6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -15 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -45 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -9 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -18 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/04/2023 - 15:35

Middag Willem

Dit klink eintlik na baie goeie nuue, geen lelike gewasse en 'n probleem opgespoor.

Jy moet hoor of hulle die vernouing gaan vervang met 'n banana-branch!!! laugh

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 19/04/2023 - 15:47

daar waar die dunderm by die dikderm ingaan, waar in my geval, 'n kanker-tumor in die dikderm gesit het.  Voor die res van my dikderm 9 maande gelede volledig verwyder is, het my chirurg die hele stygende deel van die dikderm verwyder en die dunderm bo, in die middel aan die dwars gedeelte van die dikderm gelas.

Baie bly jou probleem is heelwaarskynlik net die vernouing van die dunderm wat uitgesny moet word en ek glo jy gaan gou weer daarna spiekeries wees !  Sterkte vir jou met die prosedure.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/04/2023 - 17:30

Die Groot "K" is vir nou 👍🏻 maar dat is nie "0%" nie want soos die Dr. sê dit kan diepper wees 🤞🏻 maar vir nou is dit goeie nuus.  Hy gaan deel van die dun derm en dik derm uit haal.

Ja Len, ek het jou geval ook so gesien.

Die Dr. reken el sal Ok wees vir die Julie kamp 🤞🏻.

Worcester

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 21:16

Dit klink darem na redelike goeie nuus. Mag die operasie vlot verloop. Ons het ‘n dr Heine vd Walt geken in Pretoria wat blykbaar ‘n redelike pionier was in SA met die laproskopie. Darem wonderlik wat hulle deesdae kan doen. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/04/2023 - 07:49

Ken hom, hy het so lang poniester gehad.  Hy het jare terug voor hy Profesor geword het my mantelvlies operasie gedoen.  Hy was baie tegnologie gedrewe, sy staf het jou reg gekry dan het hy ingekom en gespuit en die prosedure gedoen.  Sy lesenaar was skoon met net 'n rekenaar skerm om jou te wys, jou voorskrif het jy by ontvangs gekry.

Worcester

Wildehont

Thu, 20/04/2023 - 09:15

Ken hom, hy het so lang poniester gehad.

Einste, ek sien hy is nou ‘n Prof. Sy seuns is almal musikante, en hy is self baie lief vir musiek - veral rock. Ons het baie musiek gaan kyk toe ons nog in Pretoria gebly het, en mettertyd bevriend geraak met van die musikante. Een van hulle was sy seun Chris, en dis hoe ons hom leer ken het. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus