6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/02/2025 - 05:04

Oulike dingetjie vir beginners. Daar is 'n paar netjiese idees ingebou, soos die klein aircon en die gemak van die dakkie oor die uitklap bed.

Vir grootmense met pense is dit effe knap binne.laugh

Worcester

Wildehont

Fri, 21/02/2025 - 06:04

Basies R300 000 op launch special as jy alles wil in hê wat op die video is. 
 

A

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/02/2025 - 07:21

Armond Nel, veldwagter in Karoo Nas Park, laat weet vir my vanoggend dat dit lekker reën in die park. Tot vanoggend reeds 24 mm gemeet. Die verwagting is dat die veld mooi gaan reageer op die reën. Dit sal wonderlik om oor twee maande in 'n mooi Karoo te kampeer as ons daar oorbly vir 7 aande op pad wildtuin toe.

Ek sien ook met groot verwagting uit na 'n groen Namibië as ons oor die volgende 3 dae deur die land ry. Ek het reeds verskeie foto's en videos gesien van goeie reënval op verskeie plekke in die tot onlangse baie droë land.

Brackenfell

HennieBo

Fri, 21/02/2025 - 07:57

Basies R300 000 op launch special as jy alles wil in hê wat op die video is.

Chris, ek hou van hierdie wa. Vir 2 mense wat nie 'n luukse pad of bos karavaan soek en maklik wil kamp, sal hierdie doen. Jy sal egter bakkie of SUV moet hê vir pakplek van kamptoerusting, maar ek dink hierdie ontwerp is goed deurdink.

Worcester

Wildehont

Fri, 21/02/2025 - 08:02

Vir 2 mense wat nie 'n luukse pad of bos karavaan soek en maklik wil kamp, sal hierdie doen. Jy sal egter bakkie of SUV moet 

Ek stem saam. Die neuskas lyk darem of dit redelik plek het. Dit is werklik ‘n oulike ontwerp, en sal goed werk vir ‘n toer waar mens gereeld op- en afslaan. Ons Kavango kampeer baie lekker, maar dit vat ‘n goeie twee ure om alles op te slaan en ‘n bietjie langer om weer op te pak. 

Brackenfell

HennieBo

Fri, 21/02/2025 - 08:07

Die neuskas lyk darem of dit redelik plek het. Dit is werklik ‘n oulike ontwerp, en sal goed werk vir ‘n toer waar mens gereeld op- en afslaan.

Dit is juis wat my opgeval het. Ek sal natuurlik net 'n "kant seil" of  2 laat byvoeg wat kan aanrits aan die huidige dak. Dit opslaan en afslaan is werklik moeite vry en vinnig.

Die man het ook nie die "steadies" uitgesit en die wa het nie eers gelig. Natuurlik met my "groot gat " sal dit dalk 'n ander storie wees.

Irene

Grootwind

Fri, 21/02/2025 - 09:54

Oulike ontwerp. Maar ekke sal nooit die by die Goewerment verby kry nie, sy hou van haar gerief en luukshede. Die koop destyds van die Fleetline was klaar 'n ding wabt die het dan nie eers 'n badkamer nie....as ek na haar opmerkings deesdae luister is daar 'n Classique in my toekoms!

Worcester

Wildehont

Fri, 21/02/2025 - 10:02

Die een is om ‘n bank te beroof, en die ander is om die lotery te wen. Die twee is ewe onwaarskynlik bereikbaar.
 

Ek sê vanoggend vir Hennie; ons sal die Kavango maar mooi moet oppas sodat ons oor 15 jaar nog daarmee kan kampeer. Teen daardie tyd is dit ‘n veteraan en lyk waarskynlik tussen al die nuwerwetse waens met ruimtetuig tegnologie soos die wa hier onder wat ek Desember by Dwarswegstrand gesien het . 

A

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/02/2025 - 10:30

Sjoe, dit lyk of dit uit dirselfde jare kom as Herman se Jurgie. Mens kan sien daai wa is opgepas en staan sekerlik in 'n toe garage, as dit nie gebruik word nie.

Kwaliteit seg ek jou!!!!

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 21/02/2025 - 11:46

Jonger boetie. Jurgie het gladde aluminium bakwerk. Die met corrugated plaat kante is ń latere model.

Oor die kwaliteit is ek nie oortuig nie. Die raamwerk van die struktuur is  25x40mm dennehout plankies aanmekaar gespyker. Dit was maar die tyd se norme en standaard. Ek dink die composite materiaal van vandag se padwaens is baie beter.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/02/2025 - 11:50

...ek sien in Caravan parks se gebruikte padwaens word 'n 2018 Classique by Pretoria caravans & outdoor  adverteer vir R390 000.

Gaan loer gerus. Hoop jou afdak is lekker groot vir die groter wa met staandaklaugh

Irene

Grootwind

Fri, 21/02/2025 - 12:41

Afdak is geen probleem nie, Fleetline se dak kan daaronder gelig word met nog spasie oor. Maar nee op die stadium hoor ek nie enigiets oor waar Classique's te koop is nie! LW ek sal "eendag" na 'n Classique begin kyk!

Kaap

Goeie Hout

Fri, 21/02/2025 - 12:57

My pa se vriend van Worcester het ook so n karvaan gehad.  Goeie kwaliteit.  Hy het die 15C gehad.  Kombuis was voor uitgele.  Nostalgies.

Dankie Wildehont.

Kaap

Goeie Hout

Fri, 21/02/2025 - 13:01

Maar ons geniet my Fleetlinetjie ten volle.

Sal nie gou weer een aanskaf.  Behalwe as ek die lotto wen.

Lekker naweek almal.

Worcester

Wildehont

Sat, 22/02/2025 - 14:40

Ek het nog nie een van die teardrop waentjies van naby gesien nie. Ek het gedink dis ‘n oulike beginsel, maar nadat ek die video hier onder gesien het dink ek nie meer so nie. 
 

Om so van die kant af oor jou bed in- en uit te kruip gaan nie werk nie. Die uitleg agter is ook onprakties. As ek moet kies tussen die twee vat ek eerder die SRNT. Albei kan met ‘n B lisensie gesleep word. 

video
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/02/2025 - 16:29

....nog 'n nuwe toevoeging tot 'n versadigde [?] mark.  

Ek sal ook maar moeilik/gladnie pas in die waentjie nie. Dit is nou werklik net 'n bed, kombuis en buitestort. 

Ek wonder of so iets 'n voordeel inhou vir 'n jong egpaar of enkeling, bo 'n goed toegeruste trokkie met daktent, vlermuisvlerk soos byvoorbeeld wat Shawn het.

Ek dink altyd aan wat Herman gesê het---jy wil rerig iets sleep waar jy reeds 4x4 low range benodig.  

Worcester

Wildehont

Sun, 23/02/2025 - 08:13

Ek sal vir seker nie in die traandruppel pas nie. Kort mense met ‘n klein sleepvoertuig sal seker baat vind by so ‘n waentjie. 
 

As mens om een of ander rede nie ‘n E lisensie kan kry of ‘n groot sleepvoertuig kan bekostig nie is ‘n Gypsey Lite dalk ‘n beter idee. Dit het nou wel nie ‘n kombuis nie, maar lyk of dit lekker sal slaap. Die lekkerste van die drie kleiner waens die afgelope paar dae hier bespreek. 

video
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/02/2025 - 11:49

Ek wonder hoe gaan dit met Geert by die woonwa en buitelewe skou.

Sal graag sy indrukke wil hoor van 'n paar spesifieke waens. Blykbaar sou daar sowat 22 nuwe modelle vir die 1ste keer vertoon/bekendgestel word.

 

Lyttelton

Trev

Tue, 25/02/2025 - 19:46

Ek het die naweek Wessel se nuwe karavaan (Mobilodge) gaan uitkyk - lyk nogal die moeite werd.  

Moet net iewers 'n gesonde nier gaan soekdevil

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus