Môre vriende
So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.
Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af.
Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.
Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie.
Ag kom nou....
Len, alles het 'n prys, of hoe. Jy kan mos agterkom Herman het sy oog op jou wa.![]()
Nou ja, bly julle net gefokus op gesondword en Mei 2024. Ek sien juis vandag in 'n koerant dat Sanparke groot opgraderingsplanne het vie die komende jaar. Tot 'n nuwe ablusieblok vir Twee Rivieren.
Volkswagen + Toyota
Ek sien dat VW ook nou 'n baie duidelike boodskap aan ons regering gerig het. Kry dinge soos elektrisiteit, en logistiek reg. Ook gesê dat dit nie sin maak vir VW om sukkelend hier te probeer voertuie bou, vêr van die mark af nie. Die boodskap was----ons is nie hier vir plaaslike liefdadigheid nie.
Verlede jaar het Toyota net so 'n sterk boodskap gehad vir die regering.
Ek sien die skrif aan die muur. Die regering sal moet presteer, of die land verloor baie werkgeleenthede en valuta.
Nuwe hek by Phalaborwa
Gepraat van opgradering by SANPARKE, ek kan nie onthou of ek na ons toer in Julie vertel het dat hulle besig is om ‘n nuwe hek (eintlik kompleks) te bou by Phalaborwa nie. Dit is baie groter as die bestaande fasiliteit, en strek ‘n hele ent na die Suide van die bestaande fasiliteit. As dit gaan help dat mens vinniger by die hek kan inkom sal ek bly wees. Ek het ook gehoor hulle toets nou ‘n kontantlose stelsel waar mens vooraf aanlyn jou permit kan kry. Dit sal darem ook baie help. Al wat sleg is, is die nuwe hek in Giyani se omstreke wat gaan veroorsaak dat Shingwedzi se omgewing deur dagbesoekers bederf gaan word.
Motor vervaardiging
Op daardie onderwerp Wessel; ek sien ook dat VW se globale baas (hy was voorheen die plaaslike baas) gesê het hulle gaan nie in die afsienbare toekoms onttrek nie. Hulle het nog planne om ‘n kleiner bakkie op die Polo se onderstel te bou, en alle regterhand stuur Polo’s en die Polo GTI word net hier gemaak. Hy het ook gesê dat SA weens die plaaslike beskikbaarheid van lithium en kobalt baie goed sal kan vaar as EV battery vervaardiger. Hopelik neem iemand kennis.
Ek sien ook Ford se Silverton aanleg gaan die eerste wees om die hibriede Ranger te vervaardiger. Hulle het ook internasionale bakkie van die jaar gewen alhoewel dit gedeel word tussen die Ranger en Amarok wat beide daar vervaardig word (die nuwe Amarok net daar - nêrens anders in die wêreld nie).
Soos jy seg....
" hopenlik neem iemand kennis".
Ek verstaan waarom die plaaslike VW dame probeer vure doodslaan. Daar is sekerlik paniek plaaslik, na die Duitser se waarskuwing. Dalk stem die werkers volgende jaar reg.
As die hawens se probleme…
As die hawens se probleme nie uitgesorteer kan word nie, en vinnig ook, is die vooruitsigte regtig donker. Ek lees van ń magdom skepe wat buite hawens lê en wag om afgelaai te word, en ons uitvoere wat in die veld staan en wag om opgaai te word. Sommige met bederfbare goedere.
Vandag gehoor dat VW met afleggings begin. Rede glo dat hulle nie meer kompeterend is nie. Dalk n vermomde strategie vir afskaal en later hoedjie vasdruk.
Mittal staal…
Mittal staal.............................................maak sy Vereeniging en Newcastle aanlegte toe aan die einde van Mei volgende jaar.
Personeel gister ingelig. As dit Force Majeure is kry die personeel nie 'n sent nie. Die samesmelting met die Indiese maatskappy het toe nie gewerk nie.
Mittal....
Ek het nounet die berigte gelees. Daarvolgens twyfel ek of dit " force majeure" kan wees. Dit klink/lees eerder na besigheidsbesluitneming gebaseer weereens op swak logistiek en gebrek aan elektrisiteit.
Nog 'n eens magtige organsasie wat ten gronde gegaan het.
As 'n oud-Vanderbijlparker…
As 'n oud-Vanderbijlparker maak so iets seer, ek voel vir die mense in Vereeniging en Newcastle (terloops 'n derde aanleg word ook gesluit). Dit los Mittal nou met slegs die Vanderbijlpark fabriek wat in alle geval nie naby vol kapasiteit meer werk nie. Verandering van die Yskor na Mittal eienaarskap was traumaties, dit het in wese die einde van die Vaaldriehoek as swaar industriële spilpunt beteken (en Antie Marietjie met haar boere verneukspul het nog 'n verdere paar duisend mense oor die finasiële afgrond gehelp). Ek kom nog af en toe in daai omgewing en dis hartseer om die geweldige agteruitgang te sien, strate waar ons as kinders resies gejaag het met fietse is nou slegs een groot slaggat, byna alles lyk vervalle. Meer skrikwekkend is die algehele inmekaar stort van die groter nasionale ekonomie, myngroepe is besig met afleggings prosesse wat 10 000+ mense gaan raak (Oom Cereal vra glo dat hulle die afleggings uitstel tot na die 2024 verkiesing), VW maak wegloop geluide (terloops VW is besig met 'n globale herbesinning van sy vervaardigings aanlegte en SA word spesifiek uitgewys as die probleemkind, die bedryf beweeg na EV's en SA is nie die belegging werd om in hierdie rigting te beweeg nie, pas gelees dat daar maar 500 EV's verlede jaar hier verkoop is, nie juis 'n rede om die voertuie hier te vervaardig nie. Voeg by die onder presterende SOE's soos Eskom, Transnet, Prasa, Poskantoor, Denel, ensovoorts dan lyk dinge nie te goed nie. Dan nog die onstabiele arbeidsmag (vakbonde) en ons het 'n perfekte storm wat kom. In tussentyd belowe die Minister van Donkerte en sy baas Oom Cereal dat beurtkrag binnekort iets van die verlede sal wees. Genoeg om mens na Prozak te dryf! Maar met die komende nasionale gesondheids versekering sal die goed seker ook binnekort nie meer beskikbaar wees nie. Erens moet daar 'n ligpunt en geleenthede wees....moet die verdomde ding net kan opspoor.
Vanderbijlparker
Klein wereld. Was op laerskool in Vaderbijlpark graad 1 1963 t0t 1967. Onthou nog die David beeldjie met die vyeblaar so in n sirkel, en die sopkombuis fliek. My ou vader was n kraandrywer by Yskor, en het die groot Ladles vol gesmelte staal rondgery. Die Kerspartytjies van die fabriek was n grrot hoogtepunt. Elkeen het nie minder as drie geskenke gekry nie, almal was so in n groot saal, en dan word jou naam gelees, en jy gaan kry jou persente op die verhoog. Ons het verhuis na Middelburg , pa het by RMB, ek dink dit was vlekvrye staal aanleg gaan werk.
So iets vreemd. In 1963 toe ek graad 1 toe is, was ek eers in Laerskool Wording. Daar was mongooltjies ook, en ek was vreeslik bang vir hulle. In graad 2 is ek oor na Totius.
Ons het op die Staalrus plotte gebly waar pa lekker geboer het met sy groente, heuning en n melkbees.
Baie naweke saam pa gaan visvang in die Vaalrivier in n ou kloktent met n paar lilio,s en n primus stoof. Goeie tye gewees.
Moeilikste jaar op skool
Was op laerskool in Vaderbijlpark graad 1 1963 t0t 1967.
Dit klink soos daardie grappie toe hulle vir Van gevra het wat was sy moeilikste jaar op skool. Oom Neef s’n was duidelik die vyf jaar in graad 1.
Mens rammel...
...geen goeie kursus af nie. Dit word deeglik gedoen sodat grondslag stewig inplek is.
Of, dit was 'n besonderse mooi juffrou.
FORD ook gewaarsku
Ek sien in die nuus dat FORD ook sy stem gevoeg het by Toyota en Volkswagen. Dieselfde pleidooi, kry energie krisis opgelos, maak 'n plan met stakings en kry hawens en logistiek aan die werk. Kritiese komponente moet ten duurste ingevlieg word sodat aanlegte aan die rol kan bly.
Ek verstaan nie politiek nie. Waarom wil SA enigsins oorweeg om volle elektriese en/of hibriede plaaslik op die paaie te kry? ESKOM kan dan nie eers die ligte aanhou nie.
Hulle wil nie
Waarom wil SA enigsins oorweeg om volle elektriese en/of hibriede plaaslik op die paaie te kry?
As hulle wou, sou hulle insentiewe gebied het daarvoor. Hulle doen dit egter nie, so EV is baie duur. As ‘n pendelvoertuig sou ‘n EV vir my en meeste ander inwoners van Worcester goed gewerk het. Die dorp is klein en die afstande kort. Ons plaaslike winkelsentrum het selfs twee parkeerplekke waar jy die batterye kan laai.
Maar ons regering het ‘n totale ander fokus as om die nuttelose asem wat die president tans in Dubai mors ernstig op te neem, of om die land te laat werk en te “buig” tot die wense van die groot nywerhede wat welvaart skep en werk voorsien se pleidooi dat die regerings geskepte uitdagings soos beurtkrag en arbeidsonrus mee weggedoen moet word.
Ons regerende party se eerste doel is die NDR (waarmee hulle puik vaar) en die tweede om in mag te bly sodat hulle alles wat opgebou is heeltemal kan afbreek en dit vervang met sosialisme.
Ongelukkig beweeg die res…
Ongelukkig beweeg die res van die wereld na EVs toe, Lande soos die VK het reeds spertye gestel waarna petrol/diesel voertuie se verkoop verbied word (2035). Uiteraard dryf dit groot vervaardigers tot 'n herbesinning van hulle produk strategieë. In praktyk mag ander realiteite hierdie spertye effe laat uitskuif maar feit is dit kom. Ek sou dink dat ons erens tussen 2035 en 2040 dalk 'n tweestroom voertuigmark kan sien, iets soos 'n 1ste wereld wat na volle EVs toe oorskakel and "die res" wat sal vasklou aan fosiel brandstowwe maar lg sal uiteindelik ook moet aanbeweeg, of hulle politici en markte daarvan hou of nie. Nou ja, 2040+ gaan ons klomp ou omies nie juis raak nie, meeste van ons sal dan nog net 'n loopraam mag bestuur...dink net die lekker debatte op Huis Onrus se stoep...dalk 'n Ford loopraam vs. Toyota loopraam debat, of "mag jy jou loopraam met water skoonspuit?"! Ek het dit al voorheen genoem,,,ek het 'n aanbieding klompie jare terug bygewoon deur Juergen Schrempp, hy was voorheen Mercedes SA se hoofbestuurder en op daai tydstip een van die Mercedes Duitsland se snr bestuurders. Hy het toe al die voortbestaan van Mercedes se SA fabriek bevraagteken (en dit was voor Eskom se dinge) - terloops Mercedes het reeds aangekondig dat vanaf 2025 alle nuwe voertuie se argitektuur ten volle elektries sal wees. Dis in lyn met meeste van die groot voertuig vervaardigers.





Daar is...........................
................absoluut geen sprake daarvan dat ek van my twee geliefste besittings ontslae sal raak nie, vir geen geld in die wêreld nie. Dié twee gee my soveel genot en tevredenheid dat ek met niks anders tevrede sal wees nie.
Die grootte van die Exclusive pla my werklik geensins nie en as ek hom nie meer kan hanteer nie, sal ek ook met 'n kruiwa sukkel. Maar, ek is nie dom-astrant nie en sal as ons twee se gesodheid hou, ons kampskoene oor 4 jaar ophang en dan ook 'n paar ander lewensuitkyke moet aanpas.
Die fokus is egter nou op Mei 2024 !