Môre vriende
So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.
Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af.
Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.
Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.
See, bos, wildtuin
Ons is mal oor wildtuin en see. As ons in die wildtuin is, mis ons nie die see nie....as ons by die see is, mis ons nie die wildtuin nie. Beide kan ons maklik n maand staan sonder om verveeld te raak. Ons jaarlikse kampeer program sluit in ten minste n lekker besoek aan KNP en n lekker besoek aan die see en n besoek aan Pilanesberg. Die see vakansie word hierdie jaar verruil vir n Kaapse trip waar ons ook by die see gaan wees, maar gaan tog Natalse kus vakansie mis. Plan was om einde hierdie maand Pilanesberg te gaan besoek, maar sukkel deesdae weer baie met die bloedklonte....so is nie beste idee om nou soontoe te gaan met lang tye in kar nie. Verder geniet ons baie wildsplaas oorde
Dit Herman is agv die swak…
Dit Herman is agv die swak bestuur en jare se agteruitgang. Jy moet die fotos van na die tys sien dan sal jy sien hoeveel gemors bly agter.
Dis hartseer om die verval in die stad te sien en doe onlangse munisipale werkers staking het dinge net vererger want vuillisverwydering het byna heeltemal tot stilstand gekom en die inwoners wat steeds vir die diens moes betaal al is dit wetende nie gelewer is nie het gatvol geraak en oral vuillis loop stort. Ongelukkig meestal is spruite en ook hier in die magtige Apiesrivier.
Daar is ook `n riool suiwerings aanlag 500m van waar die foto geneem is stroomop so jy kan maar net dink wat nog in daai water afkom
Ai, dit is verskriklik…
Ai, dit is verskriklik hartseer. Mense raak swartgallig oor swak dienste, moorde en ekonomie. Dit raak mens persoonlik aan, maar die besoedeling is permanente skade onegeag jou oortuigings.
As ek lees van die stroping wat in die oseane gebeur. Die gevolg wat ons reeds voel agv kweekhuisgasse, wat ons nie kan verminder nie, hoe vra ek die manne met duur pakke wat saam besluite maak en sê teen so en so datum brand ons nie brandstof nie. Hierdie omie reken dit is nie doenbaar nie.
Net die een aarde, tegnologie gaan ons mensdom nie red waneer dit onleefbaar word nie.
Nou moet ek aan die gang kom, van my pâlle kom al vandag aan. Gaan ons kuier...., en bietjie lag en gesels oor die lekker ou dae. Groete.
Malaria waarskuwing
RSG berig sopas dat mense ekstra versigtig moet wees in malariagebiede. Gebruik dus maar die muskietweermiddel Mnr Meyer. Julle gaan nog ‘n ruk daar in die laeveld wees.
Vullis in Apies rivier
Verbeel ek my of is die stroom vol vullis?
Vir ons Pretorianers is dit n algemene gesig dat rivier so vol gemors is elke keer na n stewige reenbui. Bon Accord dam waarin hy invloei lyk soms soos n vullis stort terein van gemors. Hierdie is al jare lang se probleem
Winter malaria
Môre Geert
Sjoe, dankie vir die waarskuwing. Mens kan dus in die winter maande dit ook kry. Ons het maar ruim al die afskrikmiddels aangesmeer toe ons in Junie daar was.
Liewer bang Jan, as siek Jan.
Môre môre, so van die KNP…
Môre môre, so van die KNP gepraat, dit is nog 181 dae oor voor ek en Len inklok vir dag 1 vir ons wildtuin kuier.
Welkom Shaun
Bly jy gesels weer saam. Jy moenie so wegraak nie, dit maak mens bekommerd.
Waar het julle rondgeswerf, of hou jou werk jou van die forum af??
Nog hier maar
Middag se almal Wessel maar besig gewees met my ma se probleme in phallas , lus vir forum geblus het wel nou en dan geloer wat aangaan en ja werk hou my en Berdien tans besig asook kinders en hulle dinge
Waar is Warren
Leef ons Engelsman nog? Hy was darem baie lanklaas hier.
Herman...
Middag neef, goed om te sien jy het tyd vir die forum. Ek het aanvaar dat jy besig is met voorbereiding vir die groot dag môre.
Ek raai dat die feesvieringe in jou "Auchterlonie" huis gaan plaasvind. Dra my simpatie aan Yvonne oor, vir die regstaan en bontstaan
Goeie nuus...
Goeie môre julle, vandag kan ek dit met julle deel, nee ons gaan nie nou kamp nie. So 'n paar maande terug is my skoon seun met velkanker gediagnoseer, op se penis en was erg traumaties vir hulle. Na baie gebede is hy toe Pretoria toe vit n lasar operasie en vel oorplanting. Alles het goed afgeloop en daar is weer 'n scan gedoen, alles is nou weer skoon en is ons baie dankbaar daarvoor. Die dokters reken dat sou die kanker versprei het vandaar dit baie gevaarlik kon wees. Ons God is groot en almagtig. Ons hele familie juig en is saam met hulle bly en is nou lekker om met julle te kan deel.
Lapskag....
...ons is saam met julle bly. Dankie vir die deel van die wonderlike nuus.
Was n aangename tyd. Twee…
Was n aangename tyd. Twee couples van Gansbaai, ouuu pêlle, menigte marathons, rugsakstappe en bosvakansies saam gedoen. Maar ai, die lywe is nou naby aan klaar. Een loop met 2 yster heupe, knieg en skouer. Hy skuifel nou soos n krap rond. Op sy dag was hy ń yster van ń man WP driekamp tot in sy meesters jare. Hy is nou 74.
Ander maat, nou 72, verbeel hom hy is nog jonk. Lyk soos n potlood met n boepie, en "trap" sy lektriese fiets totdat hy moeg word ??
Donderdag middag begin, en vanoggend klaar gemaak, almal is huis toe. Ek en Von het sinus van al die rooiwyn. Die ouman het vir my 4 kisses van ń gunsteling gebring. Raka se "spliced" en ons het behoorlik mekaar voorspoed toegewens.
Gesondheid.





Wildtuin- en/of see-vakansies
Ek is in die gelukkige posisie dat ek, my annerhelfte en ons kinders gek is oor beide vakansie-bestemmings. Terwyl ek nog gewerk het en die kinders nog in die huis was, het ons in Julie Wildtuin toe gegaan en na Kersfees was ons altyd by die see.
Noudat ons twee oumense alleen is, geniet ons steeds die see by Hartenbos (gewoonlik in Februarie) en ons Wildtuin-vakansie in Meimaand. Stygende kostes het ons genoop om 'n bietjie briek aan te draai, maar ons probeer steeds jaarliks om by die Kruger Wildtuin uit te kom. Vir my is dit 'n wonderlike plek om af te skaal van die gejaagde lewe in 'n stad (al is jy 'n pensioenaris) en net om die natuur en natuurlewe in te neem. Ons is gelukkig verby die stadium om van die oggend tot die aand rond te ry opsoek na wild. Ons ry wel rond, maar teen 'n stadige tempo en put genot uit 'n rustige kamplewe.