Die einaar van Kruger Ranch naby Magalies het vir ons n baie goeie deal geoffer vir naweek van 30 Julie tot 1 Augustus. ons kan daar kamp vir R325 n aand vir 4 mense. Dis n wildsplaas mens kan gaan wild kyk met voertuig op voet of fietse. Van ons lede was November maand laasjaar daar en het dit terdee geniet. Kamp is nou n jaar oud. Gaan loer hulle webtuiste en laat weet wie stel belang. Elke ou maak sy eie booking en ons braai saam saterdag aand verder is dit net n rustige kuier.
https://krugerranch.co.z… Let asseblief dat die webwerf nie die kampeerplekke wys nie.
INLIGTING OOR: Kruger Ranch was amptelik geopen die naweek van 15 Maart 2020 deur eienaar Clint Kruger en sy gesin. Soos almal kan onthou was dit net 2 weke net daarna wat Suid Afrika in Lock-Down begin ingaan het. Kruger Ranch kon toe weer hulle deur oopmaak in Oktober 2020.
Daar is tans 40 kampeer staanplekke met krag en water geriewe en baie netjiese ablusie geriewe. Die kamp is in die bos en bied 'n heerlik bosgevoel en rustigheid.
Vir Bespreking: Kontak nr is Clint Kruger 082 444 4909
Email vir Megan op krugerranch@outlook.com - Email is die beste opsie
Noem dat jy vir die Kampforum naweek wil bespreek. 30 Julie to 1 Augustus 2021
Baie dankie Ski vir die reëlings ![]()
![]()
My bakkie is gelaai en is…
My bakkie is gelaai en is reg om die pad te vat Kruger Ranch toe, hoop om baie van julle daar te sien en in lewende lywe te ontmoet, het die weer ook gekyk, aande is darem in die plus en nie minusse nie en dag temperature is net bo die 20s.
So pak daai tente en karavane en kom geniet die kamp saam met ons.
My braaigoedjies is in saam…
My braaigoedjies is in saam met 2 bottels OBS. Nou m oet ek seker die res van my gesin se goedjies ook regkry.
Jy moet dit mos saambring.
Maar jy het my nie laatweet hoeveel nie ? 😫
Dit was nou 'n heerlike…
Dit was nou 'n heerlike naweek. Die weer het mooi saamgespeel en vandag is lieflik! Net jammer ons moet oppak.![]()
Baie dankie, dit was…
Baie dankie, dit was inderdaad n baie lekker naweek gewees, lekker ge eet en gesels, o ja ek is die hele naweek deur met n kortbroek maar die geheim le dat jy 2 onderbroeke aantrek, as die klippies nie koud kry nie dan is n mens ok.
Kan regtig nie wag vir die volgende een nie, hoop net nie dit is dan weer te warm nie
.









Hi Nico. Sterkte daar vir…
Hi Nico. Sterkte daar vir julle.