![]()

Luister Saterdae om 18:00 tot 21:00 na “Om Die Kampvuur” met Noddy Naudè op Radio Wêreldwyd S. Ek gaan kampdinge, kampstories en ook maklike kamp resepte met julle deel. As julle enige stories, resepte en fotos met almal wil deel stuur vir my `n Whatsapp op “064 657 6296 “ of `n vonkpos by kampvuur@naudemail.co.za of deel dit op facebook op my Facebook groep. Onthou ons is n Internet RADIO STASIE, so luister aanlyn by www.kampforum.co.za/rww&…; of kliek die Radio Wêreldwyd "Luister Nou" skakel heel bo.
![]()
Dankie vir die positiewe…
Dankie vir die positiewe terugvoer en promosie van my program. Ek hoop ons kry nog baie luisteraars as "Om Die Kampvuur" vriende. As ek die liedjie het wat versoek word speel ek dit met graagte, al neem dit `n week om dit op te spoor. Boodskappe deel ek graag, As daar sport aan is deel ek die telling, ek het luisteraars wat heeltyd die telling deurgee. Daar is elke week `n resep, so deel asb julle maklike resepte met `n foto. Daar is `n 1/2 uur skoffel met lekker boere musiek. Kontak my ook as julle jul besighede wil adverteer.
Kampvuur Groete
Noddy
Whatsapp: 064 657 6296 ( ek is nie heeldag op die nommer nie, maar koekeloer elkeaand bietjie, en is voltyds op tydens die uitsending)
Om die Kampvuur!
More is Saterdag! Wie gaan inskakel?
Laat weet dan sal ek vir jou 'n boodskappie stuur oor die lug (-;
Stuur ook dan gerus vir Noddy 'n boodskap om te laat weet jy luister, of gaan maak 'n comment op die FB skakel op ons kampforum groep!
nog iemand wat gaan inskakel…
nog iemand wat gaan inskakel, ek wil seker maak ek mis niemand nie?
Amper tyd, gesels lekker met…
Amper tyd, gesels lekker met julle om 18:00
Ek is in geskakel, luister…
Ek is in geskakel, luister reeds lekker. Sukkel so klein bietjie met opbrekings. Dink dit is my vrou wat live steaming video op die TV kyk.?
Dankie Noddy, baie nice song…
Dankie Noddy, baie nice song keuse, dankie vir die boodskap van ons Kampforum vriende.
Dankie Noddy. Ons geniet,…
Dankie Noddy. Ons geniet, dit is lekker gesellig om die kampvuur.
Dankie Anton. Het gehoor ek…
Dankie Anton. Het gehoor ek is n yster...
sal volgende week inskakel…
sal volgende week inskakel
dis reg ons kuier volgende week lekker saam. Ek het vannaand se uitsending baie geniet.
Puik program, ek het…
Puik program, ek het gelukkig my gehoor stukke betyds op die "Bluetooth" van die tablet in gestel, en kon rustig sit en luister terwyl my vrou haar TV programme kon kyk.
Klaar vir volgende week 'n versoek in gesit, julle moet inskakel en luister, dit is waar my karavaan se naam vandaan kom.
Dankie dat julle ingeskakel…
Dankie dat julle ingeskakel het ek waardeer. Jammer ek het nie ook hier saam gechat nie. Die Whatsapp nomeer hou my vrek besig tussen in. Doen net so oor die 400 whatsapp`s in die 2 ure as ek op die lug is.
Dankie Noddy dit was…
Dankie Noddy dit was weereens baie lekker !!!





ek moet vertel, dit was…
ek moet vertel, dit was lekker gewees, veral om deur whatsapp met Noddy te kommunikeer terwyl hy uitsaai - en toe hoor hoe hy die nuwe luisteraars verwelkom - Kampforum, Jonika en Voortrekker
My laaitie het in die huis ingehardloop en skreeu ...mamma hy het jou naam genoem!
Soos Noddy sê, stuur gerus vir hom 'n whatsapp en plaas sommer 'n spesiale versoekie of deel 'n storie.