Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -41 seconds ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -14 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Ford en ratkaste

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Ek wil nie graag 'n bek-geveg begin nie, maar wil tog graag sinvolle kommentare oor die onderwerp verneem.  Ek is nie van plan om my Nissan Pathfinder te vervang voor ek my karavaan-kamp-skoene oor 'n klompie jare ophang nie, maar ek dink dikwels daaraan wat sal ek doen as my P/F gesteel of om een of ander rede vernietig word.  Ek wil graag steeds 'n SUV hê en hou baie van die Ford Everest en die Toyota Fortuner.  My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger 3,2 diesel en my seun en sy gesin het 'n Fortuner, V6 petrol.

Op sosiale media lees 'n mens dikwels van Fords met ratkas probleme, maar in die onlangse verlede het ons hier op ons forum ook van Ford ratkas probleme verneem.

  • Ek weet Koos Mol ry 'n Ranger 3,2 en is tot vandag toe baie tevrede, maar hy het eendag in die Wildtuin met sy Ranger se ratkierie wat losgekom het, in die hand gesit
  • Ons ken almal Willem se Ford Terry se duur ratkas herstelkoste
  • So-pas verneem van ChrisWH (oppad Wildtuin toe) se Ford Everest se ratkas wat oorverhit het en olie-druppels onderaan die onderstel
  • My dogter en skoonseun se Ford Ranger staan nou al vir twee weke waar die voorste deel van die "transfer casing" vervang moet word as gevolg van 'n ernstige olielek. Hierdie Ford het maar 40 000km op die klok

Al die Fords hierbo sleep karavane.

Is dit wel 'n algemene probleem dat Fords ratkas-probleme ontwikkel as gevolg van karavaan-sleep ? 

Worcester

Wildehont

Mon, 24/01/2022 - 11:51

Bv daai skroef wat in die een foto wys lyk of dit die plaat vashou? Indien wel, was dit behoorlik vas, maw daai "bracket" kan nie beweeg elke keer wat die rathefboom gebruik word nie? Uiteraard kan dit ook 'n swak onderdeel wees, swak ontwerp, ens. Stel voor hy plaas dit ook op die 4x4 forum en hoor wat ander eienaars se ondervinding met min of meer dieselfde model Everest was wat sy probleem aanbetref. Terloops, Wildehont se Everest, as ek reg onthou, is die ou model, sekerlik rondom 2020/11 of so? En op hoeveel km het die ding gebreek? Rede vir die klomp vrae is dat mens by enige faling altyd die "root cause" moet probeer bepaal, die spreekwoord sê mos dat dood altyd 'n rede het. 

 Die boutjie op die foto is so styf vas dat ek dit nie gister kon los kry nie. Dit draai in ‘n moer in aan die bokant van die plaat. Ek kon nie die moer bykom met ‘n ringsleutel of gewone moersleutel nie. Ek het reeds genoem dat ek vermoed die plaat het ‘n hou gevat, en dit het by die swakste plek gebreek (waar die gat is waardeur die boutjie pas). Dit is ‘n 2011 model en het 145 000km gedoen. Die 4x4 dag waar ek dink die stress op die onderdeel geplaas is, was op 6 Nov verlede jaar. Sedertdien het die kar waarskynlik nie veel meer as 1 000km gery nie. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/01/2022 - 12:18

😉

Ek kyk nou weer na Len se oorspronklikke begin van dié gespreklyn.  Miskien is dit net in ons Ford manne wat praat as daar 'n probleem is, nie soos die ander klomp wat dit in die stilligeit reg maak asof niks gebeur het nie.

😉🤐

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/01/2022 - 16:28

Ek was nou by die plaaslike Ford agent. Ek moes hom bietjie help soek, maar ons het die plaat gevind op ‘n diagram op sy rekenaar. Dit kos gelukkig net R363 voor BTW en die stelsel wys daar is een in voorraad. Hy moet dit bestel, en sê soms wys die stelsel daar is voorraad dan is daar nie regtig nie. Ek hou maar duim vas. 

0

Hello Chris S

Voordat jy die nuwe plaat insit, laat 'n ingenieurswerke dit as 'n vormplaat gebruik, en vir jou nog ene maak, miskien effens sterker, soos dalk dikker, of uit ander materiaal.

Mens is altyd bekommerd dat kritiese onderdele skaars of onbekombaar word.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/01/2022 - 18:50

Die plaat glo ek sal met MIG welding geswys kan word Wildehont. So reeks spots soos die manne praat, nie n aanmekaar swys nie. Skuur die dan mooi gelyk, en versterk met n doelgebuigde stukkie plaat aan die bokant. For keeps.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/01/2022 - 19:42

Of dit MIG of TIG was is ek nou nie 100% seker nie, maar hulle het dit sommer net vinnig getack weerskante van die gat waardeur die bout gaan. Hier onder is ‘n foto. Ek glo dit kan netjieser gedoen word as die plaat afgehaal word, maar ek gaan maar eers kyk of die agent vir my ‘n nuwe een kan kry.

A

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 24/01/2022 - 21:28

Hi julle, ek is nie 'n groot kenner van MIG sweis nie, kom nog uit ou skool uit, maar by die plek wat ek nou help, vind ek dat MIG nie hou van vibrasie nie. Uit my bietjie ondervinding sal ek daai plaat met LH stafie laat doen. Dit is wat hulle op spoorstawe gebruik en kan beslis die houe en vibrasie vat. Ons het dit op die myne ook gebruik op die laai grawe met groot sukses. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 25/01/2022 - 06:55

Laapskag, ek is ook nie n kenner nie, maar die metaal is bitter dun en n stafie gaan sukkel. Mig welding bebruik mens om selfs bakwerk op die ou karre te sweis, soos in roes stukke uithaal. Mig is maar amper net soos n stafie, maar dit het nie die flux om nie. Die sweis gebeur in n omgewing waar  dit omring is met n "in ert??" gas soos bv Argon. Jy kan jou ampere baie fyn stel en het goeie beheer. As dit my repair was, sou ek dit ge-braze het. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 25/01/2022 - 21:10

Die liewe Vader beskerm julle voorwaar. Elke keer haal julle die huis, sonder om langs die pad te sukkel/staan. 

Gelukkig het jy nie langs die pad gestop, of handrat gesleep nie. 

Wessel, dit is nie altemit nie (dat Hy ons telkemale  genadig is). Hierdie keer sou dit darem nie ‘n ongeluk veroorsaak het nie, maar wel kleurvolle taalgebruik om in die hitte wat ons Sondag gehad het met die gesin in die kar te gaan staan sou ek bv brandstof ingooi en die voertuig afsluit en dit nie weer aan die gang kan kry nie. Gelukkig is ek darem nie heeltemal meganies gestremd nie en ry altyd basiese gereedskap saam. Maar om vir ‘n halfuur of wat in die hitte langs die pad te stoei voor ons weer kan ry sou nie snaaks gewees het nie. Verder was die handrem gelukkig opgetrek toe ek die ratte Sondag van P na 1 geskuif het nadat Salomien dit aangesluit het. Anders het sy dalk per ongeluk oor my gery!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/01/2022 - 22:30

Verder was die handrem gelukkig opgetrek toe ek die ratte Sondag van P na 1 geskuif het nadat Salomien dit aangesluit het. Anders het sy dalk per ongeluk oor my gery!

Sjoe, dit kon 'n lelike affêre gewees het ! 

Interessant, my Merc kan glad nie aanskakel sonder dat die rathefboom in Park is nie en dat die rem nie ingetrap is nie.  Ek vermoed maar dis om te voorkom dat kinders die kar nie kan aanskakel en aan die loop kry nie.  (My Pathie is 'n handrat en kan ook nie aanskakel sonder dat die rem ingetrap is nie).

Ns.  O nee, ek sien nou eers sy het die Everest eers aangeskakel en toe skuif jy die rat uit P na 1.  In die Merc se geval moet jy die rem trap as jy die hefboom uit P wil skuif.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 26/01/2022 - 06:06

moet jy die rem trap as jy die hefboom uit P wil skuif.

Ek vermoed alle automatiese karre werk waarskynlik so. Ek het dit dalk nog net nie agtergekom met die Everest nie, omdat dit eenvoudig is wat mens van nature doen (om die rem te trap alvorens jy uit P skuif na ‘n ander rat). Die Everest is my eerste automatiese kar, maar ek moes een keer nie lank na ek my lisensie gekry het nie, my tannie se automatiese Jetta iewers heen ry. My pa het my toe geleer dat jou linkervoet niks mag doen wanneer jy met ‘n automatiese kar ry nie.
 

Uiteraard is dit in elk geval die gewoonte om jou regtervoet op die rem te hou met ‘n handrat ook voordat jy wegtrek. Dit is in my geval in elk geval, ek trek nooit teen die handrem weg nie. Sondag het die Everest teen ‘n effense afwaartse helling gestaan, en ek trek in elk geval die handrem al die pad op al staan dit gelyk. Ek het maar net die aand daaraan gedink dat dit darem ‘n gemors kon afgee indien die kar begin beweeg het terwyl ek onder dit lê met die helfte van my lyf tussen die voor- en agterwiele. Ek het geen idee gehad in watter rat dit is wanneer ek die selector skuif nie. 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 29/01/2022 - 14:03

Die ou by die agent het Maandag gesê die plaat sal teen afgelope Woensdag hier wees. Toe ek teen gister niks van hom gehoor het nie, het ek maar weer gaan vra. Hy sê toe dit sal Maandag vroeg hier wees. Ek gaan die nuwe plaat opsit en die ou een ordentlik laat regmaak vir ‘n spaar. 

0

Middag Chris S

Van waar af moes hulle die onderdeel bekom? Al die pad van Pretoria af?

Wel ten minste gaan daai plaat jou nie weer probleme gee nie, moet net nie weer aan 'n 4x4 dag deelneem nie.laugh Moontlik was dit nie eers die oorsaak van die probleem nie.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 29/01/2022 - 20:40

Van waar af moes hulle die onderdeel bekom?

Ek is net bly ek kan hopelik Maandag die enigste een in die land kry.  

0
Worcester

Wildehont

Tue, 01/02/2022 - 11:12

Die agent het my gister gebel om te laat weet die onderdeel is daar en ek het dit vanoggend gaan koop. Dis weliswaar so oud soos my Fordjie (sien die foto), maar dis darem nuut (ongebruik). Ek gaan die ou plaat ordentlik laat regmaak en hou vir ‘n spaar. En ek gaan maar die 4x4 roetes vermy. Dis net té toevallig dat die plaat gebreek het binne net meer as 1 000km vandat ek laas ‘n 4x4 roete gery het (wat ‘n rivierkruising en moddergat ingesluit het). Mens weet mos nie wat gaan onder die water of modder aan nie. 
 

A

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 01/02/2022 - 12:49

Hi Chris, ek weet nie hoe dik daai plaatjie is nie, maar nou dat jy 'n voorbeeld het, laat maak liewers 'n nuwe een. Met die baie sweis op daai ou een regoor die gat, laat baie interne spanning in die staal wat kan lei om weer maklik te breek daar. Tensy jy dit ordentlik laat sweis en die hele plaat warm maak om daai spanning te verlig. Het sulke last op die myn se "track less equipment" gedoen en dit hou nie. Sterkte met jou herstel werk. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 01/02/2022 - 14:10

laat maak liewers 'n nuwe een.

Ek gaan dan liewers die ou plaat net hou as template indien ‘n nuwe gemaak moet word. Die eerste een het 145 000km gehou en ek het op die 4x4 forum net een ander eienaar gekry wat klink of hy dieselfde oorgekom het as ek.  

0
Worcester

Wildehont

Tue, 01/02/2022 - 14:16

Willem, hulle is maar net die plaaslike agente. Ek moet sê dat hulle die mees indrukwekkend kompleks het van al die voertuig agente in Worcester. Hulle besit al bykans ‘n hele straatblok in die middedorp. Jy kan hulle skakel en uitvind maar ek glo hulle werk maar van ‘n sentrale databasis af vir onderdele. 023 001 0777 Jaffe’s Ford. Het jy al by Goldwagen gehoor of hulle jou nie dalk kan help nie? Ek het vir die Everest ‘n viscous fan clutch gekry by hulle vir baie goedkoper as by die agente. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus