6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Opgaartenk se skoonmaak

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Die vraag wat volg gaan NIE oor woonwa watertenke NIE, dit gaan oor groot tenke vir water stoor by julle huise.

Hoe maak julle ouens dit skoon, veral die manne wat reenwater daarin opvang.?

Ek het na omgeveer 2 of 3 jaar vanoggend my 800l tenk skoongemaak. Ek het eers gisteroggend 'n pakkie "Shock it" ingegooi. Vanoggend die tenk laat leegloop, en die onderste hoeveelheid uitgeskud, deur die tenk om te dop.

Ek maak die tenk slegs vol met dorpswater, en steeds was ek verstom aan die bruin afsaksel wat ek uitgegooi het. Dit wys net hoe vuil is die eerste klomp water uit die pype nadat die water af was.

Nodeloos om te sê, ons drink gladnie kraanwater nie, en die tenk is vir noodgevalle om te was en toilette te spoel.. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 30/12/2021 - 15:07

Wessel, ek steur my nie aan die stof wat onder die tenks se uitloop bly lê nie.  Water uit boorgate kom tog ook maar uit die grond uit.  Wanneer my tenks amper leegloop tot by die tenk se uitloop soos nou dikwels hier by ons in die somer, gooi ek 'n koppie Jik in om onsuiwerhede teen te werk en om dit gereed te maak vir nuwe reënwater wat inloop.

Ons reëntenks is gekoppel aan die huis se waterstelsel en dan gebruik ons glad nie munisipale water nie.  Wanneer die reëntenks leeg is, gebruik ons wel munisipale water.  Ons koop egter gesuiwerde water vir drink en kook doeleindes.

Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 30/12/2021 - 15:49

My tenk vang net reën water op van my afdak. Voordat die water by die tenk inloop het ek 'n opvang sif vir die blare en na dit 'n opvang pyp waar al die vuilheid van die dak en stof eers inloop. Eers as die pyp (skat so 10 liter)  vol is loop die water in die tenk in. Die pyp het 'n uitlaat aan die onderkant wat ek gereeld oopmaak en dreineer en die water is altyd vuil. 

Ek maak al my dwerg boompies en tuin met die tenk se water nat en het nog nooit vuil water aan die onderkant gesien nie. Het ook van die pomp na my toilette gevoer vir wanneer ons water af is. 

As ek in die tenk inkyk op 'n sonskyn dag kan ek die bodem sien.

Nog nooit my tenk skoongemaak nie want hy was nog nie leeg nie.

Koop ook drinkwater in 20 liter bottels wat ek in 'n water verkoeler gebruik. 

 

Middag vriende

Ek was eintlik bekommerd oor alge se groei, want my tenk staan omtrent heeldag in die volson. Somertyd is die water omtrent lou.

Ek was egter verbaas dat na my mening amper geen alge in was nie. Lyk my dat die totale gebrek aan sonlig tot gevolg het dat daar nie juis alge groei nie. 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 30/12/2021 - 17:39

Jan, ek het ook dieselfde stelsel vir die dakwater voor dit by die tenks inloop.

Wessel, twee van my drie tenks staan ook in vol son en die binnekante is pikswart geverf  -  ek vermoed dit is waarom geen alge daar groei nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/12/2021 - 18:17

Wessel, hier is 2 x 10 000l tenks wat uit n bergstroom volgemaak word, sowat 3km pyp. Ek glo daar is gereeld  bobbejaanmis of n dooie diertjie in die stroompie daar bo in die berg wat in ons water en dan afgebreek in tenks beland. Dit is nou behalwe die gewone blare en stof. Die flotterklep, hoe is daai  afrikaans, moet gereeld versien word as dit vashaak. nog nooit n alge sien groei nie, en die water drink ons elke dag, kristalhelder. Die tenks is nou 22 jaar in gebruik, was nog nie nodig om sediment uit te was nie, die uitlaat sit sowat 100mm vanaf die tenk bodem, so gaan n hele klompie kan opgaar voordat dit in die pype beland.

Môre vriende

Ek het groot geword waar daar 'n geboude tenk vir reenwater was. Daar was 'n siffie bo die inlaat, maar die stof, voëltjie poef van die geverfde asbesdak, het maar ingevloei. 

Daar was 2 krane, ene so ietwat meer as emmerhoogte, vir tap van drinkwater. Dan 'n lae ene, wat soms oopgedraai was om die afsaksel te laat uitloop. Niemand het ooit siek geword van daardie water nie, en daar was nooit iets bygegooi nie.

Weereens het die wetenskap geseevier bo my denke. Alge wil sonlig hê om te groei. Die uitlaat kraan van my tenk sit ook ongeveer 200mm bo die bodem, dus gaan ek 'n paar jare wag voordat ek weer die omdop en skoonmaak takie aanpak. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus