Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -8 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -9 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -9 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -10 hours ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/12/2025 - 07:14

... jy't alle reg om te wonder oor waarom 'n ouman soos ek in sand wil gaan speel met 'n splinternuwe ryding en watse "kick" 'n mens daaruit kry. 

Dit was nooit vooraf 'n idee in my kop om te gaan speel op sandduine nie. Soos reeds genoem was die primêre gedagte agter die ekskursie slegs om gewone sandry, soos wat jy by Henties en op Kgalagadi se 4x4 roetes kry, te gaan leer aan die hand van iemand wat deeglike kennis daarvan het. En dit was baie geslaagd.

Maar die duine-ry later in die dag was totaal onnodig en inderwaarheid kinderagtigheid. Ek het 'n baie duur les geleer - letterlik en figuurlik.

Maar dit is water onderdeur die brug. Dit het gebeurb en nou moet ek die gevolge van my simpelgeid verduur en verwerk. Forest Gump het gesê: Shit happens. Maar nou wil ek byvoeg - "verwag dit as jy daarvoor soek".

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 07:48

.....moet nou so erg raas nie manlaugh Die man het mos die 4x4 om te geniet, en voel klaar sleg oor sy glipsie. Volgende keer sal hy daai 2.4 Hilux so effe in toom hou teen die duine. Chris het gedink sy Hilux gaan terugstaan by die 2.8 GR, en toe verbaas dit hom.

Ek raak sommer roekeloos jaloers, gaan koop ook ene, en ry deur Brits se slegte paaie,  kerk toe Sondae. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/12/2025 - 13:33

Die volgende het te doen my my opgefoeterde Hilux. Hou dus verby as jy nou keelvol is vir hierdie onderwerp.

Ek het vanoggend Hermanus Toyota gaan sien. Hulle reken dat al die onderdele wat vervang moet word teen nie later as Woensdag 28 Januarie by hulle te wees nie. Hulle sal ook die installering kam doen, maar ... Die buffers kom swart van die fabriek af. Dit moet wit gespuit word en hulle kan dit nie doen nie. 

'n Oproep of twee deur die onderdele-bestuurder het vasgestel dat Executive Paneelkloppers op Maandag 5 Januarie open en sal kan help. Hermanus Toyota sal die buffer (en ander items) aan die paneelkloppers op 5 Januarie voorsien. Hulle reken dat installasie op Woensdag 7 Januarie kan gebeur.

Ek het so pas bevestiging van die Geel Sambreel ontvang dat my eis geregistreer is. Die wiel is dus aan die rol dat ek hopelik op 12 Januarie met die Hilux Dwarswegstrand toe kan ry. Intussen steek ek maar my boo-boo weg in die garage.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 13:48

met die herstelwerk. Ek wonder skielik hoe gaan die Hilux lyk met 'n swart buffer. Daar is reeds mos baie swart daar voor.laugh

Die swart fabrieks buffer is seker 'n tipe eerste laag, en moet seker selfs vir  finale swart nog gespuitverf word.

Woensdag 28 Januarie, seker 'n vinger fout

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/12/2025 - 16:14

Ek vat ‘n paar weke breek van die forum, en toe ek weer inloer staan Shaun op aftrede, Jan Meyer is landuit en die nuwe 4x4 se aanvalshoek word drasties verbeter. 
 

Ek het nie veel nuus nie. Ek het twee weke gelede weer by die kantoor begin werk en al wat ek oor het van die blindederm operasie is ‘n paar littekens. Die Ranger is Donderdag gediens. Dit was net filters, olie en nuwe remskoene voor. Ook maar goed ek kon dit gediens kry voor ons DV Vrydag die swaar Kavango haak en die laaibak vol negosie stop. Dwarswegstrand sê ons kan 11:00 inkom as ons R60 ekstra betaal. Soos ek my gesin ken sal ons nooit so vroeg daar uitkom nie, maar hopelik darem voor 13:00. 
 

Ek werk nog môre halfdag en dan is hierdie annus horribilus verby. Ek sien uit daarna om weer te gaan kampeer en kop skoon te maak terwyl ek tyd met my gesin deurbring. Chris Jnr staan darem vierde in sy graad met ‘n gemiddeld van 92,5% vir die jaar. Sussie het nou die dag nege geword en begin volgende jaar met toetse en eksamens. 
 

Mag julle almal die vrede en liefde van die Here en julle geliefdes ervaar Donderdag, en geniet die laaste paar dae voordat ‘n nuwe jaar begin. Mag dit vir ons almal voorspoed en goeie gesondheid inhou en ons wiele op die grond bly. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 16:33

...jis man, bly jy is terug tussen ons ou garde. Wel, sommige van die ouer garde hou hulle lyf baie jonk, en speel mos in sandputte.laugh

Spaar jou daai R60 vir roomys, daai Ranger is mos maar stadig teen die bulte met die Kavango.wink

Jy moet met Chris Junior se juffrou gaan praat, sy weet nie afrond na bo nie. 93% klink net baie beteras 92.5%

Tweede Kersdag is paaie gewoonlik stil, 93% van alle mense is dan reeds waar hulle wou wees. 

Dankie vir die Kerswense, en mag julle ok Kersdag in waarheid geniet.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/12/2025 - 16:43

Bly om jou weer hier op die forum te sien. Jy't my bekommerd gehad. Ek het rêrig gedink dat jy die "disappearing trick" op ons gespeel het.

Julle moet julle vakansie geniet.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 22/12/2025 - 16:52

Jammer om te lees dat Meneer Boucher effe te lekker gespeel in die sand boks.crying

Toe ek in 'n vorige plasing lees dat Meneer wil gaan sand sports be-oefen met 'n nuwe voertuig met skaars 90km op dog ekke ek lees nie reg nie. Hopelik het ons almal 'n les of twee hieruit geleer! Hier is 'n paar:

1. Behandel 'n voertuig of enige ander mensgemaakte masjien met die nodige respek. Moderne voertuie is komplekse goeters en laers en ander meganiese goete het tyd (en loop) nodig om behoorlik in te bed - lees: "met die nodige versigtigheid" (E: Bedding in) of dan "inloop" soos ons dit des jare gelede genoem het (en nee die storie wat agente jou vertel dat dit nie meer nodig is nie is twak, dalk minder rigied as voorheen maar dis steeds nodig tot 'n sekere mate. Ignoreer dit en verwag maar een of ander faling vorentoe. Terloops dit geld ook vir elektronika (lees gerus op oor die "bath tub curve" waardeur alle nuwe elektroniese stelsels gaan). Van my voertuie se handleiding het o.a. 'n vereiste gestel dat mesn nie die eerste 1500km of so moet sleep nie...Die punt is behandel 'n voertuig met respek en hy sal jou weer beloon met lang en betroubare diens. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar

2. Al is mens se voertuig 'n sg. 4x4 is dit nie dieselfde as Giniel de Villers se Gazoo Racing s'n nie...'n "mak" 4x4 is skaars opgewasse vir ernstige 4x4 sonder ernstige en duur opgraderings...vergelyk bv tussen die standaard 4x4 Ranger en die Ranger Raptor. Lg. kos nie soveel geld omdat dit twee uitlaat pype en 'n klomp plakkers op het nie...daai trokkie is toegerus met ernstige tegnologie wat o.a. die trokkie in staat stel om letterlik te vlieg sonder  skade..sien bv. "The Ford Ranger Raptor combines extreme off-road capability with advanced tech, featuring a reinforced chassis, FOX Live Valve shocks, and a powerful V6 engine with selectable drive modes". Daai Fox suspensie op sy eie kos 'n berg geld, ek het syfers gesien van rondom R100k per skokbreker!

Ek wonder ook of Chris se bakkie regtig net voorbuffer skade het. Ek sal die voertuig deur 'n spesialis van voor tot agter laat deurgaan...goed soos suspensie onderdele, bakwerk versterkings, ensovoorts se skade is partymaal nie opsigtelik nie en begin eers later koop uitsteek...krake in kritiese komponente is nie altyd opsigtelik met die blote oog nie maar kan lewens gevaarlik wees.

Jammer Chris as ek bydra tot jou stres oor die gebeurtenis maar ek dink jy moet bedag wees op moontlike weggesteekte skade, indien'n behoorlike inspeksie deur 'n spesialis (nie die agentskap se makeniek nie!) niks wys nie het jy minstens gemoedsrus...En as jy weer rof in die sand boks wil gaan speel stel ek voor jy belê in die regte suspensie opgraderings, ek voeg ook by ter illustrasie en vergelyking met die Fox suspensie wat die Raptor het:

" FOX Live Valve shocks are advanced, electronically controlled suspension components standard on the Ford Ranger Raptor, using sensors (steering, height, accelerometers) to instantly adjust damping for optimal handling, comfort, and bottom-out resistance across different drive modes and terrains, providing a blend of off-road capability and on-road refinement. These 2.5-inch internal bypass shocks work with the Raptor's ECU, allowing real-time tuning for performance and traction by adjusting fluid flow through internal bypass zones, preventing harsh impacts. "

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 17:53

....daar het Grootwind dit nou gesê, in sy paragraaf na die ene gemerk 2. Die vraag is net waar vind mens so 'n eerlike spesialis!!! 

Gemoedsrus is baie werd, dalk was jy baie gelukkig, ons praat ten minste van 'n Hilux!!!wink

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/12/2025 - 19:00

Ek vat die rapse wat jy uitdeel soos 'n man. Ek weet ek verdien dit.

Kan jy dalk 'n aanbeveling gee van 'n sogenaamde spesialis wat die Hilux kan nagaan soos jy aanbeveel? Ek bedoel nie 'n spesifieke besigheid/instansie/persoon nie, want jy is daar bo in die noorde en ek woon hier ver onder. Ek bedoel watter tipe besigheid/instansie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 19:47

Chris, al waaraan ek kan dink is die AA. Nie alkoholiste anoniem nie, die ander ene.laugh Ek raai dat al is mens nie lid nie, dat teen 'n fooi, mens van hulle gebruik kan maak.

Dalk kan selfs Santam 'n instansie aanbeveel, wat hulle dalk van gebruik maak.

Ek wonder of plekke soos We buy cars, Change cars, ensovoorts nie dalk ook sal weet van asseseer-spesialiste nie. 

Liewer nou hiper versigtig wees, as later spyt. Jou bakkie is splinternuut, en jy wil dit geruime tyd behou.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 22/12/2025 - 20:19

Chris, die spesialis waarna ek verwys sal tipies iemand met 'n meganiese voertuig strujturele agtergrond wees en verkieslik iemand wat in die bedryf werksaam is, die ervaring handelsmerk is irrelevant, of ons dit wil erken of nie, daar is nie soveel verskille tussen bv 'n Hi Lux of 'n Ranger nie!. Meeste meg tegnici of selfs die groter paneel kloppers (senior manne en nie die vakleerling nie!) wat in die voertuig bedryf werksaam is sal so 'n inspeksie kan doen. Al wat die ouens behoort te doen is 'n "eyeball Mk 1" visuele inspeksie (detail met fokus op suspensie komponente wat dalk gebuig is asook onderstel inspeksie (met dalk 'n paar opmetings om seker te maak die gedoente is nie gebuig (selfs net effens) of gekraak nie - die meeste ervare mense in die paneelklop bedryf bv. weet waar die strespunte op die verskillende modelle se struktuur is en sal daar kyk. Maw moenie dat jou Toy handelaar die inspeksie doen nie, die gemiddelde makeniek is dalk nie die beste keuse hiervoor nie? Maar dis jou keuse (en jy wil bloot gemoedsrus kry en nie 'n arm en been betaal nie). Sterkte!

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 22/12/2025 - 20:34

Wessel se voorstel van die AA kan ook goed werk en minstens die belangrikste aanspreek, hier in Centurion doen WeBuyCars bv 'n DEKRA inspeksie (DEKRA is die instansie wat die inspeksies doen). Lyk of hulle ook takke daar onder het: 

https://www.dekraauto.co…

vir hulle takke daar onder?

Andersins jou paneelklopper?

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/12/2025 - 22:00

Dis omtrent ‘n vuurdoop. Ek weet presies wat gebeur het. Dieselfde het met ons gebeur op ‘n vierwielmotorfiets by Duin 7 buite Walvisbaai. Ek en ‘n paar maats het in 2002 die Bike SA Desert Run gedoen van Hotazel af tot in Swakop. Ons was drie manne elk met ‘n Honda XL500, een met ‘n Honda XR500, een met ‘n Honda XL250 (dit het voor Askam al gekalf - die ou was te swaar vir die fietsie), een met ‘n Yamaha XT600 en een met ‘n Yamaha Raptor 660 (lg was die vierwiel). 
 

Die dag na ons in Swakop aangekom het, is daar gereël dat ons by Duin 7 kon gaan ry. Die XL’s het nie die nodige poeier gehad daarvoor nie, en ek het myne in Swakop gelos. Ek en ‘n paar ander manne het meerendeels net gekyk hoe jaag die hardebaarde met hulle 2-slag off-road scramblers. Ons vriend met die Raptor kon nogal ry, en het ons om die beurt vir ‘n pretrit gevat. Met twee groot manne op (ons was almal behalwe een kleiner outjie 100kg en swaarder) kon die Raptor dit net so twee derdes van die groot duin uit maak, en het dan omgedraaid en teen ‘n spoed terug af gejaag.
 

Toe ek aan die beurt kom ry my vriend deur die kom aan die onderkant en teen die kleiner duin aan die oorkant uit. Toe ons bo uitkom raak die sand onder ons eensklaps weg en ons seil deur die lug met die voorwiele wat al laer en die agterwiele wat al hoër neig. Gelukkig was ek swaar genoeg dat ons nie vooroor geval het voor die voorwiele weer sand getref het nie, anders het ons albei dalk ons nekke gebreek. Soos Mnr Boucher genoem het, het sulke duine ‘n geleidelike helling aan die een kant, en ‘n baie steiler een aan die ander kant. 

Terug na die Hilux met die nuwe baie groter approach angle - moet nou nie die man so bangpraat nie. Hy het alreeds slapelose nagte oor die voorval. Die feit dat die lugsakke nie uitgekom het nie sê vir my dit was nie so erge negatiewe versnelling nie. Die buffer het uiteraard eerste grond gevat en die stukke plastiek wat deesdae selfs as panele gebruik word breek soos niks. Dit word waarskynlik juis so ontwerp om impak te verminder. 

n Inspeksie kan nie skade doen nie, maar moet net nie vir die agent te veel besonderde gee van hoe die buffer gebreek het nie. Die voertuig is immers nog onder waarborg. En bakkies kan darem ‘n redelike hammering vat. 

Ek kan egter goed glo dat die eienaar sy eie agterent kan skop oor die voetfout. Dis aaklig as so iets selfs met ‘n ouer voertuig gebeur, maar met ‘n natnuwe een is dit soveel erger. My innige meegevoel. 
 

Terloops, dink twee keer oor ‘n staalbuffer. Die goed is vrek swaar en het ‘n negatiewe impak op aerodinamika voor die voorwiele. Verwag swakker brandstofverbruik soos ek kan getuig met my Ranger. As een wel aangeskaf word, maak seker dit is versoenbaar met die lugsakke. 

0

Ek dink nie daai "ons koop karre" is aan te bevele nie , ek bly ver weg van hulle af. Om ń goeie vriend van my aan te haal: Dis maar net my opinie en ek dwing dit nie af op iemand nie".

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/12/2025 - 06:44

....soos ek altyd sê-----ek gee graag raad, want ek gebruik dit selde, self.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/12/2025 - 07:08

....gelukkig het ek my leesbril op gehad, en sien toe die twee "n" in die woord "annus".laugh

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 23/12/2025 - 09:30

Uiteraard is WBC vir inspeksie doeleindes nie aan te bevele nie, skade inspeksies is nie hulle besigheid nie. Maar die feit dat hulle Dekra (onder andere) gebruik maak nie Dekra verdag nie, alternatief sal 'n goeie paneelklopper wees met ondervinding in voertuig strukturele skade herstel. Ek probeer nie om Chris op loop te jaag nie, maar dit bly 'n feit dat in baie gevalle waar 'n voertuig aan groot skok blootgestel was daar 'n wesentlike kans bestaan van onsigbare skade met slegte gevolge vorentoe. Beter om seker te maak. Oppas ook vir die gevolgtrekking dat die feit dat die lugsakke nie ontplooi het nie bewys dat die insident nie so ernstig was nie...lugsak ontplooing berus op die meting van (nagatiewe) versnelling in spesifieke asse. Onthou die geval van Kurt Darren klompie jare terug toe hy met sy Fortuner buite Pta van die pad af is by 'n brug en ernstig beseer is sonder dat enige lugsak ontplooi het...maar dalk beteken dit net dat Toyota se lugsakke nie so lekker werk nie? (dis tong innie kies bedoel!). In elk geval ek weet wat ek sou doen in Chris se skoene, maar die besluit berus by hom...oor en uit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus