Môre vriende
So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.
Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af.
Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.
Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.
Lekker gatvol
Lekker gatvol.
Vandag die bestutting by Boomplaas gaan verander vir hulle volgende siesoen se krap. Met die terugkom, hengse warm bergwind van voor, dit was 40 hier, lang opdraend moet ek die ou Landy stoot. Aircon was ook aan. En daar kom so whirrrrrr geluid en weg is die krag. Paar manne gebel, ken nie.
Nou sit neef en Google als wat n probleem kan wees.
Koop maar 'n Ford
Sterkte daar Oom Neef. Ek hoop julle kry die probleem opgelos. Ek voel tans so oor my swembadpomp. Dit wil van Sondag af nie die swembadskoonmaker laat loop nie en daar kom lugborrels uit aanmekaar, so dit suig iewers lug en ek hoop en bid dis nie onder die grond nie, maar dit is waarskynlik want ek kon die oorsaak nerens anders opspoor nie.
Die forum kort 'n kontak lys…
Die forum kort 'n kontak lys waar lede mekaar privaat kan kontak voordat verskille hand uitruk
Skerioen, jy kan lede kontak en hulle vir jou, maar ek vermoed daar is probleme met epos adresse wat verander het en die lede opdateer dit nie op hulle profiele nie. Ek het hierdie week weer boodskappe gekry van eposse wat nie werk nie m.a.w 'n lid het vir iemand probeer kontak maar die epos kom terug... pamamu@telkom... wie s'n was dit?
Kontakbesonderhede
Môre Anton en ander
Ek vermoed ook dat baie lede nie hulle volle kontakbesonderhede gee nie.
Ek kon byvoorbeeld nie 'n epos adres vir Skerpioen onder sy naam vind op die forum nie.
Hallo Wessel. Hoe dit…
Hallo Wessel.
Hoe dit werk en om lede se kontak besonderhede te beskerm: Wanneer jy 'n lid kontak, dan stuur kampforum 'n epos aan die lid wat die boodskap bevat. Die lid kan dan kies om terug te antwoord en daarna sal epos adresse sigbaar wees. Hoop dit maak sin?
My e-pos adres op forum werk nie meer nie
Wel dit werk nog, maar ek monitor dit nie meer nie. As jy dus vir my ‘n boodskap stuur deur die forum en nie ‘n antwoord kry nie, is dit nie omdat jy die verkeerde rugbyspan ondersteun nie.
Herman se Landy
Môre Herman
Het jy al die fout opgespoor met jou duur Britse veldvoertuig?
Wat het "whirr" geluid gemaak, die aircon, die kajuit waaier of enjin. Ek lei af die enjin se krag het weggeraak.
ChrisS se swembad-pomp
Chris, ek is pas deur presies dieselfde probleem. My voorstel is :-
- Koppel 'n tydelike pyp (sommer bogronds) van die pomp na die naaste punt van die swembad en skakel sodoende die weir uit. (Kyk foto hieronder). Skakel die pomp aan en as die skoonmaker lekker loop sonder borrels by die inlaat, dan lê die fout iewers by die ondergrondse suig-pyp wat by 'n lasplek lug insuig.
- Ek het nie gesukkel met die ondergrondse lekkende pyp nie en dit net so gelaat
- Ek het met die hulp van 'n hoekslyper teëls gelig en 'n slootjie van 10 cm breed en 10 cm diep gegrawe. By die weir sal jy baie dieper moet grawe om by die onderpunt daarvan uit te kom.
- As dit tot onder by die weir droog is, moenie lol om jou nuwe pyp doer onder te koppel nie. Gebruik die nie lekkende bestaande pyp tot op 'n gemaklike hoogte en koppel dan jou nuwe pyp daaraan.

Brandstof spekulasie
Volgens Maroela media kan ons 'n prysverlaging vir Desember verwag;
Petrol--- ~R1.05
Diesel---- ~R2.10
Kom ons hoop dit gaan nie Januarie op nie.
Voortrekker se tweeling
Ek sien hier word gepraat van Chris se pomp en Herman se Landy en die brak se bakkie.
So laat ek maar update dat dit goed gaan op 6 maande se swangerskap en die 2 dogters groei baie mooi. Mamma begin ook nou mooi uitstoot en gaan een van die dae net lê.
Eliminasie
Gaan maar deur n proses van eliminasie, en doen eerste wat nie te ingrypend is nie. Tot dusver niks ooglopend gekry nie. Die Landy se "valve clearances" gestel. no 4 silinder was styf. Gaan netnou op die dieselpomp n ding bekyk "booster valve" werk saam die turbo, en verstel die volume by lae boost. Die Landy loop dat dit bars, net waneer dit hard werk raak iets ongelukkig.
So gaan ek maar deur wat daar op internet is. Maar dit blyk of daar volumes boeke geskryf kan word oor probleme.
Hoe het die Engelsman vir die boer gese die dag toe hulle op die skepe klim na die boereoorlog. "Julle dink julle probleme is verby.... ons stuur een van die dae vir julle Landrovers"
Dalk het .....
....jou beterhelfte 'n artappel in die uitlaatpyp gedruk. Nou hou die Landy jou uit die kwaad uit.![]()
Neef, onthou dat LR sedert…
Neef, onthou dat LR sedert 1948 byna alle "mekanieks" van praktiese ervaring voorsien het...ingesluit by die prys!
Leeuwenboschfontein ??
Middag Chris S
Jy is seker al besig om te hak vir die naweek.? Is julle 'n groep vriende, en sleep julle Montagu om soheentoe.?
Onthou om lugsakke te pomp![]()
Nou eers pak
Nee, ek gaan nou eers pak. Moes gisteraand ‘n vergadering bywoon tot 20:30. Ons is drie gesinne, maar ons ry sommer N1 en dan die Koo pad voor ons afdraai daarheen. Die wind laat loop hier vandag maar môre lyk darem beter. Dankie vir die herinner oor die lugsakke!





Prys peiling
Gedagtig aan Jeanne se ervaring met die verkoop van sy wa, wonder ek;
hoe bepaal mens die verkoopprys van jou wa.?
Kyk mens na die pryse van soortgelyke waens in die handel, en mik vir bietjie minder?
Ek het die afgelope naweek 'n skok gekry. Instansies wat handel dryf in gebruikte waens, is ook nie bereid om baie te betaal vir mens se wa nie.
Ek vermoed die mark is effe dood vanweë die ekonomiese knelgreep in die land, en dat baie mense uit nood maar van hulle waens ontslae probeer raak.
As mens nie 'n privaat koper gaan vind wat uitsluitlik opsoek is na jou spesifieke wa, teen goedkoper as 'n nuwe se prys nie, gaan mens nie veel vir hom kry nie.
Om van wa te verwissel met heersende pryse, is amper net so 'n moeilike proses as om van woning te verander. 'n Afgetredene moet eintlik eers sy wa verkoop, en dan eers begin dink aan koop.