Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -19 minutes ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -58 minutes ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -1 hour ago
Rona, November 2026 Johann L -1 hour ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -1 hour ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -8 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/07/2022 - 15:11

Middag Chris B

So bly saam met julle dat sy  reg is vir Roemenie, en baie dae vorentoe.

Dalk moet julle minder vis eet, of hoe?laugh 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/07/2022 - 15:43

😉😁

Goeie nuus Chris.

Hoop Len kom sê ook iets, hy probeer seker opvang op Kampforum.  Ek sien hy is aangeteken. 😉

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 25/07/2022 - 19:42

Nou voel mens meer gerus dat daar nie werklike probleme is nie. Ons begin dus nou ernstig voorberei vir ons trippie wat voorlê.

Ons moes skielik alternatiewe reēlings tref vandag om op 8 Aug by die lughawe te kom. My seun-hulle was bietjie deurmekaar met die datums en het reëlings getref om vir die langnaweek weg te gaan (die skole is gesluit op 8 Aug). Maar alternatiewe vervoerreëlings is reeds getref. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/07/2022 - 07:54

Chris volgens my is die skool vakansie eers 1ste week in Oktober ?

O wag, hulle is seker in privaat skole. 🤭

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 26/07/2022 - 08:05

.... jammer - dalk't ek my bietjie verkeerd uitgedruk. 8 Aug is die skole gesluit omdat 9 Aug 'n vakansiedag is. Dit is m.a.w. 'n langnaweek vir die kinders.

Terloops - ek het toe reggekom met 'n "shuttle service" lughawe toe. En dit is goedkoper as wat ek gedink het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/07/2022 - 09:15

Ek is saam verheug oor die Bouchers se goeie nuus! Ek hoop van harte Oom Neef se nuus is ook beter as wat hy dalk gevrees het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/07/2022 - 12:03

Middag vriend

enige nuus na laas Maandag se toetse, of wag jy nog vir die uitslae?

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/07/2022 - 13:19

Wessel, vanoggend gekry. Daar is twee kliere naby aorta in buik, res  van lyf skoon, natuurlik nie die blaas nie, dit is vrot van die kanker. Daar word nou n afspraak by onkoloog gemaak die sal chemo bespreek. Daarna sal besluit word of chirurgie n opsie is. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 27/07/2022 - 13:46

.... jy bly in my gedagtes. Ek vertrou dinge sal mooi loop vorentoe.

Net terloops - 'n ou rolbalmaat van my is sowat 'n jaar gelede ook gediagnoseer met blaaskanker. Syne het uitgeloop op 'n operasie waartydens o.a. die blaas en prostaat verwyder is. Ou Ockie het 'n hele paar chemo-sessies daarna gehad en in sy geval het hy geen newe-effekte van chemo ervaar nie. Alhoewel hy 'n urine-sakkie moet dra (en volgens hom 'n klompie paradigma-verskuiwings moes maak), lewe hy voluit en is weer aktief op die rolbalbaan.

Ek noem hierdie, want só 'n diagnose is nie 'n doodsvonnis nie. En die klein bietjie wat ek bevoorreg was om jou, hier op die forum en tydens die kort Herfblaarsaamtrek, te leer ken, is ek oortuig dat jy hierdie verandering in jou lewe te bowe gaan kom.

Sterkte met besluite vorentoe. En ek is oortuig dat daar nog baie jare tot jou lewe toegevoeg sal word - weliswaar met 'n paar aanpassings, maar my opsomming van jou is dat jy 'n persoon is wat oor sulke aanpasvermoë beskik.

Alles van die beste vir jou en Yvonne.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 27/07/2022 - 14:28

Baie sterkte vorentoe en soos Chris sê

Ek noem hierdie, want só 'n diagnose is nie 'n doodsvonnis nie. 

Stem ek 100% saam, selfs met dit,

Sterkte met besluite vorentoe. En ek is oortuig dat daar nog baie jare tot jou lewe toegevoeg sal word - weliswaar met 'n paar aanpassings,

Vertrou als sal goed gaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/07/2022 - 16:35

Middag Herman

Weet jy, toe ek Chris B se inset lees, toe kry ek sommer namens jou weer moed. 

Ek glo jy sal die regte keuses maak, die kans vat, en dan die kopskuiwe maak. 

Sterkte

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 27/07/2022 - 23:46

Hi Herman en Yvonne, baie sterkte daar en dankie vir die nuus. Ek stem ook saam met Chris en die die kommentare hier bo. Met al die Krag van Bo is julle twee baie sterker as wat julle dink. Was nie goeie nuus wat julle gekry het nie, maar ons Herfsblare het julle so leer ken as sterk mense wat nie gaan sit nie. Net om asem te skep en dan weer voort te gaan. Baie sterkte vir julle en ons almal Glo net vir die beste. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 28/07/2022 - 05:36

Herman, baie sterkte met die pad vorentoe. Ek stem ook saam met die komentare hierbo. Vertrou dat jy die regte besluit sal neem met die pad vorentoe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 28/07/2022 - 06:02

Mens hoor baie van mense wat veg teen kanker. Oom Neef is definitief in met ‘n fighting chance hier en ek is ook in sy hoek en weet die beste man gaan wen. Sterkte Oom Neef!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 28/07/2022 - 07:17

Dankie vir almal se bemoediging, word baie waardeer. Daar is so 2 weke voor die behandeling begin, en beplan n 2de honeymoon, met so paar lekker luukshede en baie bederf in. Moet nog net vir ouma Vonnie kry om in te stem.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus