Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is. 'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.
Ek los myne vir later.
So eenvoudig en.............
So eenvoudig en tog briljant ! Dan kook jy nie elke keer van vooraf water in die ketel om net een of twee koppies koffie te maak nie ! Gaan dit ook probeer, sommer by die huis ook.
Daar is `n paar…
Daar is `n paar.
Graag vertel ek van die eerste beste verandering.
Met my heel eerste kamp met die wa by Pretorius kop in die wildtuin. Probeer toe tentpenne inslaan met daai standaard rubber hammer wat saam met die wa gekom het.
Het my alie afgesukkel en goed moerig geword. Die wyfie haar dood gelag en kom neem nog fotos ook om my bloeddruk meer te laat styg. Koop toe n vyf pond hammer op terugkeer en nog nooit weer gesukkel met tentpenne.
Onder is fotos van n beduiwelde, sukkelende gesie by Pretorius kop:
hoe om nie 'n tentpen in te slaan nie
hehehehe
hoe om nie 'n tentpen in te slaan nie ![]()
PS. nou kan ek ook sê ek het al 'n spook gesien.
Daar is 'n paar van hulle,…
Daar is 'n paar van hulle, van klein tot groot. In geen waarde volgorde.
- Die buite kombuis met warm lopende water.
- Die 3 afloop pype in een.
- Daai ronde skuif deur wat deel is van die kombuis, weg gedoen.
- Die auto water volmaak.
- Nuwe soort dak "vents".
- LED ligte.
- Neus kas lig en georganiseerd.
- ens.
Boor hulle
Om by Len se uitdaging te bly en sommer Gesie se frustrasie aan te spreek,
Dis nie 'n verandering opsigself nie maar ek ry deesdae nerens sonder my penneboor nie.
Ou Black en Decker met 'n 300mm lang 6mm betonboor. Ek het 'n elektriese koord aan hom gesit wat lank genieg is om van die wa se buite kragsok tot by die verste pen van die hooftent se dak te kan bykom.
Hy maak lekker gaatjies tussen plaveiselsteentjies - op die nate waar twee of meer bymekaarkom, Ek laaik dit niks as manne gate deur die middel van 'n steentjie boor nie.Grrrr....
In die Wille Krugertuin mors ek nie eers meer tyd om 'n pen te PROBEER inslaan nie. Begin sommer met grondseil en daarnaa boor ek vir elke pen sy gaatjie - of dit nodig is of nie.
Spaar my 'n massa frustrasie, seer hande agv skokke vanaf die penne en sommer koste om penne te vervang en die beste van alles = ek is BAAAAAIE vinniger klaar en reg vir ontspan.
Nog iets…
Nog iets.
My Beta lights. 2013 het dit my R900 gekos vir die stel.
Die klein 20Watt sonpaneel het ek sommer voor op my waentjie se neuskas vasgesit, met 'n draad wat agter na die 'tailgate' gaan waarin ek die klein laaier / battery boksie vasgesit het.
Vanuit hierdie boksie kom 2 drade wat in die tent ingaan - een in die hoof tent, en die ander na die kombuis tent. Daar is dan 2 gloeilampe met skakelaars en haakies wat aann die drade gekoppel word in elke tent d.m.v konnektors. - die gloeilampe word net gekoppel wanneer die tent opgeslaan is.
Ek het nog nooit sonder lig gesit in my tent nie. Die 6ah batterytjie het oorgenoeg sous om lig te versaf vir 2 nagte, en laak ook maklik en vinnig al is die weer oortrokke.
Daar is 'n skakelaar op die boksie om die eenheid af te skakel voor stoor. Solank dit gebruik word gedurende tye wat ek nie kamp nie word die battery ook mooi beskerm.
By my alle binne en buite…
By my alle binne en buite ligte vervang met LED ligte.
By die bed albei kante lees liggies in gesit.
Groter ys/vrieskas.
Rally afdak waar 3 kant panele inhaak.
En in die hangkaste liggies wat aankom sodra jy die deur oopmaak.
Kan ongelukkig nie fotos by die huis oplaai nie
Seker die heel beste was die…
Seker die heel beste was die ligte wat met LED vervang is. Het ook lees lamppies in gesit. Die kamera systeem. Maak dit net soveel makliker as ek aleen moet haak en dit maak dit sommer veiliger as ek sleep.
Die bakkie is n heel ander storie en daar is dit beslis die gas geyser wat ek daar in gebou het saam met die water tenk. Die kombuis word sommer deesdae gebruik as ons met die wa kamp ook, maak dit net baie makliker.
Dan op die trailer die kombuis aan die agterkant met lopende water en n stoof.
Om dit maklik te maak....... Als wat ek al verander het was vir die verbetering en om dit makliker te maak by die kamp maak nie saak waarmee of waar ons gaan kamp nie.
Dankie aan..........
Dankie aan die 7 Kampforum ouens wat gereageer het en lekker leesstof aan ons almal voorsien het.
Nou wag ons vir die ander honderde lede om ook hulle bestes te vertel.
Ook 3 sover...
Ek het ook 'n paar vir die laaste paar maande.
Eerste 1 is ons tent se dubbel dak voor ons Eiland toe is om daai hitte te oorleef, foto op ons tent storie draad. Koste R700.
Tweede 1 is die nuwe trap kassie vir die woonwa (koste was gratis) en die derde 1 is die nuwe LED ligte wat ek vandag in die wa gesit. Koste is R100
Nee ek kan nie dink wat is…
Nee ek kan nie dink wat is die mees sinvolste verandering/verbetering nie.
Het al baie aan die Penta verander so met tyd, al die goed is handig en werk lekker.
Op my trok, self geboude dubbel batery laai eenheid, so gemaak dat dit laai eers die trok se battery tot vol en dan begin hy die spaar battery laai. Vrieskas, of ander goed trek slegs van die spaar battery en nooit van die trok nie.
Ek het destyds die dink aanmekaar gesit met ou selenoids en goete wat maar in my motorhuis rongele het, omtrent niks gekos nie.
Myne...
Daar's klomp goed, wat verskillende doeleindes het...
Dus kan ek nie se die of daai EEN DING is die mees sinvolste verandering/verbetering nie.
Daars goed vir die kombuis, vir die pitch self <soos my 5x5 tent dak>, vir herwinnings, en vir kook en braai.
Vir die kombuis: - My draagbaar kamp-kombuis
Vir die pitch: - My 5x5 army tent dak en een kant en my sonpaneel en Waco vrieskas...
Vir herwinnings: - Skroefbank <vice> (Die een loop al lank pad saam)
Virri outjie wat so sukkel om tent pen in te kap
Agga shame... Moer daai rubber hammer weg, die net tyd morse..
Gee hom die................... Old school..... geen krag noodig....
Ek het ook al baie dinge…
Ek het ook al baie dinge verander, maar die mees waardevoole was veseker die karavaan "movers" en dan die groter yskas.
Ander dinge is bv. soos;
Tru kanera en monitor, ook een van die beste dinge wat ek gedoen het,
Bosch 18v koordlose boor, met apparte 19mm sok vir die hoek stutte, en 200 en 400mm x 6mm sement boor punte vir daai harde grond,
Die Penta se neuskas: tool clips vir die los goed in gesit, en alles bly nou op hul plek,
Led strook ligte in die neuskas en banke,
By die deur 'n "motion detector" Led lig in gesit, as dit donker is, en jy maak die deur oop, gaan die led strook ligte aan, en jy kan sien.
Twee 12v elektriese domkragte wat al myself, en baie kampeerders langs die pad gehelp het.
Ek het ook daai lang slinger (vir die hoek stutte) uit gegooi en 'n ratchet met verelenging en eie 19mm sok vir die movers en wiele permanent in die neuskas wat in tools clips pas.
Bo is die groter dubbel deur…
Bo is die groter dubbel deur yskas.
Ek dink Nico, Ski, moet dalk…
Ek dink Nico, Ski, moet dalk nie hier lees nie, hy sal ons almal ore aan sit.?
Dis nou...................
Dis nou ware kampeerders hierbo wat nooit end kry om hul kamp-ervaring te verbeter nie.
Hier is een van my verbeterings wat my nog elke jaar 'n "kick" gee as ek by die wa inkom. Ons Exclusive se "dinette" was baie swak ontwerp met 'n lang sitbank onder die venster en 'n lang opvou-tafel wat in die gangetjie voor die stoof moet staan. Ons twee moes dan langs mekaar stit en as een wil opstaan moet die tafel eers verwyder word ! Ek het hierdie uiters swak ontwerp sommer self omskep soos hieronder :
Hier is...........
Hier is nog iets. Ons standaard Dometic yskas se energiebron is hitte wat die verkoeling veroorsaak, maar vars lug sirkulasie agter die yskas is van uiterste belang vir doeltreffende werking. Agter die yskas is twee luginlate, een bo en die ander onder. Ek het drie 12v rekenaar waaiertjies in omgekeerde posisie aan die binnekant van die boonste luginlaat gemonteer. Dit suig die warmlug agter die yskas bo uit en vars lug vloei dan vanself by die onderste luginlaat in. Dit laat hierdie tipe yskaste puik werk, selfs in baie warm omstandighede.






Len, my beste "bang for buck…
Len, my beste "bang for buck" byvoeging by vêr is 'n R99 1L warmwater fles wat ek by Shoprite gekoop het.
As ek bv water kook op die gas, sê vir koffie, dan meet ek 1L + 'n koppie water. Maak dan my beker en vul die fles vol met kookwater.
Dit is al gewoonte, maar daar was 'n tyd wat ek sonder my fles gekamp het en weet nie hoe ek sonder hom klaargekom het nke