6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -6 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago

November klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.

Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af. 

Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.

Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 03/11/2023 - 18:51

Eintlik moet ek net verby hou, maar wragties dit kan nie.

Hoe op aarde kan mens dag in en dag uit net die negatief in als sien. Is n positiewe uitkyk nou n gesien as n swak houding?

Wat van n bietjie seeninge tel, dit gaan baie sleg met baie ander. Spreekwoordelik met die brood onder die arm kla.

Ek is dankbaar dat 1995 gebeur het. Hoe anders sou dit vandag in die land wees as dit in ń burgeroorlog ontaard het. Ek was díe tyd op die grond, en aktief.

Lees gister van die gemiddelde verdienste in SA. Ek sal n brief skryf dat hier ń paar in die top 1% is, en die meeste ander in die top10%. Have's and have not is die realiteit. So die balans moet herstel word. Die wat aanpas sal deurdruk. Die wat nie by verandering kan of wil aanpas nie.... 

Wie kan die 55 Miljoen wat dankbaar is dat hy vandag menswaardig sonder n pasboek loop oorred dat hy vir n " wit party" moet stem, nee wat, 

Myns insiens is die manier om die probleem aan te spreek, na die geskiedenis te gaan kyk van ons volk se oorlewingstrategie. Gaan lees aandagtig hoe die politiek, na die vryhydsoorlog van 1900 verloop het in ons land. 

Groete.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/11/2023 - 07:06

net verby hou, of heeltemal my bek hou.

Daar is sekerlik geen fout met seëninge tel nie. Inderwaarheid is dit 'n opdrag aan almal, veral aan die wat voor in die kerk sit soos skerpioen seg. Persoonlik het ek nog net deur kniediep water geloop, invergelyking met van ons ander forummaters. Net die week het ek met asem ophou voor dokter gesit om te wag vir uitslae van bloedtoetse, om dan die wind te los, as alles as gesond verklaar word.

Ek stem saam dat die 1991 era 'n groot burgeroorlog voorkom het, en ek is dankbaar daarvoor. Desnieteenstaande moet ons mooi besin, vind die volksmoord nie dalk plaas teen 'n gestadigde tempo nie. Ek is van mening dat daar by al die bevolkingsgroepe, persone te vinde is met verdraagsaamheid vir sy medemens. Ongelukkig is daar altyd 'n Gauss verdeling van gedrag.

Dit het ongelukkig die effek dat 'n persentasie van die populasie steeds haatdraend is, opsweepbaar is, en wat dit stook. Jan alleman kan egter weinig daaraan doen, net so min ook aan die werkloosheidsyfer en dispariteit in salarisse. 

Die situasie in die land kan net herstel na vooruitgang, verdraagsaamheid teenoor almal, as almal die holistiese prentjie kan verstaan. Dit is om te besef dat daar nooit gelykheid in salarisse kan wees nie, daar altyd iemand sal wees wat beter af is. Dat ek nie dieselfde huis, voertuie, mediese fonds, hospitalisasie, studiegeleenthede kan bekostig nie. So kan ons aanhou, om te gaan studeer aan 'n universiteit of ander instansie, nie 'n opsie is omdat ek nie kan werk kry nie. Dit bly 'n voorreg en is nie 'n reg nie.

 

Die vraag is, kan die 55 miljoen landsburgers onderskei tussen die "haves and have nots"?   Kom ons laat die toppresteerders wat hulle besighede/maatskappye opgebou het, eers uit die prentjie. Fokus bietjie op die dispariteite van salarisse in publieke sektor. Die blatante diskriminasie teen die "vooraf bevoorregtes", volgens 'n sekere groep se oordeel. Waar ongeag van bevoegdheid en ervaring, ten koste van die instansie se vooruitgang, nou gediskrimineer word. 

Ek stem saam, die 55 miljoen stem vir die party wat hulle bevry het, omdat hulle steeds net daarin vaskyk. Daarmee is hulle tevrede, ongeag die feit dat daar nie werk geskep word nie, ongeag dat die land wanbestuur word, en ongeag dat selfverryking van juis daardie party wat op grootskaal plaasvind. 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/11/2023 - 08:03

ek lees nounet in Maroela media die berig, soos hierbo getiteld, die kommentare op die MTBR. Dit is geskryf deur Megan Swart, gedateer 4 November.

Ek is van mening dat die ekonome die spyker op die kop slaan, betreffende die landspenarie

Worcester

Wildehont

Sat, 04/11/2023 - 09:42

Is jy geseënd? Kyk watter een jy sou wees as daar net 100 mense in die wêreld was. En neem in ag dat die prentjie heel anders lyk in SA, die mees ongelyke land in die wêreld. 
 

If the World were 100 PEOPLE:

50 would be female
50 would be male 

25 would be children
There would be 75 adults,
9 of whom would be 65 and older

There would be:
60 Asians
16 Africans
14 people from the Americas
10 Europeans

31 Christians
23 Muslims
16 people who would not be aligned with a religion
15 Hindus
7 Buddhists
8 people who practice other religions

12 would speak Chinese
6 would speak Spanish
5 would speak English
4 would speak Hindi
3 would speak Arabic
3 would speak Bengali
3 would speak Portuguese
2 would speak Russian
2 would speak Japanese
60 would speak other languages

86 would be able to read and write; 14 would not 

7 would have a college degree
40 would have an Internet connection

78 people would have a place to shelter them
from the wind and the rain, but 22 would not 

1 would be dying of starvation
11 would be undernourished
22 would be overweight 

91 would have access to safe drinking water
9 people would have no clean, safe water to drink
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/11/2023 - 10:12

dis nou vanoggend my lot om aan die huwelik te werk.

Beterhelfte wil vandag, hu wil ek;

drie rose geplant kry

hier moet struike inkom

die fucias en fyn strontjies moet in die bakke kom

Nou ja, sy moet nou kos maak, want hierdie tuinhulp loop swaar op kos. My 2de naam is Prado.laugh

 

Worcester

Wildehont

Sat, 04/11/2023 - 13:53

Ek het nou so uur aan tuinwerk spandeer terwyl die son seker op sy warmste is. Dit was nie ‘n slim plan nie. Ek hoop jy is wyser as ek Wessel. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/11/2023 - 15:09

Die son het my ook gevang. Dit het nie bewolk gebly nie en ek het ook in warm weer klaargemaak.

Beterhelfte is effe knorrig na die "hu wil ek" takies want, ek het formeel die graaf neergesit en geprotesteer. Volgende tuin sessie sal amptelik begin om 05h00 om te eindig op 07h30. Indien dit onaanvaarbaar is, sal spit en plant eers hervat word in die winter. 

Worcester se somer middag son is ook nie 'n mens se maat nie. Dan sit mens in die diep skadu met 'n koue dop. 

Worcester

Wildehont

Sat, 04/11/2023 - 15:30

Worcester se somer middag son is ook nie 'n mens se maat nie. Dan sit mens in die diep skadu met 'n koue dop. 

Dit is vandag ‘n lieflike dag maar dis nog lank nie somer nie. Wag tot Jan en Feb. Dan raak dit warm hier. Vandag is net 26 maksimum. Maar dis natuurlik in die skaduwee.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 11:02

Môre mater

Aangesien jou opmerking niks met rugby te make het nie, vra ek sommer hier;

Wat het u teen die Krugerwildtuin?? Strek jou aversie ook na ander wildtuine. 

Jy is natuurlik geregtig op jou voor- en afkeure, en ek sal dit nie persoonlik teen jou hou nie.laughTog is ek nuuskierig waarom jy nie van Kruger hou nie.

Teen die tyd is dit algemeen bekend dat ek van Kruger hou, maar nie van die olifante nie. Sodanig so dat ek my eie blaker skop oor ek alweer in Tsendze bespreek het.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 12:53

Mensig dit reen lekker by ons. Vanoggend so 5uur begin, en ononderbroke nog die hele tyd. Netnou met vêrkyker geloer, die meter wys 30mm alreeds.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 07/11/2023 - 13:14

Hi Wessel 

Ja dit reën lekker selfs hier in Pretoria. Ek moes nou op die stoep/braai area se dak klim want die geut is verstop en die water stroom teen die binnemuur af. Gelukkig is alles geteël so daar is nie skade nie net skoon en droogmaak werk wat wag.

My se vrou is/was baie ongelukkig want die weer is swaar dis nat ek ek is nog so half op die krukkelys die leer is nat ens ens.

Die verstopping............Die honde se tennisballe wat SY op die dak gooi omdat die brakke as hulle eers begin bal speel nie wil ophou nie.

Nodeloos om te sê daar is nie verder gekla oor my op die dak klimmery in die reên nie.

Groetnis

Irene

Grootwind

Tue, 07/11/2023 - 13:23

Wessel, persoonlik het ek niks teen die KNP nie, was al 'n paar keer daar gewees (sonder karavaan). Maar soos my se baas sê, na 3 of 4 dae raak dit effe vervelig! Ons is en bly maar see mense, so dis wat ons verkies.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 13:32

wys jou net hoe mense verskil.Praat van vervelig, dis nou die see vir my. Elke brander lyk dieselfde, net nr 7 is dalk effe groter en lekkerder om te ry.

Ek is ook elke jaar Oos London toe, die kinders het dit altyd geniet, nou weet ek nie wat ek daar sal maak nie.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 07/11/2023 - 13:57

Wel dit moet baie reën die laagwaterbrug by Capital Park is oorstroom en so ook die Hennops revier in Centurion waar al die laagwater brue toegemaak is.

 

Irene

Grootwind

Tue, 07/11/2023 - 14:05

Nav die onlangse (party redelik naby aan beledigende) plasings het ek beginne wonder (ek doen my beste wonder as dit so aanhoudend reën!). Waarom spandeer mens soveel (te veel?) tyd aan forums? Party is 'n "no-brainer" maar ander laat mens wonder. In reaksie het ek begin om na oa. hierdie forum se waarde (vir my) te kyk. Dink dinge wat waarde toevoeg sou bv voorbeeld skouerskuur met mense wat dieselfde belangstellings het, bou van netwerke, hulp/raad (bv. pad toestande, inligting oor oorde), "tips", en sekerlik ander goed. Ek het iets interessants opgemerk. Hierdie forum, as ek die stats en ledelys reg verstaan, het iets soos 1700+ lede waarvan party  soos Arie nog as lid gewys word maar nie meer in die lewe is nie of eenvoudig verdwyn het en nie meer aktief is nie. Ogeag met so 'n groot ledetal behoort die forum heelwat waarde te kan toevoeg. In werklikheid is dit meestal dieselfde 10 of 12 mense wat aktief deelneem - dis maar 0.7% (nie juis 'n netwerk van mense met dieselfde belangstelling nie!) Ek sien nie dat ek 'n regmerkie by enige waarde toevoegings item kan maak nie? Of mis ek iets? Dalk moet ek op die bed gaan lê tot ek beter voel?

Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 07/11/2023 - 14:52

Na amper 6 jaar het ek hierdie jaar begin saamgesels.  Die daaglikse lede hier aanvaar nie sommer 'n nuweling in hulle speelgroepie nie.   Dis seker een van die redes hoekom daar net 'n 0.7% deelname is en so sal bly. 

Die forum kort 'n kontak lys waar lede mekaar privaat kan kontak voordat verskille hand uitruk. Na ek my kontak nommer hier geplaas het was my verbasing groot toe ou vriende hier en van CP my gekontak het.  Tot hulle was eens dat die forum net oor 10 mense gaan en nie nuwelinge aanvaar nie.   Jy kan alles doen solank jy net dieselde doen en sê  as die 10 aktiewe lede.  Dis eintlik hartseer. 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 15:13

Soos Grootwind hierbo noem, wonder ek soms ook oor die forum. 

Dit is ongelukkig 'n feit dat slegs letterlik 'n handjievol lede gereeld aktief deelneem. Ek het ook opgemerk dat sommige persone aansluit, slegs om enkele inligting te bekom, en dan doodstil raak.

Ek is dus bekommerd dat die paar lede wat gereeld deelneem ander lesers/ingeskrewe lede afskrik. Introspeksie is sekerlik aan die orde van die dag.

Ek vind waarde in die forum, soos om navrae te rig oor oorde, paaie algemene kampeer verwante aangeleenthede. So het ek al legio goeie raad en voorstelle bekom in die verband. 

Ek geniet die feit dat ek in my taal hier kan meedoen, en nie gedwing word om 'n ander taal te besig nie. Dit dalk dalk onomwonde gestel word dat die forum NIE uitsluitlik vir afrikaanssprekendes is NIE. Wel, ek is onder die indruk dat Engelse insettte op die forum net so welkom is. Dit mag dalk gebeur dat 'n reaksie op so 'n inset in Afrikaans mag wees. 

Waarom spandeer mens soveel tyd aan die forum?? Sekerlik omdat ek sekere belangstellings met ander lede deel. Dalk sommer om ander se idees en denke te hoor oor onderwerpe. 'n Groot genot vir my is om met mense te gesels wat ek nog nooit aan huis was nie, en dalk nooit van aangesig tot aangesig sal ontmoed nie. 

Hoewel ons nie almal vir dieselfde span skree nie, nie so passievol oor die see is nie, en nie almal wit Hiluxe ry nie, wil ek graag glo dat as ek op iemand se nommer [wat ek nie het nie] gaan druk vir hulp, ek dit in oormaat gaan kry. Daarvan kan ek getuig.

 

    

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 15:24

Middag Anton

Is daar 'n manier dat lede se kontakbesonderhede op die forum beskikbaar is vir ander lede?? 

As ek byvoorbeeld in die Kaap langs die pad gaan staan, kan ek darem Len se foonnr dan opspoor en hom vir hulp bel. Dis nou as voorbeeld. Net so as ek erens naby Bloemfontein probleme kry, kan ek darem op Skerpioen se angel trap vir hulp. 

Ek weet nie hoe ander lede daaroor voel nie, maar ek is bereid om my nommer te verskaf aan my forumvriende. Die vraag is net hoe doen mens dit veilig. Gebruik mens die epos adresse onder "contact"??

  

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 16:33

... dat nuwelinge so 'n persepsie het. Ek is dan ook een van die skuldiges daaraan.

Die vraag is nou, hoe stel mens dit reg?? Om te onttrek is nie die antwoord nie, ek geniet die forum te veel. 

Oordonder die pensioenarisse die insette, bloot omdat ons te veel tyd het, teenoor nuwelinge wat moontlik aktief nog werksaam is.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 07/11/2023 - 16:39

Hierdie man sal nie maklik vriende kontak om hulp voordat hy nie al die roetes en planne probeer het nie. Vir my is dit dat jy jou probleme n vriend sin maak. 

Veral op die forum, waar ek nie eers die person ontmoet het nie.

Baie forum vriende het my al gehelp om n onderdeel te bekom, of iets te gaan beloer, dit waardeer ek baie, en sal enige dag dieselfde doen. Hele klomp jare gelede was ek gekontak om asb n wa in George te gaan inspekteer. Gedink dit is effe rof vir my om amper 400km af te lê, maar het dit gedoen. Nooit terugvoer gekry nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus