Was so 10 uur by ons stemlokaal, 50km van hier by ń amper plaas skool. Dit us nou die 3de keer wat ek daar stem, en iets wat treffend is, hoe stil dit is. Daar was niemand op dieselfde tyd as ek daar nie.
Selfs buite waar die I'd nagegaan is, het net die DA ń gazebo! In die verlede was dit anc en eff, en t hemde uitdeel, besig...
Die ander stasies, ek het Oudshoorn om terug gery, het op die oog af ook maar stil gelyk. So ek kan amper waag om te voorspel dat die wegbly stem baie gaan wees. Weet nie hoe dit in die stede gegaan het nie.
Masker gedra....
....stembus toe. Ons het so 14h30 gaan stem, en het maskers gedra om [a] nie varkgriep aan te steek nie en [2] sodat ons stemme nie gesteel word nie![]()
Baie besig gewees, en ons het pensioenaris ry gevat. Al te lekker sit-sit so tot voor, in veel korter ry. Ons was na so 45minute terug by die huis. Lekker gekuier met ou vriende in die rye, tyd het sommer gevlieg.
Stemme via rekenaar/ tablet?
By ons stem lokaal is dit altyd stil. Dink dis ons 5de of 6de keer wat ons hier stem en het nog nooit in n ry gestaan nie....elke keer gaan ons in en word direk gehelp. Weet nie of die area wat bedien word klein is nie....of mense stem nie?
Wonder wanneer gaan hulle rekenaar tegnologie inspan met stemmery. Kan nie moeilik wees nie. Soos stemlokaal sluit is uitslae reeds daar
Stem per rekenaar
In die jare 1975 het ons alreeds op Stellenbosch per rekenaar gestem. Almal het 'n ponskaart gekry en al wat jy hoef te doen was om gaatjie uit te druk teenoor die kandidaat vir wie jy wil stem. Ponskaarte is deur kaartleser gegooi, en ou Univac het deurlopend die uitslae uitgespoeg.
Ons stemlokaal hier in…
Ons stemlokaal hier in Centurion nog nooit so besig soos vandag ervaar nie, die lokaal het sowat 'n uur laat oopgemaak omrede "iemand" belangrike goed soos die merkpenne en stem bokse se seëls nie saamgebring het nie. Ons het sowat 2 ure in die ry gestaan, kon seker die oumens kortpad neem maar het eintlik die ry met sy entoesiastiese mense verkies. Die lang rye is skynbaar steeds daar. Moet ook byvoeg dat die OVK mense baie behulpsaam en effektief was (binne die saal was daar 4 rye (alfabeties) en 6 stem skerms). Dit dui by ons op 'n hoë stempersentasie...iets wat nie goed sal wees vir die "doomsday" groep van Cyril, Julius en Jakob nie
Prentjiemooi stemdag
Die herfs was baie gaaf. Ons het nog glad nie regtig koud gekry nie. Vandag is dit afgesluit met ‘n prentjiemooi Boland dag. Geen wind, lieflike sonskyn en al het die Ranger 19° gelees het dit soos 30° gevoel. Ek en die kinders het vanoggend heerlik gaan stap en gespeel in die plaaslike botaniese tuin.

Terwyl ons vanmiddag braai steek die wind op. Dis maar tipies die tyd van die jaar. So mooi, warm dag voorspel ‘n koue front. Hopelik bring dit reën. My grasperk kry swaar.
Stemdag in Satara
Ek is nou sommer gatvol - my hele inset verdwyn terwyl ek besig is om te tik.
Ons het die redelike lang toue mense uitgeskakel deur later, na middagete te gaan stem. Binne vyf minute is ons gehelp en klaar gestem. Ek kon tot teenaan die stem-tafels ry omdat Annatjie moeilik en met hulp moet loop. Toe die personeel sien hoe moeilik Annatjie loop en daar 'n klompie trappies was wat geklim moet word, toe bring hulle wraggies die stem-losie en die stembrief-boks na haar toe sodat sy nie die trappies hoef te klim nie. Uiters doeltreffend en vriendelike hulp van die OVK-personeel - ek is baie beïndruk.
Ons deel ook bygedra
Voorbereid vir 'n moontlike lang ry het ons so knap voor vyf vanmiddag by die munisipale kantoor (stemlokaal) aangekom. Ons was die enigste "stem-siele" - ingestap, drie vorms gekruis, en binne minute is ons daar uit. All dressed up and nowhere to go besluit ons om ietsie by 'n restaurant te gaan eet. 'n Paar van die dorpsmense vir wie Daan al ontmoet het het sommer gou by ons aangesluit en dit het in'n gesellige kuier ontaard om die kaggelvuur.
So is hierdie dag ook verby. Ek hoop die uitkoms sal gunstig wees.
Om in Satara te stem...
of enige plek in die wildtuin, is sekerlik baie spesiaal vir vakansiegangers - dit gebeur nie eens eenmaal in die meeste van ons se leeftye nie.
Baie bly dat sake reg verloop het vir julle, Len.
By ons was dit maar al te…
By ons was dit maar al te deurmekaar. 10 Uur in die ry geval en 5 ure later daar weg en toe is die ry wat wag nog net so lank as toe ons opgedaag het.
Diens was vrot veral vir die ou mensies en skielik moes die pensionarisse ouer as 70 wees en persone wat die ou mensies gebring het om te stem moes by die ander in die ry val om te kon stem. Soveel so dat daar later heelwat knorrige mense was.
Het nog nooit langer as 40 min in die verlede moes wag nie maar die ou by die sportgronde se stalletjie wat koeldrank koffie en worsbrode verkoop het het `n killing gemaak
Vinnig.
Ons was net na 11:00 hier by ons stemlokaal, die rye was lank en ek het nie kans gesien om in die ry te staan nie. Ons is toe terug huis toe, en na 13:00 weer terug.
Daar was geen oumens ry nie, en die ry was nog net so lank, die beheer beampte kom haal ons en vat ons na heel voor in die ry. Minder as 5 min en is klaar.
Elkeen met 'n baba in die…
Elkeen met 'n baba in die arm, het ons 'n vreeslike lang ry (2- 3 ure) vrygespring en binne 10 minute vandat ons met die kar gestop het totdat ons weer weggery het gaan stem.
Hier kom drama...(dalk)...
Sien tekens van 'n kommerwekkende uitslag...dis nou vlgs die WNNR se model wat in die verlede redelik akkuraat was (met 'n 2% foutmarge)....tans sit die ANC op omtrent 45% met die DA op 25%, WNNR voorspel dat die ANC ook rondom 45% gaan eindig met die DA op 21% (effe minder as in 2019), dan is die twee onheiliges naby mekaar erens tussen 12% en 14%....as dit so bly gaan Steenhuisen se "doomsday pact" vrese dalk bewaarheid word. Verstaan teen omtrent 6 uur vanaand behoort die tendense waarnatoe die uitslag gaan baie dudielik te wees...dit wil ook voorkom asof die stempersentasie heelwat minder as die 66% van 2019 gaan wees
So far so good
Met meer as die helfte van die stemme getel staan die DA darem nog bo 52% in die Wes-Kaap. Ek was bekommerd dat die PA die bruin stem en die VF+ die wit stem gaan wegvat by hulle. Ek dink die eg het wel gebeur, maar die lg nie juis nie.
Nasionaal gaan die ANC beslis nie die mas opkom nie. As die metro’s klaar getel is kan hulle aandeel dalk nog bietjie sak. Maar wie hulle kies as vennoot om soort van in beheer te bly maak my bekommerd. Hulle gaan vir Zuma of die EFF nodig hê. Eg is seker maar die lesser of two evils, maar steeds boosaardig.
Lees die tekens....
....reg. Ek dink dat die koalisie wat gevorm gaan word, tussen die ANC en DA gaan wees. Me Zille het reeds die aanvoorwerk gemaak met haar uitlatings. Sy het gesê dat alles moontlik gedoen moet word om enige ander denkende koalisie te keer, want dit sal land en ekonomie skaad.
Kan die beste oplossing wees
Die twee partye se kiesers gaan nie daarvan hou nie, maar ‘n koalisie tussen die ANC en DA kan die beste (minste skadelik maw) oplossing wees met die ANC wat hulle meerderheid gaan verloor. Ek kan enter nie sien dat so ‘n huwelik sal hou nie.
Maar…
Selfs al is die DA in koalisie met die ANC op so manier dat hulle nie alles hoef te steun wat die ANC tafel toe bring nie, gaan die MK en EFF stem vir wetsontwerpe wat die NDR implementeer en dit sal dus so deurgaan. Verder sal die DA se tande getrek word as hulle in koalisie met die ANC sou gaan, en dus nie teen hulle kon trek nie. Ek wonder of hulle in so ‘n koalisie sou gaan. Maar politics make for strange bed fellows.
Piet Craucamp het vanoggend…
Piet Craucamp het vanoggend gesê dat so 'n koalisie basies die einde van die DA en waarskynlik ook die ANC sal beteken..interessante paar dae wat voorlê!
Hulle praat reeds
Ek glo die ANC is reeds druk besig om met die MK en EFF te onderhandel. Liewe ouers, verbeel jou net Floyd Shivambu as minister van Finansies en Malema as adjunk-president. Dit gaan op die ou end net oor wat in dit is vir hulle. Aangesien Zuma nie parlement toe mag gaan nie sal MK dalk nie in koalasie wil gaan nie. Maar hy sal seker premier word in KZN. Dankie tog ek bly nie daar nie.
Die ANC gaan erg gekwes hier uitstap. Seker 50 of meer van hulle parlementslede gaan werkloos wees oor twee weke.





Hoop hulle tel regverdig
Ek wonder of die uitslae ge-oudit word. Die ander probleem is die 96 partye. Dit fragmenteer die opposisie.