Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
120490 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert... November gesels Wessel Strydom -45 minutes ago
Robertson November gesels Geert -10 hours ago
Grootwind... Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -10 hours ago
Oom Trompie.... November gesels Grootwind -12 hours ago
Konteks.... Alternatiewe sleepvoertuie Grootwind -12 hours ago
Wessel.                     … November gesels Jan Meyer -15 hours ago

Dwarswegstrand, Karoo & Montagu

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Thu, 12/09/2024 - 18:30
Forums

Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.

Ons reisplan is as volg:

4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.

7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.

21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.

24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.

Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.

Worcester

Wildehont

Thu, 12/09/2024 - 19:55

Wat ‘n heerlike vooruitsig. Ek hoop die weer is julle genadig. Al het ons bietjie meer as twee maande gelede teruggekom van die Krugerwildtuin af hang my lus uit vir kampeer. 

Pretoria

Geert

Thu, 12/09/2024 - 21:51

Ek kan glo julle sien vreeslik uit na 2 jaar. Ek dink jou karavaan is ook bly dat hy weer n keer saam met vakansie mag gaan. Geniet die voorbereidings.

Brackenfell

HennieBo

Fri, 13/09/2024 - 07:21

Lekker vooruitsig.

Sien daai roete so in my geestesoog, behalwe die Touwsrivier wegdraai na Montagu. Ken egter die pad vanaf Montagu  via Bonnievale. 2 keer met die motorfietse al gery.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 13/09/2024 - 08:12

Die N2 tot Riversdal was 'n pad wat ek baie dikwels in my beroepslewe gery het. Deesdae is dit slegs by uitsondering. Gevolglik sien ek só uit om weer dié pad aan te durf. Ek beleef al in my geestesoog die welbekende stilhouplekke van die verlede - o.a. 'n koffiestop by Riviersonderend se Ultra City, 'n "brunch" stop by Heidelberg se Wimpy en dan natuurlik ma se inkopietog by die aalwynfabriek by Albertinia.

Dwarswegstrandoord se kampeerterrein sal vir ons 'n nuutjie wees. Maar ek verlaat my op my forummaters wat dié plek so prys. Soos Wildehont hierbo sê: "Ek hoop die weer is (ons) genadig.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/09/2024 - 14:33

...om kerk in Bonnievale is uiters belangrik. Dit gee jou kans om vir 2 minute aan jou vriend te dink.laugh

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 15/09/2024 - 12:04

die spyskaart aanmekaargesit 

... om my vleisgoeters, in die volgorde waarin ek beplan om dit te gebruik, in die Snomaster te pak. Dit skakel soekery vir 'n bepaalde item grootliks uit. Die spyskaart is egter nie in spreekwoordelike "beton gegiet" nie, want jy mag dalk net lus kry vir iets anders op 'n bepaalde aand wat verskil van jou oorspronklike beplanning. Of jy mag dalk 'n onbeplande saambraai raakloop.

Maar die meeste bevrore items wat saamgaan is reeds aangekoop en vakuumverpak. Ek is veral "fuzzy" oor my boerewors - en daarvoor moet ek nog by Joey's uitkom, want my huidige voorraad loop bietjie laag.

Twee maal om kerk in Bonnievale is uiters belangrik

Ek hoop net dat hulle teen hierdie tyd die slaggate in die sirkel om die kerk reggemaak het. Die laaste keer wat ek daar gery het, het die gate in die straat my verhoed om dit 'n tweede keer te ry devil

Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 12:20

...sal ernstig aangespreek moet word. Dit kan mos nie 'n hindernis wees nie, sal die kerkraad moet aanspreek daaromtrent.

Joey's se wors: oppas net dat jy nie by dieselfde tak koop as waar my suster onlangs vir my gekoop het nie.laughsurprise

Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 12:41

Onthou tog asb, vra by die hek hoe om op jou staanplek te kom. Chris S moet help want die opsies is;

1]as jy deur die hek met valboom [?] is, moet jy dadelik LINKS draai, om sommer weer dadelik regs te draai om in middel af te ry

2] die reguit aan straatjie bedien 'n paar plekke links van die pad, en pad draai regs by ablusieblok om tussen huise in te gaan. 

Ek het niksvermoedend reguit gery en tussen huise beland. Gelukkig kan mens net om die blok ry om weer by hek te kom. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 15/09/2024 - 14:52

... het jou suster nie dalk jou wors by Joel's se troeteldierwinkel gekoop nie? Hulle verkoop blykbaar 'n wors waarvan honde baie hou.

Ek koop by Joey's se tak in Strand/Somerset-Wes en het nog net moer-lekker wors daar gekoop. En hulle "patties" - "beef" en (wat hulle noem) "bacon patties" wat 30% gerookte varkblad bevat. As ek my beterhelfte wil gelukkig maak moet ek Joey's se "bacon patties" vir haar op die Smokey Joe gaarmaak. Vanaand maak ek egter Joey's se "beef patties" in die Smokey Joe gaar.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/09/2024 - 16:19

het maar ge-eet aan die wors, mens wonder nie oor 'n gegewe stuk wors se herkoms nie. laugh

Moes jou bietjie opref!!!devil

Pretoria

Geert

Sun, 15/09/2024 - 17:21

Ek het niksvermoedend reguit gery en tussen huise beland.

Ons het tussen die huise gaan stap...baie nice plekke daar. Daai eenhede waarin Hennie B gebly het is ook bsie smart. Eintlik baie groot area van huise

Pretoria

Geert

Sun, 15/09/2024 - 17:25

Daar is n klein slaghuis by Glentana...by daai sentrum by parkeer area van strand....oorkant Glentana karavaanpark. Jou mond sal water van hul mooi vleis....bietjie prysig, maar kwaliteit

Pretoria

Geert

Sun, 15/09/2024 - 17:43

1]as jy deur die hek met valboom [?] is, moet jy dadelik LINKS draai,

Dis die valboom waar Wessel van praat by ingang...die pyl hier voor is waar jy indraai. Foto is vanaf karavaanpark se kant geneem

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 15/09/2024 - 18:02

... (Mei2023) moes ek by die valhek omdraai. Omdat ek nie 'n bespreking gehad het nie, wou hulle my onder geen omstandighede inlaat nie (wat ek waardeer van hulle sekuriteit). Die laaste keer wat ek wel ingelaat was, was in Augustus (was dit 2020 of 2021 - nadat ons vrygelaat was uit die Covid-tronk - toe ons in een van die strandfront-woonstelle tuisgegaan het. Ons het oral vooraf in ten volle toegeruste selfsorg-eenhede gebly. Maar toe ons op 'n Sondagmiddag by Dwarswegstrand arriveer, kom ons agter dat ons nie handdoeke het nie (en dit was duidelik op hulle inligtingsbrosjure aangedui, maar hierdie mamparra het nie daaraan gedink nie). Dit het gekos dat ons vinnig Groot-Brak toe te ry, waar Pick n Pay nie handdoeke gehad het nie. Ons kon darem regkom by die Spar by De Dekke. Hierdie keer sal ons egter ons eie handdoeke hê synde ons met ons eie mobiele vakansiehuis gaan kuier.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/09/2024 - 10:42

Ek ontvang toe die volgende foto's op my One Drive Memories vanoggend. 11 Jaar gelede (2013) was ons gelukkig om op 16 September die volgende in die Karoo Nas Park te sien.

Karoo

Ons was al (as ek reg onthou) by vier geleenthede gelukkig om hierdie ouens daar te sien. Selfs een keer 'n koei met haar kalf.

Op dieselfde dag het ons ook die broeipaar witkruisarende op die kranse by Rooivalle gesien.

Karoo

Ons was ook al gelukkig om 'n kuiken in die nes gesien. Die oorblyfsels van die nes is nog op 'n lysie te sien as jy regs na onder by die Rooivalle kyk. Ons het hulle egter nog nooit weer daar gesien broei nie. Jy sien dié broeipaar nogal redelik gereeld op die hoë kransies tussen die bopunt van die Klipspringerpas en die Rooivalle (as jy na regs kyk wanneer jy die Rooivalle benader).

Ek hoop die geluk is weer aan ons kant as ons vandag oor drie weke daar arriveer vir 14 aande se hopelike salige rustigheid.

 

Pretoria

Geert

Mon, 16/09/2024 - 13:46

Daar is n klein slaghuis by Glentana...by daai sentrum by parkeer area van strand....oorkant Glentana karavaanpark. Jou mond sal water van hul mooi vleis....bietjie prysig, maar kwaliteit

Is in daai sentrum waar Meet at Sea is....op boonste verdieping

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/09/2024 - 17:21

Etlike jare gelede het ons vir 'n week by Glentana gekamp. Toe was daardie betrokke gebou hetsy in aanbou of hulle was besig om veranderinge aan te bring. Ek sien dat die restaurant meestal goeie resensies kry, maar daar is ook die uitsondering of twee van mense wat nie beïndruk was nie.

Aag mense - ek sien uit daarna om 'n slaggie in daardie wêreld te kuier. Ek vertrou maar dat ons weer gaan saamspeel.

Pretoria

Geert

Mon, 16/09/2024 - 22:31

Ek sien dat die restaurant meestal goeie resensies kry, 

Ons het daar op die hoonste verdieping pizzas gaan eet....dit was baie lekker en kan aanbeveel. 

......of dit was die waitress wat die verskil gemaak hetlaugh