Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Maart 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.

Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).

Môre vriende

Ek hoop die persone wat gaan kampeer het, gaan iets met ons deel. Ten minste weet ek dat die weer om Brits die bestedeel van die naweek ideaal was. Net gister wou-wou dit stuif, en het seker tente effe nat gemaak.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/03/2022 - 07:37

Lanklaas hier kom groet, die Ford is weer op die pad en moet vandag die 3 maande se staan stof skoon gemaak word.  Dan moet die karavaan ook reg gekry word vie die midweek van Sondag af by Dinokeng Resord.

Geniet julle dag voluit.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/03/2022 - 08:52

Goeie môre vrinne  !  Die lewe is mos 'n lied (veral met sekere vooruitsigte natuurlik).

Maar soos dit mos maar gaan, as een ding breek, dan breek ander goed in sarsies van drie.  Ek is al verby die die "drie" en kom toe gister agter die swembadpomp het nie op sy regte tyd aangeskakel nie. Ná ondersoek identifiseer ek die probleem : die Major Tech tydskakelaar is dood.  Oopgemaak met behulp van Google leiding,  sien ek daar is 'n piep-klein 3.6V batterytjie wat op 'n onmoontlike klein plekkie op die op die ewe klein moederbordjie vasgesoldeer is en die krag hiervan het afgeneem na 2V.  Maar om dit daar gesoldeer te kry, is amper 'n saak van onmoontlikheid.  Ek gaan nou maar gou 'n nuwe ene koop en dan gaan hierdie bankman-pensioenaris elektrisiën speel.  'n Ligte skokkie hier en daar mag dalk net my ou probleem-dermpie behoorlik wakker te laat skrik.

So lyk die mannetjie :-

.

Ns. Verskoon tog die slordige bedrading, dit was nie my werk nie. Dit is darem alles binne die kragbos.

0

Nee man ....

.... Hennie - dit is lekker!😜

Ek was gister in jou valley. Oorkant Kablejoe's geëet. Ongelukkig was die familie  (skoonpa hulle) saam en wou nie jou toe kontak nie.  Gister uitgery Gansbaai toe maar dit was lekker besig oppad terug.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 22/03/2022 - 10:19

Len, ek moes ook my skakelaar nou onlangs vervang. Die nuutste MajorTech het nie daai oorbruggings koppeling aan die buitekant nie. Slegs 3 plekke waar die drade vasgemaak word. Bly egter 'n baie maklike koppeling.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/03/2022 - 11:24

... ek het 'n ou maat in Grabouw wat graag die uitdrukking gebruik en vir jou sou sê: Donnerse man!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/03/2022 - 09:00

Nouja, besig met alerhande goed, onder-ander om die goed op die 3B reg te kry vir die week by Dinokeng.  Was gister ook heel besig gewees, moet weer die geute ook skoon kry want die doring boom mors te veel maar is te groot om hom net uit te trek.

Verder geniet jou klein saterdag.

0

Goeie more Kampforum lede.  As daar lede is wat dalk in die volgende paar weke by Onrus Karavaapark gaan kamp, kom maak 'n draai by Hermanus Pietersfontein se "Markie" op 'n Saterdagoggend. Behalwe vir lekker eetgoed en wyn, maak ek en 'n vriend musiek daar. Ek sal julle graag wil ontmoet en 'n gesig agter die naam sit.

0

Môre Servaas

Tot wanneer strek die paar weke, ek is eers daar in die 1ste week in Mei.

Is die Markie in die Onrus-woonwapark, of naby in die dorp?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 24/03/2022 - 09:06

Het gister die "C rail" agter op die 3B gesit vir die afdakkie om die son te keer.  Oom vir my 'n auto fol maak bak gemaak.  Gaan vandag die "gazebo" se kant wat ek op die Exclusive verander om op die 3B se "rally" te gebruik want die 3B se "rally" het nie 'n zip om hom aan te zip nie.  Dan moet die 3B gewas word, voel al beter om nou weer aandag aan die kamp goed te geen omdat die Ford weer op die pad is.

Geniet jou dag verder.

0

Môre Willem

Ek glo jy geniet die voorbereiding, want jou huis is reggemaak, die turbo is reggemaak, en alles loop nou klopdisselboom.

Nou kan jy fokus, soos Len, op al die lekker kamp werkies.

0

Dankie, ek sal probeer om mark se naam te onthou. My kinders sal seker weet waar om die mark te vind.

0

Hello vriende

Ek dog ek was van die weiniges wat Alfa gery het.

Len: Jip, jy is reg, die fabriek was op Brits.

Dit was sekerlik nie die mees betroubare kar nie, maar o genade daai ding het drange wakker gemaak in 'n mens. 

Ek dink dit was ander voertuie jare vooruit. My Alfetta het 'n 5 spoed ratkas gehad, en dit het agter gesit om die gewigsverspreiding te verbeter. Dan het dit ook 'n hand petrol gehad. As jy jou snelheid bereik het, het jy die hefboompie getrek, tot dit die petrolkabel hak en vashou. Dan kan jy maar jou voet afhaal en laat rus. 

Die ander Alfa's wat my laat kwyl het, was die 2l Super en die 3l GTV spider.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus