So breuk ons lang verwagte kamp met die herboude Avion toe aan vrydag 15 sept. Baie opgewonde gehak en weg by die huis om die kinders te gaan oplaai by skool, maar so 3km van huis kom engine liggie aan op kar. Geen krag en ek sukkel erg. Tel kinders op by skool en sukkel aan agente toe. Daar gekom in alberton stel die mense nie regtig belang nie en toets vinnig en se turbo is moeg. besluit maar om kamp te los en gaan terug huis toe. daar gekom raak dit plan b en ons pak tente in sleepwa en vertrek parys toe. oppad bel ons vanderbjilpark agente en hulle se hulle wag vir ons. Moet se diens uit boonste rakke en kar reg gemaak in minder as 1 uur gekraakte pyp vervang en ons is oppad om te gaan kamp. Vinnig tent op geslaan en gesettle lekker gekuier die aand
Saterdag opgestaan met rugseer van grond slaap en die keuse was gaan huis toe en bly by huis of gaan haal wa. Wel twee en half uur later toe kamp ons lekker

Dankie Ski - kamp moet daar…
Dankie Ski - kamp moet daar gekamp word!

Nico......
Nico, dis nou wat ek noem 'n ware kampeerder, hy laat hom nie terugsit van 'n probleempie nie !
Jou Avion lyk van buite netso mooi soos wat jy hom van binne gemaak het. Enige foutjies in die karavaan opgespoor ?
Dit is die gees Nico, as 'n…
Dit is die gees Nico, as 'n man wil kamp, dan wil jy kamp. Bly jou kar is nou reg, wys net hoe verskil agente.
Sleg begin, maar goed ge-eindig.





So maak mens
Ski (Natgat ) puik daai Avion skree kamp kamp kamp bly jou voertuig weer reg