan wat seker vanaf Uniondale tot wie weet waar anderkant Calitzdorp loop. Brandbane is  daar om die grondeienaar se aanspreeklikheid te beskerm waneer brande oor sy grond loop, word deur die wet vereis. Sover dit help om brande te keer, is dit van amper geen waarde nie.

Ons brandwet, is die enigste wet waar jy jou onskuld moet bewys, jy is gesien as nalatig sou n brand, al kom dit van waar, jou grond kruis en na naburige plase gaan. So brand die reservaat, en die brand kom op my plaas, word dit my brand, en my buurman waarheen dit verspry, kan my dagvaar vir skade.  Mooi dag. ,

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 21/12/2021 - 12:26

Maar so, kan jy mos ook sê "die brand kom van die natuur reservaat af", net soos jou buurman dan kan sê die brand kom van jou af?

So brand die reservaat, en die brand kom op my plaas, word dit my brand, en my buurman waarheen dit verspry, kan my dagvaar vir skade.  Mooi dag. ,

Word dit dan nie nou weer sy brand nie? 

Die wette is so dubbel sinning....

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 21/12/2021 - 14:39

Middag neef en ander

As ek nou so dink aan die weghol brande deur die Noord Kaap en Vrystaat, waar etlike plase afgbrand, wie se brand was dit. 

Ek twyfel of daai boere volgens wet mekaar blameer, want almal het omtrent alles verloor. 

Daai klousule van "nalatigheid", is so vaag en tog kan iemand dit met groot impak teen 'n mens gebruik.

Dis nou presies die probleem met die kompleks se tuinmuur. Die buurvrou wil nie voorkomend bydra om die muur te vervang nie, en wil gladnie daaroor praat nie. Wetlik is sy 50% mede eienaar en ons mag nie die muur platslaan sonder haar toestemming nie. Die kompleks gaan nou maar met 'n skrywe haar op risiko plaas, en indien die muur moet bly staan tot dit val, sy nie 'n eis vir skade teen ons kan instel nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/12/2021 - 17:08

Wessel, is die muur aan julle kant van die bakens, landmeters,  gebou? Maak n verskil omtrent die eienaarskap.

Omtrent die brande. Ons het hier n brandbestrydigingsvereniging waarvan meeste boere, munisipaliteit en Cape Nature lid is. Sodra jy lid van dit is, word jy as " nie nalatig" gesien, maar jy moet gehoor gee aan die voorskrifte. Nou word die gebied in bestuurs-areas opgedeel, waarin die lede deel form, en ons sodoende  "resources"?? poel om saam brande in ons area bestry. So besluit ons dan ook op brandbane wat belangrik is in die area, en dus is dit nie nodig vir elke boer om sy grense skoon te maak nie. Als werk baie mooi, ...maar daar is n paar dwarstrekkers wat nie lid wil wees nie, of sy R500/jaar kan betaal nie, en dan sit jy met n buurman wat jou steeds moelike tye kan kos, alhoewel hy nie regtig kan nie.

Terloops, dit is n wetlike verpligting vir alle staatsinstellings, munisipaliteiete etc om aan n brandbestrydingsvereniging te behoort on sodoende die gowerment " onskuldig" te maak aan nalatigheid.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 22/12/2021 - 07:27

Goeie môre almal, hoop julle het 'n mooi dag, hier weet ek nie meer hoe lyk sonskyn nie, dit is 'n nat en of net bewolkte weer nou al vir seker drie weke.

Ek kla nie, ons bly in 'n water skaars land.

Herman, my opmerking kon dalk as sarkasties deur kom, maar dit is nie so bedoel nie.

Maar so, kan jy mos ook sê "die brand kom van die natuur reservaat af", net soos jou buurman dan kan sê die brand kom van jou af?

 

So brand die reservaat, en die brand kom op my plaas, word dit my brand, en my buurman waarheen dit verspry, kan my dagvaar vir skade.  Mooi dag. ,

Word dit dan nie nou weer sy brand nie? 

Die wette is so dubbel sinning....

 Ek hoop maar Willem-hulle kry sonskyn, en almal wat kampeer, mens wil darem ook nou nie 24/7 ongure weer hê as jy kamp nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 22/12/2021 - 07:35

Môre kampeerders en huislêers

Net soos Johann hierbo kla ek ook nie oor die afgelope 2 weke se koel reenerige weer nie. Ten minste hoef ek nie krane oop te draai om tuin nat te maak nie. O ja en omdat dit heeltyd lyk of dit gaan reën, kan mens mos gladnie dink aan verfwerk buite nie. 

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 22/12/2021 - 08:28

Gister middag het die son lekker deurgekom en gisteraand se voorselling op TV het gesê vandag gaan 37°C wees, wel dit is nog steeds bewolk en dit lyk nie of ons by daai temperatuur gaan uitkom nie.

.

Wat my bang maak is Saterdag en Sondag se voorspelling want ons moet Maandag begin om af te slaan om Dinsdag vroeg te ry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/12/2021 - 09:13

Hallo Willem !  My oplossing :-

Dinsdagoggend skyn die son  -  pak eerder Dinsdagoggend op en ry daarna.  Jy hoef mos nie noodwendig vroeg tuis te wees nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 22/12/2021 - 10:14

Ongelukkig moet ons vroeg by die huis wees.  Surette se ma kom na ons toe want haar suster hulle ry die 28ste.  Hoop maat vir die beste, ek sou wag tot dit opklaar maar nou ja kan nie als kry soos ek dit wil hê nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/12/2021 - 07:18

.... ek sou dit ook sterk oorweeg om vroeër op te pak - tensy jy spasie by jou huis het om op te slaan ten die spulletjie te laat droog word indien dit wel sou reën soos wat voorspel word. Jy't klaar genoem dat jy nie later kan oppak nie. Dit het my 2 jaar gelede in die Karoo Nas Park oorgekom dat ek eers 'n dag later kon ry, ten einde te wag dat die stoeptent en sykante afdroog, want ek sou eers weer 7 dae later vir die eerste keer in Punda Maria opslaan.

Bietjie "bad" as die weer jou so 'n streep trek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/12/2021 - 07:30

Ja die 3B se tent dak is als een groot stuk seil en droog is hy reeds baie swaar en as hy nat is gaan jy sukkel om hom af te slaan.  Gelukkig het ek plek by die huis om hom weer op te slaan.

Sien nou die voorspelling van YR het opgedateer.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus