6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -11 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -14 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -30 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Swakste bestuurders

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien navorsing deur die RTMC in ongelukke tussen 2029 en 2021 wys dat die swakste bestuurders, dis nou diegene wat die meeste fatale ongelukke veroorsaak het asook spoed oortredings, VW Polo bestuurders is, gevolg deur Hilux en Quantum bestuurders. Dink almal weet teen die tyd dat die Polo bestuurders oor die algemeen swak bestuur, so ook die Quantum ouens. Groot verrassing egter dat Hilux bestuurders onder hierdie groep tel? Wat moet die BMW manne dan nou dink! 

Baie dankie vir die kompliment, spoed en Hilux gekoppel in een sin!!!

Wel, ek het laasjaar 'n spoedkaartjie buite Nelspruit verdien, nogal met Kavango en al.

Moontlik moet die inligting statisties korrek aangebied word. Die genoemde voertuie IS sekerlik die meeste in ongelukke en spoedvoorvalle betrokke, WANT dit is die beste verkopers, en die meeste op die paaie. Die vraag is egter, hoeveel % van die geregistreerde tipe voertuie is betrokke in ongelukke. Dit gaan moontlik 'n heeltemal ander prentjie skilder

Brackenfell

HennieBo

Thu, 27/01/2022 - 11:25

Ek stem saam met Wessel se waarneming. Daai voertuie maar die beste verkopers in hulle segmente. 

Lw. Ek besit nie een van die voertuie nie.

Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 27/01/2022 - 14:57

Stem saam oor veiligheid, Grootwind.  Hilux het 14.2% en Quantum 12.2 % noodlottige ongelukke.  Ons almal wys altyd die vinger na taxi bestuurders maar hulle maak 2% minder noodlottige ongelukke as Hilux bestuurders.  Wat ek hieruit eerder wil aflei is dat hulixe nie so veilig is soos wat almal voorgee nie.  Met 'n 5 ster veiligheid rating verwag ek meer.  Na die stats is 'n 3 ster veiligheids rating meer van pas vir 'n Hilux.  My gesin se veiligheid beteken vir my baie.     

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/01/2022 - 16:59

.....in die sestigs en sewentigs was die Volkswagen Kewer die meeste van alle karre in ongelukke betrokke  -  nie omdat dit 'n swak voertuig was nie, maar omdat daar so baie van hulle op die pad was.  Elke tweede voertuig was 'n Beetle en daarom was die kanse goed dat tydens 'n ongeluk een van die voertuie 'n Beetle sou wees  -  nie omdat hulle swak was nie, maar omdar hulle so baie was !

Centurion

Voortrekker

Thu, 27/01/2022 - 17:16

Ek het die artikel gaan lees en m.b.t die Hilux en Polo het dit beslis te doen moet hoe baie van die voertuie op die pad is.  Die Quantum word bleikbaar roekeloos bestuur en dit is hoekom ...

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 27/01/2022 - 18:49

As die statistiek met populariteit-getalle te doene het, dan beteken dit mos net mooi bokkerol. Die inligting soos Willem geplaas het, verstaan ek nie juis nie, wat se dit nou eintlik. Het nou nie gaan sit en probeer uitwerk watter % van wat om by watter resultaat te kom  nie.

Ken n man wat in die afgelope 12 jaar sy Hiluxe 2 keer gerol het, en n ander kar. Hilux en brannewyn is maar broers lyk my.

Worcester

Wildehont

Thu, 27/01/2022 - 19:52

Vergelyk die 3de, 5de en 7de kolomme se syfers per lyn (maw per voertuig maak en model). 3 is die persentasie wat die maak en model uitmaak van die totale aantal voertuie, 5 is die persentasie van die totale aantal dodelike ongelukke waarin die maak en model betrokke was en 7 is die persentasie van die totale oortredings in Gauteng waarby die maak en model betrokke was. As die persentasie in 5 hoër is as in 3 is die voertuig of gevaarliker of word meer roekeloos bestuur as een waarvoor 5 laer is as 3. As 7 hoër is as 3 is die bestuurders van daardie maak oor die algemeen meer geneig om verkeersreëls te oortree as een waarvoor 3 hoër is as 7.  

Worcester

Wildehont

Thu, 27/01/2022 - 19:59

Hier is ‘n voorbeeld ter illustrasie:

Die Hilux is proporsioneel in ‘n groter aantal dodelike ongelukke betrokke in vergelyking met die Ranger. Lg is egter proporsioneel in heelwat meer verkeersoortredings betrokke as die Hilux. Sover ek weet het AARTO net in Gauteng gewerk, so dis bietjie misleidend. Die argument sou gemaak kon word dat die Hilux onveiliger is, want hulle begaan proporsioneel heelwat minder verkeersoortredings as Ranger bestuurders maar is proporsioneel in meer dodelike ongelukke betrokke. Ranger bestuurders ry dus oor die algemeen (in Gauteng in elk geval) meer onverskillig as Hilux bestuurders maar gaan minder dood in ongelukke. 

Worcester

Wildehont

Thu, 27/01/2022 - 23:29

Hilux is 12,7 % van alle voertuie, maak 14,2% van noodlottige ongelukke en begaan 7,4% van AARTO oortredings.

Ranger is 6,5 % van alle voertuie, maak 5,3% van noodlottige ongelukke en begaan 7,4% van AARTO oortredings.

Vergelyk elk se persentasie van alle voertuie met watter persentasie van noodlottige ongelukke hulle by betrokke is en watter persentasie van AARTO oortredings hulle begaan. Lg is nie akkuraat nie, want dis nie te sê die eerste twee syfers is verteenwoordigend van Gauteng nie (AARTO is net op Gauteng van toepassing). 
 

Maak dit nou meer sin?

The blooming worst ... and I mean WORST EVER group of drivers .....

Old men wearing hats ... Usually out for a Sunday drive....

Next come little old ladies with purple rinse in their hair, driving luxury vehicles...

klaar

ge

praat

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 28/01/2022 - 07:31

Dankie Wildehont. As ek nou die vereenvoudigte verduideliking reg lees, en ons los die noodlottige ongelukke uit, en kyk net na die Hilux as 12,7% van allle voertuie en dan 7,4% van alle oortredings, teenoor Ranger se 6,5% van alle voertuie en ook 7,4% van alle oortredings (inligting soos jy bo gee) dan is die Ranger Rovers 2 keer meer geneig om die wet te oortree? Dus is hulle die cowboys op die pad !!!!

Pretoria

Geert

Fri, 28/01/2022 - 07:44

Hilux is meer as ander in ongelukke omdat ander meer in die workshops staan met wiele af, ratkaste uit ensovoorts  terwyl Hilux op die paaie is

Worcester

Wildehont

Fri, 28/01/2022 - 07:54

die Ranger Rovers 2 keer meer geneig om die wet te oortree? Dus is hulle die cowboys op die pad

Dalk gaan dit nie oor die bestuurders nie maar oor die voertuig? Sommiges ry makliker te vinnig as ander…

Centurion

Voortrekker

Fri, 28/01/2022 - 08:11

'n Opmerking.  Toe ek nou afgelope Desember Richterveld toe gery het vannaf Pretoria het ek opgemerk dat die ouens wat Hiluxe ry vreeslik vinning ry.  Ek het maar rustig aangeploeter teen 110 km / hr omdat dit is hoe ek nog al die jare langpad ry, ongeag van watse voertuig.   Uit ondervinding het ek ook al geleer dat risiko's verhoog as 'n mens vinnig ry, veral 140 km/ hr en vinniger.  (klippe wat opskiet tref harder, tarentale wat opvlieg rig meer skade aan ens.)

Maar terug by my opmerking, en ek het daaroor gewonder want dit was nie slegs af Richterveld toe wat ek dit opgemerk het nie.  My vraag dan altyd was hoekom jaag die manne so?   Sleep 'n waentjie of karavaan op vakansie teen 140 km / hr?    Ek glo alle nuwe Turbo Diesel bakkies en SUV's kan dit doen?  Dit wil wel voorkom dat as dit 'n Toyota is dan MOET hy dit doen, want dit is mos 'n Toyota en dit moet bewys word?   

Centurion

Voortrekker

Fri, 28/01/2022 - 08:18

'n Opmerking oor die Polo's.  Ek en vroulief het ons lekker verkyk en gelag en spot veral in die Weskus met al die "Low Profile" Polo's wat ons daar gesien het.    Dit was ook tydens die vakansie seisoen wat ons vreeslik baie Polo's waargeneem het onder die jonger generasie "hubbly rokende" kleurling vakansiegangers.   Dit was glad nie kampeerders nie, maar meestal dagbesoekers by strande asook chalet inwonders.     Nou nog as ons 'n Polo met breë bande en baie lae suspensie sien dan sal ek lag en sê : " Daardie Polo sal mooi inpas by Strandfontein of Port Nolloth"  laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus