6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Was jy al ge-scam?

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ek kry deesdae so baie scam eposse, sms'e en WhatsApps. Mens moet so op jou hoede wees om nie op verkeerde link te kliek nie.

Is een van julle al gevang met n scam.....of amper?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/11/2023 - 22:47

..............nog nie Geert  -  ek kry ook baie uitnodigings om ge-scam te word, maar hierdie oubaas was tot dusver nog wakker genoeg.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 05:47

Môre Geert

Al 'n paar keer amper gevang. Mens kry hierdie oproep van jou foon se diensverskaffer, dat hulle jou foon se simkaart wil ruil, of  afskakel. Jy moet 'n sekere nommer bevestig om dit te verhoed. So donners oortuigend dat mens dit amper doen. Hulle stuur dan die nommer per sms en jy moet bevestig. Doen jy dit nie, verloor jy gebruik van die simkaart en foonnommer.Gelukkig het ek dit nie gedoen nie.

Sit af na MTN, en my bank, wragtag beide instansies is bewus van die slenter. Wat seg hulle----oom moet net nie die nommer teruglees nie.

Die ander ene is waar iemand jou bel. Wil dan weet of jy bewus is van die belegging in jou naam, en hulle kan jou help om geld by jou uit te kry.

Die ergste is, na verloop van tyd, probeer die skelms dieselfde storie weer aan jou afsmeer. Ek herken nou al die persoon se stem en afrikaans, baie eie met jou. Al wat ek sê is-----ag hello ou skelm, gaan dit goed. Dan sit hy neer.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 06:23

Ek het gister die slenter brief hier onder ontvang. 
E-toll moet mal wees as hulle dink ek gaan soveel betaal vir daardie swak foto.

A

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 21/11/2023 - 07:07

Jy moet maar betaal Wildehont. Die rekenaar lees die regestrasienommer, nie ousus agter die bril nie. Spot net, teken beswaar aan en noem dat jy nie die registrasie op foto kan lees nie.

Scams kom so gereeld in eposse aan, dit is skrikwekkend. En slim pogings,bv Sars, Absa etc Die sender se epos adres is vermom met n paar ander didgets van die regte een, so mens moet maar skerp kyk. 

 

Pretoria

Geert

Tue, 21/11/2023 - 07:21

Ek het onlangs n oproep gekry van n bank dat iemand probeer bedrog pleeg via my rekening. Die persoon het al my detail gehad.....ID nommer, adres, alles. Al hoe ek agtergekom het dit is n scam is dat hy noem dat hy vanaf n bank bel waar ek geen rekening by het nie, anders sou ek heel moontlik gedink het dis legit

Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 07:38

Chris, jy kan mos die datums nagaan van wanneer die tolhekke gebruik is, en sien of jy daar gery het op daardie datums.

Worcester

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 07:44

Wessel, ek het nie eers gekyk nie maar dit was seker toe ons Kruger wildtuin toe was. Ek gaan dit egter nie betaal nie. Ek het laas e-tol betaal toe my vorige werkgewer dit namens my betaal het omdat hulle ‘n gelyste maatskappy was en dus nie kon weier nie. 

Irene

Grootwind

Tue, 21/11/2023 - 09:22

Wat bedoel julle met scam? Ek is teen die tyd skatryk met al die miljoene Euro en Dollar lotto's wat ek al gewen het, en dit sonder om 'n kaartjie te koop! Om nie eers te praat van die ryk familie lede van my wat sonder testament die tydelike met die ewige verwissel het en my as enigste familielid met miljoene gaan los nie uit die ou se boedel....ek moet seker die "klein" oordrag fooi van 'n paar duisend rand betaal!...nie eers geweet ek het familie in Nigerië nie! Vreemd, my bankbestuurder wil nie vir my 'n vet oortrokke rekening gee op grond van my miljoene se sekuriteit wat ek aanbied nielaugh 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 09:27

Dis OK, ons almal het familie waarvan ons of onbewus is, of liewer nie oor wil gesels nie. 

Wat egter slegter is, is om vriende te hê wat Hiluxe, Rangers en Land Rovers besit.laugh

Secunda

Sleep nou

Tue, 21/11/2023 - 09:36

Ek laas jaar n wattsup gekry ek het 5 miljoen dollar gewen in a trekking wat ek nog nooit aan deel geneem het nie ek moes R1000 inbetaal om geld los te maak die mense dink daar staan poepol op my gesig  ons almal moet maar beraat wees die ouens probeer allesno

Irene

Grootwind

Tue, 21/11/2023 - 11:11

Iemand probeer hard om pakkies vir my te stuur, kry nou minstens twee eposse per dag dat ek asseblief die uitstaande fooi moet betaal vir pakkies wat aan my afgelewer moet word - snaak s nie een epos is van dieselfde koerier af nie Kersfees gaan die jaar darem vol persente wees! Hoop julle is ook so gelukkig!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus