Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

Desember 2021 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.

Klaar koffie gehad 👍☕
Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 26/12/2021 - 16:00

Dankie Willem, ek is deeglik bewus van die moontlike turbo-probleem oppad huis toe, maar gedog hierdie is nog iets anders ....

.....by die huis met nog probleme. .

Ek's bly my gedoggery was verkeerd. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 27/12/2021 - 10:08

Wessel, Theo hulle slaap oor by Kleinplaas wat ook 'n baie lekker plek is, het al daar vir 'n paar nagte gestaan.

Dit reën nog heel oggend hier en dit is lekker weer om rustig leeg te lê. 😉

Te sleg om die vakansie foto's af te laai en my terugvoering te doen. 😉

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Tue, 28/12/2021 - 06:25

Môre sê almal. Sien daar is vanoggend so 'n geel bal wat baie warm is hier by ons in die lug. Hoop net die ding kan bietjie langer sigbaar bly vandag want alles is nat en moet bietjie uitdroog. Tot die honde se piepie poel al op en sak nie weg nie laugh.

 

Gaan vanoggend my ouers bietjie Vaaldam toe vat om die oop sluis/e te wys. Die 2 oues was laas by die dam toe hy nog 'n 3m hoë grond wal gehad het wink.

Aan almal wat die paaie aandurf, wees veilig

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/12/2021 - 11:02

Ja hier sien ons ook daai "geel bal" vanoggend. yes

Moet ook weer 'n draai maak daar by die dam, maar sal wag vir jou foto's.

Vanoggend 42mm reën water uit die meter gegooi.

Julle moet die dag geniet, die skoonma (heks) het vandag hier opgedaag (daarom is my oujaar kamp daarmee heen) tot die skool begin. sad

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/12/2021 - 17:25

Waarmee het sy opgedaag

Met 'n lanie i10 😆

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 28/12/2021 - 21:20

Miskien moet ek liewers my smoer hou 🤐  Want haar seun lees ook hier. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 29/12/2021 - 07:00

Môre vriende

Het ek 'n nuusbrokkie gemis,

1]houLen êrens vakansie waar geen sein is,

2] het hy hom gewip

3] hopenlik darem nie opgesluit vir stoute eskapades in die openbaar nie.

Hopenlik verras hy ons met 'n lekker lang verslag van 'n onbeplande wegbreek.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/12/2021 - 10:00

  • Ek glo nie jy het 'n nuusbrokkie gemis nie, want jy gesels lekker elke dag en behoort nie iets te mis nie
  • Ek hou ongelukkig nêrens vakansie nie, is maar hier by die huis rond
  • Ek het my beslis nie vir iets of iemand gewip nie  -  ek is mos nie 'n wipperige mens nie, of ten minste, ek dink so
  • Stoute eskapades :  ek is 'n wetsgehoorsame burger en sal nooit in sulke sop beland nie
  • My annerhelfte is bietjie olik vandag en ons huishulp is met verlof.  Gevolglik hang "my" bondel wasgoed al vanaf 09:00 op die draad ! (Ek weet hoe 'n Speed Queen werk).  Die skottelgoedwasser is ook al uitgepak en alles is netjies op hul plek gebêre

Dis die beste wat ek kon doen betreffende 'n verslag tydens hierdie vakansie-seisoen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/12/2021 - 11:09

Nou ja, die son skyn lekker vandag daarom het ek besluit om die gras te sny voor dit weer begin reën, so dit is gedoen en het ook klaar gestort om die grassies af te was.

Geniet die res van jou dag. yes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 30/12/2021 - 08:49

Goeie môre kampmaters !  Jis maar dis grafstil hier in ons kompleks, hier's feitlik geen mens nie.  Ek mis nogal die bure se kinders se stemme wanneer hulle hierlangsaan op die trampolien spring en mekaar rondjaag.  Of die skaatsplank-ryers hier voor ons huis verby.  Dis altyd lekker om te sien hoe uitbundig en veilig speel die kinders, groot en klein, by ons kompleks se twee parke.  Maar deesdae is dit doodstil.

Dis nou tyd dat die kinders weer terugkom sodat hier weer lewe kan wees.

Geniet jou dag !

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Thu, 30/12/2021 - 17:47

Middag almal. Lieflike 2 dae sover.

Willem - die 2 oues het die trippie baie geniet. Die Vaaldam is lekker vol en hulle het die 2de sluis begin ooptrek terwyl ons gekyk het. Omdat my Pa swaar loop moes ons noodgedwonge op die R549 brug stop sodat hy ook kan kyk.

Gaan gou Dinsdag tot Donderdag Durbs toe vir 'n algemene jaarvergadering van die kar besigheid. Ma gaan meeting hou en ek en die kleinjie sandkastele bou yes.

0

Len my ouers het jare gekamp, ag vandat ek kan onthou. Die ouman het in 2010 sy karavaan met 'n swaar gemoed verkoop omdat hy agv gesond nie meer kon sleep nie en my ma het nie kans gesien nie.

Ons wou al ons wa vir hulle gaan opslaan sodat hulle bietjie kan kamp maar my ma moet hom konstant versorg en kampplekke se ablusies maak nie voorsiening daarvoor nie. Verder is hy ook afhanklik van die rolstoel en walker om oor die weg te kom.

Die 2 oumense het die mini piekniek terdeë geniet!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 31/12/2021 - 06:13

Môre Stephans

Nou het jy my nuuskierig, hoe is jou vrou betrokke by die "kar besigheid"? Hopenlik kan sy iemand gaan aanjaag sodat daar mikro-skyfies beskikbaar kom. 

Ek wag nou al langer as 'n normale swangeskap periode, en my geduld is deesdae baie korter as toe ek vir my babas moes wag.laugh

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 31/12/2021 - 06:21

Nou ja, in minder as 18 ure is 2021 ook iets van die verlede.

Ek wens julle almal 'n gat-skop oujaar toe en 'n beter en voorspoedige 2022.

Geniet jou oujaarsdag voluit.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 31/12/2021 - 07:20

Goeie môre,

'n Wonderlike en Voorspoedige 2022 word vir julle almal toegewens.

My kinders en kleinkinders kom vanmiddag by ons braai. Ons gaan dus 'n baie rustige Oujaarsaand geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus