Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -4 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -4 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -8 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -8 minutes ago
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Januarie 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Julle moet 2022 voluit geniet.

Ek het vanoggend 30mm 🌧 water uit die meter gegooi na gister se hael bui.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 19/01/2022 - 08:04

Goeie môre Wessel en ander laatslapers !

Die weermag-herinnering hoef my nie vanoggend wakker te maak nie.  Ons is al vroeg op om ons kleinkinders af te sien nuwe skole toe.  Die Kaapse skole het vandag begin en my jongste kleinkind is vanoggend "groot skool" toe en my oudste kleinkind is nou hoërskool toe.

Ai, die kleintjies groei sommer onder ons uit !

Lekker dag aan almal !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/01/2022 - 10:18

Len, baie geluk met die kleinkinders, my oudste het 2021 klaar gemaak met Gr12.

Neef & Wessel "vingers glips" maak beslis deel van ons knater karakters. winksmiley

Het hier ook vanoggend sag begin reën.  Ek dink die weer is reg vir rus na die bek Dr. klaar is met my. indecision

Julle moet die dag geniet.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 19/01/2022 - 10:30

Willem,

...is net die regte kou-goet nadat mens van Dr Bek af kom.

dis soos die Prediker sê: daar kom 'n tyd dat die malers ingee, dan is ons terug na marshmellows, maalvleis, frikadelle, en ander sagte goedjies.laugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/01/2022 - 15:13

Dit het toe nie so sleg gegaan nie, maar wat Len gesê het oor die koste is hy in die kol.  Laas was elke besoek R70 (kontant) vir Admin en nou is dit R140 per besoek en volgende afdruk betaal Discovery glo nie en moet ek R250 opdok. 😥  Maar dit is seker die wet van Transvaal ?

So gepraat van reën, dit is my dogter hulle se swembad in Rooihuiskraal.

.

Len het die video op my WilSur WhatsApp seker gesien. (sal screenshot plaas omdat ek nie die video kan aanplak nie.

.

.

Sy sê in Amberfield het hulle 40mm in 30min. gehad.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 20/01/2022 - 07:37

Môre vriende

Hier het ook gisteraand 22mm uitgesak. 

Tog te lekker, want nou kan ek tog nie in die tuin werk nielaugh

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 20/01/2022 - 16:18

Middag vriende

Na aanleiding van bekommernisse van 'n gebrek aan 'n ondersteunings-raamwerk, wat het geword van die databasis wat Willem [?] op die been gebring het? Bestaan dit nog?

Ek vermoed dat ons 'n ondersteuningsbasis weggesteek in die forum se lede het. Dit sal interessant wees om lede se vaste woonadresse te sien op 'n landskaart. Ek dink dat omtrent langs al die hoofroetes iemand binne etlike kilos te vinde is. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 20/01/2022 - 19:38

Willem se "Omgee-lys" bestaan nog.  Ek het onlangs my besonderhede by hom bevestig en as ek reg onthou, was hy besig om dit op te dateer.  Dit was al die jare 'n puik gedagte en my lysie ry altyd saam.

Willem sal seker nog self reageer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 21/01/2022 - 06:04

Goeie môre kampmaters !

Genugtig, maar julle ouballies slaap laat  -  nog net een outjie het aangeteken (of bly dalk sommer oornag aangeteken).  Ek het vanoggend se Die Burger al klaar gelees !

En ja okei, julle jonger-ballies moet seker regmaak vir werk en/of kinders by die skool kry  -  van julle verwag ons 'n "môre-sê" 'n bietjie later tydens tee-tyd by die werk.

Ek weet ons is 'n ou klompie wat nie eintlik veel erg het aan hierdie daaglikse gegroetery nie, maar so dan en wan is seker nie 'n slegte idee nie.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 21/01/2022 - 06:22

Môre sê Len. Darem al so 'n uur wakker laugh.

 

Eerste oggend in maande wat ons in Gauteng wakker word met lekker sonskyn en nie 'n wolkie in sig nie. Sien sommer uit na die grassnyery vanoggend.

 

Geseënde dag almal

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 21/01/2022 - 06:36

Goeie more Len en al die ander. Vandag is neef beswaard, sy grasmasjien se motor het uitgebrand. Het dit al baie jare. Ry gister spesiaal George toe, n man adverteer 2 vir spares, se" hulle plug in maar draai nie."

Nou weet julle teen die tyd dat ek goeie hande het met regmaak, en ek en elektriese grassnyers kom nou al n leeftyd saam. Die skakelaars is die grootste probleem en dan die aansit kapasitors, motors hou baie goed oor die algemeen. Daar gekom, wag so mollige antie my in en beduie na die 2 Flymo's wat onder n boom le tussen die lang gras, moed is klaar in die skoene. Daar is nie koorde aan nie, die motor se doppe is afgehaal, die skakelaars makeer. Op die motors is pikswart roet sigbaar, dus gebrand. Ek wou nog vra hoe is" hulle plug in maar draai net nie" moontlik? Besluit ek dat dit maar beter is om net te ry.

Ek moet dalk n "Neef se grassnyer omgee groep" stig.

Mooi dag verder.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 21/01/2022 - 07:19

..............Herman, ek dog dis net in ons stede dat sulke "advertensies" gebeur, maar lyk vir my daar in Oudtshoorn gebeur dit deesdae ook.  Kry mense dan nie skaam nie ?

Ek het nie meer grasperke wat gesny moet word nie, maar in 1998 koop ek vir my in Harare, Zimbabwe 'n Mowpower elektriese grasnyer wat in Zim vervaardig is  -  dit was twee jaar voor Mugabe begin het om die land te vernietig.  "n Ordentlike staal raamwerk met alooi wiele met "bearings".  In Zim het ons 'n enorme grasperk gehad en daardie masjien het gehou en gehou tot hier in Kaapstad vir nog 10 jaar voor ons die grasperke weens die erge droogte hier met plaveisel vervang het.  Daarna het ek die Mowpower verkoop aan 'n ou wat vandag nog sy grasperk daarmee sny.

Die hitte het nou hier by ons toegeslaan  -  vandag voorspel hulle 39º en Sondag 40º, 'n mens sou sweer dis Oudtshoorn hier !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 21/01/2022 - 09:52

Vertrou gaan goed met almal ek en Berdien gaan vir twee weke bietjie toer noord kus suid kus en ek alleen laeveld ons gaan oorde soek om te kamp wil iets anders doen as die normaal ATKV oorde mooi loop

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 21/01/2022 - 09:54

Ek is bly daar is darem so  ietwat belangstelling in die "Môre sê" gesprekslyn. wink

Ek weet ons is 'n ou klompie wat nie eintlik veel erg het aan hierdie daaglikse gegroetery nie, maar so dan en wan is seker nie 'n slegte idee nie.

Ja die "Omgee-lys" is nog daar maar weens die "poppie" storie is baie maar skrikkerig vir die lys van inligting.  Persoonlik dink ek y stem saam met hoe die inligting versprei as jy deel word van die lys.  Dit is nogals 'n takie om almal te kry om hulle inligting op datum te hou. sad

Ek sal nou nie sê ek sien uit na dit nie maar moet seker maar die takie doen. wink

Sien sommer uit na die grassnyery vanoggend

Len, hierdie toppie het te lank vroeg opgestaan en vorseer my self om maar in-te-lê want ek mag.

Julle moet die dag geniet.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 22/01/2022 - 07:43

Môre vriende, in besonder die in die warm plek,

Ek hoop julle het genoeg koue drink goedjies byderhand vir die volgende paar dae. Onthou net, bier maak rukkie koud, en dan gaan sit dit op die heupe, waar mens dit vir altyd saamdralaugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus