Ek weet nie van ander nie, maar baie keer laat die gebeurtenisse van 'n dag of iets 'n mens dink aan 'n liedjie.
As jy aan 'n liedjie dink, of een wat in jou kop is om een of ander rede, plaas die naam of 'n skakel / video hier, of plaas sommer 'n paar van die woorde (-;
en...............
.....en Prasa is mos nou weer kort-kort in die nuus oor hulle Chinese lokomotiewe en ander gekonkel, dan dink ek aan die liedjie "Die trein na Pretoria " deur die Briel Susters uit toeka se dae !
en nog een...........
...........en nog een...: Avbob hier by Piketberg is ernstig in die sop oor twee lyke wat omgeruil is en toe kom die familie dit eers agter by die twee onderskeie kerkdienste. Ek dink toe dadelik aan die Grafsteensangers se liedjie "Waar is moeder nou ?" en ook hulle ander liedjie op die CD "Laat haar gaan".
(Net voor julle dink daar is fout met my, ek het die CD jare gelede gekoop om my een seun wat sy nuwe meisie (nou sy vrou) huis toe gebring het, verleë te laat voel oor sy ouers se musieksmaak !)
...I love you darling..and…
...I love you darling..and that's alright,
...stick by me and I'll stick by your side.
ub40
Mans wat werk
1 Men at work n Ausie groep paar treffers gehad op David Grashim se program een van hulle groot songs was 1983 Who can it be now?
Rolling Stones
My gunsteling song van alle tye is Paint it black van die Rolling Stones die song het soveel memories vir my geniet hom en gooi daai volume
Heidi ....Heidi... Jou…
Heidi ....Heidi... Jou wereld is in die berge....
Heidi ...Heidi ....kom tog gou ....bring geluk...
We are the Lions!!
Beslis my liedjie van die dag.
Gaan kyk gerus daarna op You Tube:
Official Lions Rugby Anthem Music Video by 947
Rod Steward
Baby Jane hier in 1983 uitgekom n puik song van Rod wie onthou die song?
Baby Jane? Soos ek hier…
Baby Jane? Soos ek hier sit, kan ek dit nou gladnie onthou nie. Ons altwee, en veral Colin, is groot Rod Stewart fans, so as ek dit hoor, sal ek dit seker herken.
As ek die weer hier so bekyk…
As ek die weer hier so bekyk en gegewe dat dit Nasionale Braai Dag is, en die kamp VOL naweek kampeerders is, sal my lidjie vandag beslis wees "Don't Let The Rain Come Down"
Kan glad nie onthou wie dit gesing het nie?
Bruce Springsteen
Born in the USA het 1984 uitgekom wat springsteen n huis naam gemaak het gaan luster n bietjie snit 7 No Surrender wat n song deur n legende





Gegewe................
Gegewe die gestry oor Spur en die ATKV se "Plus-plan", dink ek aan die FAK-liedjie "Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo !" (Die FAK is mos nou ook op die "band wagon")