Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -48 minutes ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -1 hour ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -1 hour ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Pad Umfula Johann L -3 hours ago

Oktober Karoo kuier

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.

Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard  het, die spesiale geleentheid hier deel. 

Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.

Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.

Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep. 

Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.

Groetnis.

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 18/10/2024 - 16:40

Iemand sal vir Neef moet dophou! 'n Gelykop uitslag wil ons ook nie hê nie. Dit gaan 'n uitskop-styd beteken........... Oeee! Hier kom 'n dingsurprise

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 18/10/2024 - 17:29

laugh Skerp met daardie "1 punt".

Waar kry jy skielik die twee worse bymekaar? In PE? Sjoe!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/10/2024 - 17:35

....roer daai dames, 'n swing vote of dan oorstoot drie in beseringstyd is wat benodig word.

Sê sommer vir Jan ek dink ook sy Ford is moerse nice trokkielaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 18/10/2024 - 19:36

Kyk nou so! Ek mag dink wat ek wil maar is nie toegelaat om iets te sê nieindecisionlaugh. Altyd geweet ek bevind my in goeie geselskap en kan dit nou sommer sien ook.

ALMAL lyk so ontspanne en gelukkig. Geniet die saamwees xxxx

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/10/2024 - 19:49

Julle manne lyk ongelooflik goed vir 85 en grondpad, oeps het ek iets verkeerd. Ek neem aan die jong lat heel regs is Jan.

Die ander van links na regs is, Chris, Herman, en Len. 

Hopenlik is B.Wes nie môre vol van die foto met onderskrif -----"wanted dead or alive" .

Hoe lyk dit of die Karoo luggie 'n byt het. Julle moet julle gate uit geniet.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 18/10/2024 - 20:39

Wessel, as ek so na daai rakkers kyk en dan na daai pakkies wors, dan sien ek 'n gelykop uitslag. Net oor ons nie daar is nie dink ek daai wors lyk soos honde kos, lyk yk sommer sleg hoor, te veel vet en sooja in. Ek weet nie hoe gaan hulle dit braai en eet nie. Herman sal maar eers 'n klomp lawaaiwater moet voer en die wors omruil op die rooster. Hulle sal nie eers die verskil agterkom nie. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 18/10/2024 - 23:43

"Hier staan die manne"

Nice foto....dankie. Geniet jul saam kuier verder

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/10/2024 - 07:51

Ek dink ons het toe maar gisteraand Armond se beslissende, of liewer veto-stem (ala Wessel), nodig gehad. Persoonlik reken ek die teenwoordiges was baie diplomaties met hul menings/opinies. Die konsensus was dat beide worsmakers kán maar wors maak - waarmee ek saamstem. Maar my opinie was dat Joey's die lekkerder wors was. En ek dink dat ek die enigste een was wat sy voorkeurkeuse uitgespreek het.

Die twee onderskeie worse is terselfdertyd saamgebraai op dieselfde toeknyprooster op dieselfde kole. Van kole gepraat - Jan het gesorg vir fantastiese kole met hout wat hy met sy onlangse trippie uit Namibië saamgebring het.

Die enigste verskil was dat ek Joey's se boerewors vooraf vakuumverpak het, terwyl die Van Rensburg boerewors in hul oorspronklike verpakking (in polistireenbakkies, toegedraai in kleefplastiek) gevries was voor gisteraand. Persoonlik glo ek dat wors se smaak beïnvloed word deur dit te vries, tensy dit vakuumverpak word. Daarom word wors vooraf in porsiegroottes (2 x 'hot dog' lengtes) deur myself tuis vakuumverpak. Ek maak maar so omdat ek gewoonlik in grootmaat koop wanneer ek die slag by Joey's kom.

Nietemin, dit was 'n gesellige aand - veral met Neef se kwinkslae. Die weer het later in die aand nie heeltemal saamgespeel nie, maar dit was beter as met die Herfsblare-saamtrek se saambraai, deurdat dit net koud geword het en nie gereën het nie. Die reën word van vanaand af voorspel.

My finale opsomming - dit is 'n klomp bakgat mense wat tans hier in die Karoo saamkuier.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/10/2024 - 08:05

....by jou, of is julle uit op parool????laugh 

Ek wil nie in koerante lees dat Karoo toemaak weens ongure gedrag van enkele kampeerders nie. Ek ken mos darem die manne wat uit SWD streek kom.wink

Daar is geen twyfel, ek kan net saamstem met jou finale opsomming, hoewel die "stem in die bos" persoon moontlik verdere evaluering benodiglaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/10/2024 - 08:11

.....regverdig 2 opmerkings;

1] dalk was dit daardie hout se kole wat die gelykop[?] wors uitslag gelewer het

2] Jan het seker 'n halwe Ranger vol saamgesleep, daarom dat dit hom so lank gevat het om die 270km soheentoe te sleep. Ons weet mos dit kan nie die Ranger se skuld wees nie.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/10/2024 - 08:18

Toe Len Woensdag besig is om sy Exclusive in plek te manoevre met die "movers", staan ek en my oorkantste buurman dit en dophou. Toe Neef nadergestap kom, sê my buurman, verwysende na Neef: "Aan daardie ou klap jy nie. Jy steek net sy baard aan die brand, dan klap hy homself".

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 19/10/2024 - 08:19

vir die terugvoer. Dat dit 'n gesellige samekoms was, kan ek goed glo.

Geen idee wanneer elkeen se beplande vertrek-datum is nie. Dié dat daar reën voorspel word wat aaklige nat seile tot gevolg gaan hê, laat my 'n bietjie dink...... Al gehoor van Chris Kanselleer, Len voeg maklik 'n dag of meer by, Jan kan skielik van rigting verander en Neef Herman sukkel nie om 'n impulsiewe besluit te maak nie. So waarom oorweeg julle dit nie om te bly totdat alles weer lekker droog is nie?laugh

Geniet die res van julle tyd!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/10/2024 - 08:53

... beteken dit dubbel-betaling om my vertrek van hier af uit te stel. Ek is bespreek en betaal in Montagu. En ek móét op 24 Oktober huistoe gaan, want my papegaai-versorger vertrek om die Otter wandelpad te gaan stap.

Gelukkig slaan ons darem dieselfde dag weet op in Montagu. Dus sal die seile darem nie lank nat wees nie (indien dit wel reën).

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 19/10/2024 - 08:55

Ek is bly as julle lekker gekuier het so saam met die koue weer. Die vorige keer se saam kuier was ook mooi weer tot ons saam is, toe word dit koud en nat. Nou wonder ek hoekom dan so. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 19/10/2024 - 15:26

Vandag het ek en ouma ń paar vêr draaie gery in die Park ongeveer 125km  en 7 ure. Beloon met mooi wild, en 3 leeus gekry. Spekvet en omtrent lui. 

Moet nou eers vir julle vertel van Chris Kanselleer se tweede naam. Chris Kruie. Toevallig ry ons die ou in gister middag, en uit pure oordentlikheid bly ek nou agter hom. 10tot15km/uur ry ons nou. Ek het die Toyota toe maar on low range gesit om darem nie heeltyd te loop en ruk nie.

So kom ons by die Park hek wat outomaties oopmaak sodra jy op die blokkie staan so 15m voor die hek. Chris stop netjies op die blok, die hek gaan oop en hy trek weg, stadig soos hy mos nou doen. En.... net voor hy by die hek kom maak dit toe!!! laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/10/2024 - 20:01

Nou verstaan ek jou telefoniese opmerking oor die kruie. Ek dog jy verwys na sy voorliefde vir sekere "spices".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus