Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gewaarborgde koelte boom.... Kruger 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Wie se voortuin is dit? Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Wessel en Johan L, ek… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -6 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/12/2018 - 06:53

More maters. Na die Groot bekendstelling van verlede week, ken ons mekaar heelwat beter, amper soos waneer die All Blacks en Bokke stoei oor besit van die bal. angel

Die wat regmaak vir vakansie hou, geniet die opwinding van beplan en pak. As ek terugdink aan daai dae was dit regtig n aangename deel van die vakansie. Mooi week.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 10/12/2018 - 06:59

Herman, ja ou maat, ek voel ook daai reg kry vir die weg gaan, is amper net so lekker soos die haak en vertrek by die huis.

geniet die opwinding van beplan en pak. As ek terugdink aan daai dae was dit regtig n aangename deel van die vakansie.

Harry, ek is regtig bly om jou persoonlik te kan more sê vanoggend, as ek reg onthou, gaan jy ook iewers wegbreek binnekort?

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 10/12/2018 - 07:17

Ja Johan, ek en my ou stryd os Deon en n paar ander kampers gaan Vrede dam toe vir n paar dae. 

Kerk kamp ? Ek sal seker die kollekte opneem smileysmiley

Let wel VREDE dam. smiley

Ek is nou regtig nie lus vir werk nie. My bestuuder is op n skip met vakansie, nou moet ek beheer neem oor werkers wat die vakansie gevoel het. 

Hulle verlof is ook nou uitgestel met n week, so hulle het almal renoster lippe wat op die grond sleep.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 07:53

Goeie môre Kampforum-vriende !

Windstil dag hier in Brackenfell met 'n voorspelling dit gaan lekker warm wees  -  daar is darem die vooruitsig vir nog 'n bietjie reën oormôre.

Harry, presies wanneer is julle by Vrede-dam ? Ek gaan in die eerste week van Januarie na 'n plaas-troue in die Memel-distrik, net anderkant Vrede.  Ek skuld jou 'n kuier want jy het so twee of drie jare gelede vir my kom kuier in Hartenbos.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 10/12/2018 - 08:08

More Len.

Ons gaan 15 Des tot 19 Des. Net vir 4 dae

Kom terug en werk vir 3 dae dan is ek af tot 7 Jan 2019

Gaan weer Hartenbos toe vroeg April 2019 so 10 dae

Wil deeltyds aftree April 2019 

0
Centurion

Lolla

Mon, 10/12/2018 - 08:36

Goeie more almal. Julle moet n beautiful week he. En geniet die vakansie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 09:27

Dankie Harry, 'n Vrede-dam besoek sal dus nie kan realiseer nie.  Ek sal hoor of nog een van hierdie plaaskinders wil trou dan kan ons beter beplan en 'n kuier by die dam inwerk !

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/12/2018 - 16:23

Nou kan ek behoorlik groet, so pas die laaste van my werk terug gestuur na waar dit moet gaan.

Nou kan ek weer behoorlik gesels, rus en die belangrikste op my stoep sit.

Lyk my al die opgewondenheid oor 'n sekere draad [onderwerp] is nou oor, Oom Harry - so bly om te sien jy is nog hier, ek sou jou gemis het.

Lyk my al wat ons verloor het is Maaz Malik en dan Oupa met sy vreeslike negatiewe uitkyk op die lewe? So daai draad het darem nie te veel skade aangerig nie?

Die bosveld, of dan ten minste die stukkie waar ek kamp kry lekker reen so van Vrydag af, die wereld is nat en is besig om vinnig mooi groen te word.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 10/12/2018 - 17:04

nie te veel skade aangerig nie

Dit is waar Arie,  jy weet daai reuk (amper smaak) wat jy kry as 'n kind te veel melk gedrink het en in 'n warem kar dit opbring en jy kan nie dadelik als skoon maak nie.  Wel dit is wat ek geruik / geproe het.

Met tyd sal dit seker weg gaan ?

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/12/2018 - 17:25

Willem daai suur reuk - nee wat lankal weg.

Die lewe gaan mos maar so mense kom en mense gaan. Niemand is ooit onmisbaar nie, ek weet party van ons dink soms so.

Partykeer is dit 'n verligting as iemand pad vat, kyk ou Spinekop, of oom Ventertjie van destyds het ook altyd skoor gesoek, maar op 'n mooi manier en hy het darem sence gepraat.

Die ouens wat orals op sosiale media daarop uit is om mense om te krap en beledig is eintlik net 'n las, mens moet altyd hul drade probeer mis lees.

Kyk een ou [sover ek weet] is weg en die forum hardloop nog steeds volstoom sonder 'n gesanik?

Mens kom nie eers agter iemand is weg nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 17:39

............Willem, dis darem 'n nare vergelyking wat jy daar maak  -  geen probleem kom by dáárdie reuk nie !

0
Centurion

Dusty

Mon, 10/12/2018 - 19:53

Drade wat my nie intereseer nie hou ek maar verby. Vandag n besige dag gehad. Is weer besig om die papgooibakkie te restoureer. Sy verfwerk het vinnig agteruit gegaan.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/12/2018 - 20:01

Dusty, partykeer dink ek ook 'n draad interesseer my nie, dan los ek hulle.  Dan sien ek, hier kom darem baie antwoorde op.  Gaan kyk maar wat daar aangaan.   Dan het die draad al heeltemal verander, na iets anders.   En gewoonlik is dit weer Arie, wat een of ander slim antwoord gehad het, wat die hele koers verander het.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus