6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Surfer ombouings

Pretoria - Oos
Submitted by Andre Smit on
Forums

Ons het die Surfertjie seker meer as 5 jaar gehad en nooit die skottelgoed wasbak of stofie in die wa gebruik.

Dit was altyd 'n gestoei om die skottelgoed, potte, ketel, broodrooster, bekers, tafeldoeke en eetgerei ordentlik gepak te kry en dan skud dit in elk geval deurmekaar terwyl jy ry.

Tweedens is daar nie 'n sitplekkie in die Surfer waar ma kan sit en poeier en paint nie, en ek het nie 'n plekkie om te sit en lees as ma al kooi toe geskuif het nie.

Na een van die trippies het ek net genoeg gehad en die besigheid mooi beloer en die volgende ombouings gemaak.

Oorspronklike Kassies en blad gesien van binne af na die deur.

Deur

Kassies gesien vanaf die Bed.

Bed

Ombouing met nuwe laaie.

oop

Kassie gepak na ombouing.

gepak

Eindresultaat.

End

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/09/2017 - 10:57

Puik Andre spasie word gebruik soos jy dit wil he

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 10:58

André, jy het wraggies 'n baie sinvolle verandering aangebring en dit lyk sommer baie netjies gedoen.

Kyk ek reg, het jy die plastiek trappie van 'n hout bo-kant voorsien ?

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 19/09/2017 - 11:58

Hi Len,

Netso, ek laaik nie 'n dingetjie moet onder my buig nie.

Hulle het die geneigdheid om op die mees ongeleë tyd  hulle beentjies oop te vou soos 'n wyfie hondjie wat 'n plassie wil maak en vir my is dit 'n vêr pad grond toe.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/09/2017 - 12:15

André

Wil jy nou daai sitplek verander in 'n stort hoekie ?

So trappie het onder my uit gerol en dit was nie lekker om met die aarde so kennis te maak nie.  Ek het hom geruil met een wat ook so lyk maar jy kan hom vaskap.

Centurion

Dusty

Tue, 19/09/2017 - 12:20

Andre, dit lyk heel goed. Lekker as 'n mens dit self kan doen.

Dit is vir daai rede dat ek my trappie vas aan die wa gemaak het sodat dit kan uitgly en op twee ekstra pootjies staan

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 19/09/2017 - 12:48

In reply to by Willem Brits

Middag Willem,

Nee swaer - die Surfer het reeds 'n stort, toilet en wasbak in. Dit is net erg beknop.

Daarom dink ek om dalk 'n PENTA te koop, Daai kombuis met stofie en wasbak in die PENTA uit te haal en 'n 80 x 80 cm stort daar in te bou. Dink aan 'n gewone veselglas stortbak met kante van plastiekblaaie wat mens by Maizies kan koop.

Wil dit gemakliker maak vir Magda want ek gebruik dit in elk geval nie . Ek gebruik oord se ablusies

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/09/2017 - 15:46

Julle manne is so oulik wat altyd alles gerieflik wil maak vir ons vrouens.   Ons waardeer dit baie, hoor!     Ek hou baie daarvan om saans storieboek te lees as ek gaan lê.  Gedurende ons lang kamp nou pas, het ek net aan Colin genoem ek sien nie altyd so lekker as die boek se druk bietjie klein is nie.    Nou die dag is hy hier weg met die karavaan, kom terug, hy het nuwe ligte laat insit.   Sê hy vir my, nou sal jy nie weer sukkel om te lees nie!   

Andre, jou wa lyk baie mooi met die veranderinge.   Dit is 'n gawe om sulke dinge self te kan doen.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus