Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

November klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.

Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af. 

Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.

Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie. 

Worcester

Wildehont

Mon, 27/11/2023 - 08:24

Hennie soek seker nog ‘n groot genoeg treklorrie om genoeg sekelbos saam te ry want dis iets wat mens nie hier kan kry nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 27/11/2023 - 09:40

Hoe vorder julle met verkoop, koop en verhuis.?? 

Wessel, ons het dieselfde struikeblok gekry as Jan. My huis was verkoop en die man se verband klaar goedgekeur. Alle papierwerk reeds by die prokureurs. Toe is daar 'n struikelblok met sy eiendom se verkoop en die transaksie kon nie meer voortgaan.

Ek/ons het intussen toe afgegaan Kaaptoe en huis gekoop in Brackenfell. 11km vanaf die sentrum waar my dogter ingeskryf is vanaf Januarie. Gelukkig het die verkoper my aanbod verleng tot die 19de Desember.

So intussen is my eiendom weer in die mark van vooraf en moet ons hierdie hitte nog trotseer.

Hennie soek seker nog ‘n groot genoeg treklorrie om genoeg sekelbos saam te ry want dis iets wat mens nie hier kan kry nie. 

 Nee Chris, ek sal seker net so 2 of 3 sakke van die 40kg Namib Sekelbos en Kameeldoring saam trek. Sal wel vir my daar die ordentlike hout maar koop. Ek gee nie om, om 'n premie te betaal vir goeie hout nie. Ek kannie met Houtskool of so iets braai nie, en braai is deel van my lewe.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/11/2023 - 10:48

Hennie, sterkte met die huis verkoop en koop. Ek hoop julle kry betyds ‘n koper sodat julle nie die huis in die Kaap verbeur nie. 
 

Hier is ‘n gesprekslyn oor braaihout in die Wes-Kaap wat ek destyds begin het toe ek nog nie kon aanpas by die wattel nie. Ek het gister met wattel ‘n hengse klomp vleis gebraai vir sewe grootmense en ses kinders. Ek het heeltyd ‘n vuur op die kant aan die gang gehou en glad nie gesukkel nie, selfs al was daar ‘n klomp hoender espetadas met dik stukke vleis ook. Die wattel is egter al lekker droog. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 27/11/2023 - 15:01

Ai jammer Hennie.............................................................dit is iets wat mens nie wil hê nie. Gelukkig is ons huis se geld in die bank. Nou kan ons rustig rondkyk en sien wat op ons pad kom. Dink ons sal eerder vroeër as later koop siende dat wat met my in Skukuza gebeur het. Wou vir 'n jaar wag maar planne verander gou.
0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 27/11/2023 - 15:01

Ai jammer Hennie.............................................................dit is iets wat mens nie wil hê nie. Gelukkig is ons huis se geld in die bank. Nou kan ons rustig rondkyk en sien wat op ons pad kom. Dink ons sal eerder vroeër as later koop siende dat wat met my in Skukuza gebeur het. Wou vir 'n jaar wag maar planne verander gou. Sterkte.
0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 15:38

...nou is ek effens in die war. Dit lees asof jy tog gekoop het in Brackenfell. Ek lei af dat jy wel gaan trek omdat dogter in Januarie daar inval.

Gaan jou plek hierbo leegstaan, of gaan jy iemand daar laat bly, om plek op te pas.?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 15:41

Ek het oorskiet verf in die garage gebêrw, so 200mm onder die volle plafon. Dit is so warm hier dat van die verf letterlik uit gekook het. Nou het ek sulke swart strepies teen die spierwit muur af.

Ek het nou gemeet, dis 32C binneshuis..

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 27/11/2023 - 19:18

Ai jammer Hennie.............................................................dit is iets wat mens nie wil hê nie. 

Ja, dit is nie lekker nie. Maar 'n nuwe deur sal oopgemaak word vir ons. 

...nou is ek effens in die war. Dit lees asof jy tog gekoop het in Brackenfell.

Wessel, ja ons het gekoop maar ek het klousule ingebring dat my verkoop suksesvol moet wees. My aanbod op die huis in Brackenfell is nog geldig tot die 19de, maar die agent het my laat weet dat daar iemand is wat geen koppel transaksie het en wel moontlik belangstel. Soos hierbo genoem op Jan se antwoord. Nuwe dinge dalk op die horison.

Ek het juis nounet 'n vinnige meeting opgestel met die sentrum vir more middag om my opsies nou te oorweeg. As ek wel moet begin betaal vir my dogter, dan sal ek dit doen om haar plekkie daar te hou. Gelukkig is al daai gelde terug verhaalbaar vanaf "jantaks". 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 27/11/2023 - 19:19

Dink ons sal eerder vroeër as later koop siende dat wat met my in Skukuza gebeur het. Wou vir 'n jaar wag maar planne verander gou. 

Jan, en die pryse gaan ook die hoogte inskiet. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/11/2023 - 19:30

Daar in die Transvaal bou die mense anders. Hier het ons  cavity mure, en dit werk uitstekend, Goeie isolasie in dakke en plafonne. Ons huisie het 3 lae in die dak, so composite besigheid, self uitgewerk, deesdae word dit algemeen gebruik, net duur.

Geneuk is, as die huis eers die hitte binne begin vashou, raak dit ń probleem om te laat afkoel. Ek hou baie van die evaporative coolers, volop hier on die Karoo wat ń droeë hitte het. Eenheid sit op jou dak, en met ducting in die plafon word dit deur die huis voorsien. Lekker koel en nie droog soos aircon lug nie.

Wessel, bedags word die shutters hier toegemaak om son van die vensters weg te hou. Von hou die huis maar toe. Saans word als oopgemaak, dan koel die huis af. 

Om die nokke van my sinkdak, is daar n pyplyn met die mikro sproeiers op. Waneer dit nou regtig snikheet raak, word die kraan oopgedraai. Dit maak n groot verskil. 

Vasbyt, die somer is om die draai.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 19:59

.... ons het laas Saterdag boonop ook nie eers water gehad nie. Nou hoe dink u moet ek sproeiers op die dak laat werk. 

Ons het hierdie Al- blindings in die vensters. Jislaaik , hier teen agtuur voel jy daai 1000watt/m2 wat die son neergooi op daai blindings. Dis waar die gewone dik houthortjies veel beter is.

Ek het 'n platdak [chromadeck] langs duie eenkant van ons huisie. Dit word as 2de motorhuis gebruik, maar dit sny die westeson totaal van die vensters af. Ongelukkig het ek die dak te laag ingesit, om onder die teeldak in te pas, en dit hou die hitte vas. boonop het ek die westekant met skadunet toegemaak, wat lugvloei ook afsny.

Volgens my buurman het sy kar 44C gemeet vanmiddag om 13h00.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 20:09

...jy is heeltamal reg. Ek hoort nie in die klimaat nie. Om egter na 'n koue deel te verhuis, het 'n paar probleme;

1] waar is dit 9 maande lank koel/koudlaugh

2] die koste van koop/verkoop, trek en diesmeer gaan 'n groot hap uit my aftree-belegging neem. 

Wat ek graag wil hê is maklik meer as MR2.5 in dorpe soos Montagu, Robertson, en selfs Worcester. Die dorpe is ook nie eers koue plekke nie. Ongelukkig is my huidige kasteeltjie nie soveel werd nie. Begin jy teen die kus soek, gaan die pryse nog hoër. 

Ek het verlede jaar en die jaar omtrent geskrik vir huispryse rondom George, Hermanus, Jongensfontein Stilbaai en omgewing.

  

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 28/11/2023 - 06:08

Ja-nee, eiendom is peperduur. Gelukkig het jy ‘n vakansiehuis op wiele, wat jy kan parkeer waar jy wil. Hierdie tyd van die jaar is dit egter nie maklik om ‘n koel plek te kry nie. Die hittegolf is nie hier hy ons gewees nie, maar dis ordentlik warm gewees die afgelope twee dae. Verlede somer het dit eers Januarie so warm geraak. Maar ek kla nie, ek is lief vir die somer. Sterkte daar. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/11/2023 - 11:24

Ek is nou al 15 jaar afgetree na 'n loopbaan van 43 jaar by Absa (en voorheen Volkskas).  Nou hoor ek in die wandelgange Len se Exclusive is in die mark om verkoop te word !  "Surprise, surprise", daar is geen sprake van soiets nie en die paar kranklikhede van ons twee oues van dae word net gou uitgesort en dan sleep ons in daar by Malelane-hek in Mei 2024.  Julle gaan nog lank opgeskeep sit met ons.

Dog ek sê maar net.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/11/2023 - 11:40

Middag Len, nou in watter wandelgange hoor jy die nuus. 

Dalk moet jy uitvind, die prys is dalk reg, dan kan jy iets meer hanteer koop. Daai wa is mos hopeloos te groot vir julle twee. 'n Gecko gaan baie beter in julle behoeftes pas. Ook stort en toilet en vaste dubbelbed in. Helfte kleiner en sleep soveel makliker.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/11/2023 - 11:50

 Len sal dít seker nie maklik oorweeg nie. Die man se sleepondervinding, met sy movers en al sy gerief. Ek raak skoon jaloers as ek daaraan dink. Gecko.....soos om die Pathfinder vir n Jimny te ruil.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/11/2023 - 12:13

Ek hoop net nie Len het 'n nagmerrie gehad waar hy erens in 'n Volkskas tak tussen al die skinderpoppies in die gange rondloop nie.laugh

Jimny het ook onlangs "groot" geword, met 5 deure deesdae. goeie voorstel Herman, laat Len afskaal na kleiner wa en sleepvoertuig. Ek dink die rowwe omie kan homself bederf met nuwe speelgoed

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus