Nou ja dit is die laaste maand se eerste dag.
Klaar koffie gehad 👍☕Vat die Ford vanoggend na Syd's Suspension toe.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Wessel, Theo hulle slaap oor by Kleinplaas wat ook 'n baie lekker plek is, het al daar vir 'n paar nagte gestaan.
Dit reën nog heel oggend hier en dit is lekker weer om rustig leeg te lê. 😉
Te sleg om die vakansie foto's af te laai en my terugvoering te doen. 😉
Môre sê almal. Sien daar is…
Môre sê almal. Sien daar is vanoggend so 'n geel bal wat baie warm is hier by ons in die lug. Hoop net die ding kan bietjie langer sigbaar bly vandag want alles is nat en moet bietjie uitdroog. Tot die honde se piepie poel al op en sak nie weg nie
.
Gaan vanoggend my ouers bietjie Vaaldam toe vat om die oop sluis/e te wys. Die 2 oues was laas by die dam toe hy nog 'n 3m hoë grond wal gehad het
.
Aan almal wat die paaie aandurf, wees veilig
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Ja hier sien ons ook daai "geel bal" vanoggend. ![]()
Moet ook weer 'n draai maak daar by die dam, maar sal wag vir jou foto's.
Vanoggend 42mm reën water uit die meter gegooi.
Julle moet die dag geniet, die skoonma (heks) het vandag hier opgedaag (daarom is my oujaar kamp daarmee heen) tot die skool begin. ![]()
Waarmee het sy opgedaag…
Waarmee het sy opgedaag Willem? Op haar besem?
Dan klink sy darem nie te…
Dan klink sy darem nie te hekserig nie Willem.
Hou Len vakansie ?
Môre vriende
Het ek 'n nuusbrokkie gemis,
1]houLen êrens vakansie waar geen sein is,
2] het hy hom gewip
3] hopenlik darem nie opgesluit vir stoute eskapades in die openbaar nie.
Hopenlik verras hy ons met 'n lekker lang verslag van 'n onbeplande wegbreek.
Nee Wessel.....
- Ek glo nie jy het 'n nuusbrokkie gemis nie, want jy gesels lekker elke dag en behoort nie iets te mis nie
- Ek hou ongelukkig nêrens vakansie nie, is maar hier by die huis rond
- Ek het my beslis nie vir iets of iemand gewip nie - ek is mos nie 'n wipperige mens nie, of ten minste, ek dink so
- Stoute eskapades : ek is 'n wetsgehoorsame burger en sal nooit in sulke sop beland nie
- My annerhelfte is bietjie olik vandag en ons huishulp is met verlof. Gevolglik hang "my" bondel wasgoed al vanaf 09:00 op die draad ! (Ek weet hoe 'n Speed Queen werk). Die skottelgoedwasser is ook al uitgepak en alles is netjies op hul plek gebêre
Dis die beste wat ek kon doen betreffende 'n verslag tydens hierdie vakansie-seisoen.
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, die son skyn lekker vandag daarom het ek besluit om die gras te sny voor dit weer begin reën, so dit is gedoen en het ook klaar gestort om die grassies af te was.
Geniet die res van jou dag. ![]()
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Die jaar is amper klaar, glo dit kan net beter gaan in 2022.
Julle moet die laaste van oujaar geniet en veilig ry as jy op die pad is.
GM !
Goeie môre kampmaters ! Jis maar dis grafstil hier in ons kompleks, hier's feitlik geen mens nie. Ek mis nogal die bure se kinders se stemme wanneer hulle hierlangsaan op die trampolien spring en mekaar rondjaag. Of die skaatsplank-ryers hier voor ons huis verby. Dis altyd lekker om te sien hoe uitbundig en veilig speel die kinders, groot en klein, by ons kompleks se twee parke. Maar deesdae is dit doodstil.
Dis nou tyd dat die kinders weer terugkom sodat hier weer lewe kan wees.
Geniet jou dag !
Middag almal. Lieflike 2 dae…
Middag almal. Lieflike 2 dae sover.
Willem - die 2 oues het die trippie baie geniet. Die Vaaldam is lekker vol en hulle het die 2de sluis begin ooptrek terwyl ons gekyk het. Omdat my Pa swaar loop moes ons noodgedwonge op die R549 brug stop sodat hy ook kan kyk.
Gaan gou Dinsdag tot Donderdag Durbs toe vir 'n algemene jaarvergadering van die kar besigheid. Ma gaan meeting hou en ek en die kleinjie sandkastele bou
.
Dankie Stephan....
Daardie laaste foto is so naby aan kamp as wat jy kan kom !
Len my ouers het jare gekamp…
Len my ouers het jare gekamp, ag vandat ek kan onthou. Die ouman het in 2010 sy karavaan met 'n swaar gemoed verkoop omdat hy agv gesond nie meer kon sleep nie en my ma het nie kans gesien nie.
Ons wou al ons wa vir hulle gaan opslaan sodat hulle bietjie kan kamp maar my ma moet hom konstant versorg en kampplekke se ablusies maak nie voorsiening daarvoor nie. Verder is hy ook afhanklik van die rolstoel en walker om oor die weg te kom.
Die 2 oumense het die mini piekniek terdeë geniet!
Kar besigheid vergadering??
Môre Stephans
Nou het jy my nuuskierig, hoe is jou vrou betrokke by die "kar besigheid"? Hopenlik kan sy iemand gaan aanjaag sodat daar mikro-skyfies beskikbaar kom.
Ek wag nou al langer as 'n normale swangeskap periode, en my geduld is deesdae baie korter as toe ek vir my babas moes wag.![]()
👋 Môre sê Kampforum lede ...
Nou ja, in minder as 18 ure is 2021 ook iets van die verlede.
Ek wens julle almal 'n gat-skop oujaar toe en 'n beter en voorspoedige 2022.
Geniet jou oujaarsdag voluit.
Goeie môre, 'n Wonderlike…
Goeie môre,
'n Wonderlike en Voorspoedige 2022 word vir julle almal toegewens.
My kinders en kleinkinders kom vanmiddag by ons braai. Ons gaan dus 'n baie rustige Oujaarsaand geniet.





Dankie....
Dankie Willem, ek is deeglik bewus van die moontlike turbo-probleem oppad huis toe, maar gedog hierdie is nog iets anders ....
Ek's bly my gedoggery was verkeerd.