6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -6 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -7 hours ago

November klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

So het November aangebreek, wel ek hoop my rekenaar is korrek, wat dit so toon.

Dit was opvallend om na die gewildheids-meter te kyk, en te merk hoe vinnig die belangstelling geswaai het, weg van die rugby gesprek af. 

Die aantal werksdae na Krismis toe word al hoe minder, en dit is ook met 'n verkiesingsfoefie/stemme werf aksie met 1 verminder.

Persone wat ook hulle kersgeskenke betyds wil ontvang, moet ook maar nou hulle bestellings by motorhawens en wonwaverskaffers gaan plaas, as hulle dit nie reeds gedoen het nie. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/11/2023 - 05:49

....vir my nie. Dit klink of die geselligheid van om die vuur gesels ontbreek. Boonop kan dit die drinktyd aansienlik, of totaal verkort.

Hier by ons is 'n slaghuis waar mens nou 21 dae verouder RUMP kan koop, teen 'n stewige prys. Dit smelt omtrent in jou mond.

In plaas van daar koop, koop ek teen R40/kg goedkoper by 'n ander slaghuis ook vakuum verpakte vleis, maar laat lê dit dan vir nog so 7dae onder in die koelkas om verder te verouder. Die eindresultaat smaak amper dieselfde. Die ekstra tyd is gebaseer op die slagter se inset oor hoe lank hulle vleis laat hang voordat hulle dit verpak en op rakke plaas.

O ja, my kombuis is te klein, ek en Marie kan kwalik saam voor die mikrogolf staan en staar.laugh

Vaalpark

Johann L

Thu, 23/11/2023 - 06:20

Nee wraggies, vleis "braai" in mikrogolf🙈🥩

Mikrogolf word hier uitsluitlik net vir warm maak van kos gebruik, die ding staan dus hier meer vir die "mooigeid" as iets anders.

Pretoria

Geert

Thu, 23/11/2023 - 06:45

Soos hulle op lambschops program sê....as jy gaan vleis koop om in pan of microwave gaar te maak, moenie jou handsak tuis vergeet nie.....en onthou die handskoene

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/11/2023 - 06:34

Môre vriende

Ek geniet dit om my dag te begin met koerante deurkyk, en dan die humor van Zapiro in Daily Maverick. Die laaste 2 sketse is weer uit die boeke uit.

So van politieke nuus gepraat, dalk moet ons solank begin gesels oor wie die volgende president van die land gaan wees, of liewer nie!!!

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/11/2023 - 07:18

Môre, moet nou nie 'n ding begin nie. Ek nomineer jou sommer vir die paplepel toekenning, 2de prys 'n kabinetspos in die rowwe bedeling.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/11/2023 - 12:26

Mensig dis warm hier in Brits. Ek dink dat die hele afgelope week, en nog tot Maandagaand, die dag temperature bo 37 C is. Jou huis koel net nie meer af nie.

My lyf beheerpaneel het nounet uitgeskop. Nou is dit kaalbas voor 'n waaier op teëlvloer.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/11/2023 - 20:28

Naand Herman, die erge temperature. Die maks. is nog so 4 grade meer as die maks in Brits.

As dit so warm is, sal mens net vroegoggend en laat namiddag diere te siene kry.  Hulle gaan kruip ook maar weg in die koelte kolle. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/11/2023 - 20:53

Ek sien julle ouens daarbo (en elders) lewe maar swaar met die hitte daarso.  Hier onder by ons in Kaapstad is dit heerlike weer so in die omgewing van 20º plus, maar die verdomde suidooste wind is 'n pes.  Ons bure hier by Worcester en verder aan tot by Beaufort-wes asook hier teen die weskus op na Vredendal se wêreld leef ook maar swaar met die hitte.  Ons maksimum voorspel vir môre is 28º en daarna daal dit stelsematig weer af na 20º later in die week.  Moed hou manne, die winter kom nader en 'n Wildtuin-vakansie ook!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/11/2023 - 21:12

Ek is deeglik bewus daarvan dat die meeste ouballies hier op die forum hou nie van swembaddens nie en daarom die opskrif van hierdie plasing sodat diegene verby kan hou en nie hoef te lees nie.

Ek het elders gespog hoe ek self (en my tuinman moet ek byvoeg) my swembad se lekkende pyp vervang het.  Intussen het die swembad se chloronator na 18 jaar getroue diens ook gegroet  - ek het dit oopgemaak en gesien die transformator het uitgebrand.  'n Nuwe kos R6 000 en daarvoor het ek nie kans gesien nie. 'n Google soektog bring my toe in verbinding met 'n klein onderneming in die suidelike voorstede van Kaapstad wat onderneem het om te soek vir 'n gebruikte transformator omdat myne lank nie meer in produksie is nie.  Na drie weke kry ek 'n oproep om my chloronator in te bring sodat hulle 'n goeie, werkende, gebruikte transformator kan oorbou in myne.  Ek kon die eindproduk vandag gaan haal en het toe die herinstallering vanmiddag gedoen en............die spulletjie werk weer soos 'n bom !  Koste R1 300  -  nie te sleg nie teenoor die prys van 'n nuwe.

En nou vir julle ouballies wat nie van swembaddens hou nie : hoekom het julle my storie gelees ?

Pretoria

Geert

Sun, 26/11/2023 - 01:40

Het iemand nog kontak met Chris Boucher? Gaan hy nie meer wil terugkom nie? Mis sy lekker vertellinge van kamp ervarings en beplannings

Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/11/2023 - 05:42

Môre Geert

Ek het hom al gekontak, en gevra om te heroorweeg. Ek dink ons moet maar wag en kyk. 

Ek glo die grootste gros van die forum mis die ou se insette.

Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 26/11/2023 - 07:31

Goeie môre julle, hier in J'baai is dit ook lekker weer vir 'n paar dae al, die wind het so 'n bietjie bedaar wat die dae lekker maak. Is wel warm in die son maar leefbaar, saam met die 2dae se bewolkte weer soo 'n bietjie bedompig. Ek verstaan dat die binneland vrek warm kry. Lekker dag vir julle. 

Worcester

Wildehont

Sun, 26/11/2023 - 20:53

Dankie Oom Neef. Pragtige foto. Tydens ons eerste besoek aan Kgalagadi het ons ‘n maanhaar ervaar wat ‘n hiëna amper in ons kar ingejaag het. Kgalagadi is bobaas. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/11/2023 - 08:04

Môre Hennie

Skielik dink ek aan jou wat wil verhuis, moet hierdie erge hitte wees, wat my aan die Kaap laat dink het. 

Hoe vorder julle met verkoop, koop en verhuis.?? 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus