Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Wat gaan aan?

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Fri, 17/11/2017 - 07:19
Forums

Waar is almal dat julle so stil is?   11 insette vanoggend waarvan 6 myne is.....no

Nee, nee, nee!   Skrik bietjie wakker en sê iets.  Of drink ten minste koffie saam met ons.

Al sê jy net "HI" soos Arie.   Dan weet ons darem wie leef nog.

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 09:11

Ek is bly jy vra want nou kan ek sê hoekom ek tydelik verdwyn het.  Ek het maar gemaak soos Voortrekker aanbeveel het naamlik, dat ek moet afteken en wag totdat genoeg nuwe onderwerpe geplaas is sodat die (vir my) irriterende ou landsvlag wat aanmekaar hier links op die skerm verskyn, verdwyn het. Dit het nou gebeur en daarom het ek nou weer ingelog en is ek nou weer terug.

Iemand anders het aanbeveel ek moenie stres nie en net eenvoudig nie lees waarvan ek nie hou nie.  Ek glo nie ek het gestres nie en net respekvol gevra dat die wapperende vlag nie so voortdurend in 'n mens se gesig waai nie.  Die raad om nie te lees waarvan ek nie hou nie, het natuurlik ook nie gewerk nie want dan moet jy die linkerkant van die skerm waar die vlag wapper, aanmekaar met iets toehou.

Die feit dat hierdie wapperende vlag so lank geneem het om te verdwyn is juis daaraan te wydte dat bitter min nuwe onderwerpe op hierdie forum geplaas word  -  iets waarvoor ek geen verklaring het nie.

Port Elizabeth

Antie

Fri, 17/11/2017 - 11:01

Len, ek het nou eers gaan kyk waaroor die "vlag episode" gaan.  Sien dit was gedurende die paar dae wat ek nie kon inkom op die forum nie, was dus nie bewus daarvan nie.

Ek kyk nie met weersin na ons ou vlag nie en kan selfs nostalgies daaroor voel.  Ek glo nie daardie inset was geplaas met die doel om die ou vlag op te hemel of onder almal se aandag te bring nie.  Maar ek stem saam met Len vandag.   Die vlag veroorsaak slegte "vibes" en dit is beter dat Kampforum hom op geen manier daarmee assosieer nie, dit kan die verkeerde indruk skep daar buite.

Dit is maar net hoe ek voel en ek verkwalik geensins enige iemand wat nie met my saamstem nie, want ek besef dit is 'n sensitiewe saak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 11:31

...ek sê maar weer wat ek voorheen gesê het :  daar is geen probleem as iemand aangename, nostalgiese herinneringe het met die ou landsvlag nie.  Maar omdat dieselfde ou landsvlag vir die meerderheid Suid-Afrikaners pyn, hartseer, haat en selfs woede tot gevolg het, is dit na my mening uiters onverantwoordelik en onsensitief om dit op 'n openbare plek (selfs op 'n forum of ander media-vorm) te vertoon. Ek glo ook dit was nooit die aanvanklike bedoeling om onsensitief te wees nie, maar ek glo dit sou beter gewees het om onmiddellik die beeld te verwyder toe die konsekwensies van die vertoon daarvan duidelik geword het.

Vir al wat ons weet Freda is dit dalk die rede hoekom ander ouens ook op die forum stil geword het of nuwe lede wat besluit het om liewer verby te hou ?

Port Elizabeth

Antie

Fri, 17/11/2017 - 11:54

Ek dink darem nie dit het iets te doen met 'n stil periode nie.  Ons het al deur heelwat stiltes gegaan, dan flikker dit weer op.   Dink so daaraan.  Net sowel as wat iemand dalk afgesit was daardeur, kon 'n ander een weer aangemoedig gewees het daardeur, want almal voel nie dieselfde nie.   Dit kan dus beide kante beinvloed.smiley

Ek dink ook beslis nie die forum se stilte het enige iets met daai draad en ou vlag te doen nie. Dit is oor die ALGEMEEN redelik stil hier.

Sover ek weet is die ou vlag nie verban nie en mag ten toon gestel word deur enige persoon en dit word beskerm onder vryheid van spraak.

Ons hoor gereeld baie meer hatende uitsprake deur ander landsburgers (die wat n probleem met die ou vlag het), maar dit is ok, daar word niks gedoen aan dit nie, maar bewaar jou siel moet net nie die ou vlag uithaal nie dan is die hel los.

Soveel soos die ou vlag dalk meerderheid van die landsburgers n probleem is, netso is ons eie President se sommige uitsprake "kill the boer" of "umshinie wam", en dus maar net 1 voorbeeld van vele,  n probleem vir andere ook, maar ons moet dit maar aanvaar en verby hou.

Ek is ook van opinie dat die ou vlag onnodig was tydens swart Maandag se optogte, en dit sekere mense net rede gegee het om die hele ding uit perspektief te ruk, maar daai vlag was deel van daai draad en dus sou ek glad nie saamstem dat die draad of die vlag verwyder sou moes word nie.

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/11/2017 - 17:13

Hi Len!  

 

Len Loader

Fri, 10/11/2017 - 09:15:  

 

ek sal maar liewer nie weer aanteken nie en wag tot 4 nuwe onderwerpe uiteindelik geplaas is

Voortrekker

Fri, 10/11/2017 - 08:02:

Len teen die spoed wat dinge hier gebeur stel ek voor jy teken weer so teen die 28ste November aan!    laughlaughsurprise

...2017

Ek was onder die indruk jy het dit self aanbeveel?

Inelkgeval, ek is bly jy is weer terug met ons yessmiley

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 18:26

Korrek Anton, maar soos jy sien, ek kon nie wag soos jou aanbeveling tot die 28ste nie en het toe maar 11 dae vroeër ingelog !

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/11/2017 - 18:35

ek kon nie wag soos jou aanbeveling tot die 28ste nie en het toe maar 11 dae vroeër ingelog !

Ek is bly jy het vroeër aangeteken, ek sou dit ook nie kon verdra het tot die 28ste sonder jou nie wink

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/11/2017 - 18:48

Ek het twee van ons Saam kampe se inligting vir Anton gestuur, maar hy klink vir my is besig die week op die pad.

Ja ek was baie doennig die laaste 2 weke met werk (nie forum nie - die ander een wat die brood op die tafel sit (-:

Ek moet se, ek is vrek besig.  Ek weet nie of almal dit so beleef hierdie tyd van die jaar nie?  Dit is assof meerderheid mense en besighede probeer om al die laaste werk en moontlike projekte en besigheid in te prop voor die einde van die jaar!

Beleef ander dit ook so? (die nog-werkendes)    Of is meeste van julle al op slow-go en wag vir krismis? 

Pretoria

Kamp is Koning

Fri, 17/11/2017 - 20:15

Hi almal

Ek dink kom ons werk soos in n kroeg ons geniet die kuier, lag, gesels en samesyn dan los ons politiek vir n ander tyd en plekwink

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 17/11/2017 - 21:34

Korrek Anton, maar soos jy sien, ek kon nie wag soos jou aanbeveling tot die 28ste nie en het toe maar 11 dae vroeër ingelog !

Ek wou al vir jou 'n e-pos stuur, welkom terug, ons het jou gesêls gemis.? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/11/2017 - 22:46

Kamp is Koning, my opinie is ek wens dit was/is die geval soos jy voorstel, maar dit sukkel maar om interessante kamp-gesprekke op die forum aan die gang te kry.  Ek en 'n paar ander het al alles en nog wat probeer om mense te kry om te gesels, maar dis maar net 'n ou paartjies van ons wat reageer of met nuwe onderwerpe probeer.  Maar jy kan gerus in die verband help, ons hoor graag van jou.

Wat die politiek betref, dis beslis nie prioriteit op hierdie forum nie, maar :-

  • Gesprekke met 'n politieke trant lok nogal lekker gesels uit
  • Dis moeilik om in die jaar 2017 op enige terrein, kampering ingesluit, jou los te maak van politieke gebeurtenisse hier in Suid-Afrika, ons buurlande en in die res van die wêreld. Politieke gebeure en besluite raak elke tree van ons lewens elke dag en dis onmoontlik om jou daarvan af te sluit.

Dus, ek is van mening dat indien kampeer-gesprekke opdroog, dan dwaal gedagtes af na ander onderwerpe soos byvoorbeeld politiek.

Secunda

Sleep nou

Sat, 18/11/2017 - 09:10

More julle ek was laaste 29 uur by werk gewees n insentient gehad 3 ure geslaap en nou weer by werk vanmiddag gaan ek huis toe lekke braai en dan slaap inhaal. Stem ander forum lede moet inklim en forum van krag tot krag laat gaan Leef en laat leef lekke dag vir julle almal

Freda ja ek dink dis die tyd van die jaar wat mense al so tam is deur al die houe wat die lewe uitdeel dat party mense voos voel .Hulle sien net uit na hulle vakansie en rus en die moer meter is in die rooi .Ek weet was self n hele ruk stil op die forum die ding is ek hou van n forum waar die gesprekke vloei partykeer voeg jy n draad by en dan 2 dae later sal iemand iets byvoeg .Ek respekteer dat hierdie n Kamp Forum is maar nie almal is so bevoorreg om heeltyd te kamp nie so die dialoog raak so bietjie beperk om net uit kamp stories te bespreek .Ek dink iemand het genoem dat ons dalk bietjie van die ander onderwerpe aanraak om die gesels aan te wakker .Amper soos FB waar jy iemand kan "Poke " of n "like " knoppie laugh  Net my siening

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 18/11/2017 - 16:55

Wat Zim aanbetref, ek is nogal verras met die uiters slim strategie wat die Weermag gevolg het met hulle "bloedlose staatsgreep" en om die Afrika Unie en die res van die wêreld wat geen land se staatsgreep sal erken nie, te omseil.  Hulle het ook fantasties daarin geslaag om 'n erg verdeelde nasie te laat saamstaan dat ou Bob nou eenkant toe moet staan sodat Grace se instruksies wat hy die afgelope jare slaafs nagevolg het, geblok kan word.  Die Weermag het ook 'n verdere slim plan om ou Bob kans te gee om nou te bedank en as hy steeds weier, word hy onmiddellik in 'n staat van beskuldiging geplaas vir sy mense vergrype en dan geskors  -  uiters briljant !

Ek het self in Zim gewoon en gewerk en het nooit baie van hul Weermag gedink nie.  Maar vandag salueer ek hierdie strategie en is vol vertroue dit gaan suksesvol wees.

Dink enige iemand hier dat Zimbabwe uit die as sal opstaan met n nuwe regering .Dit gaan n groot uitdaging wees aangesien ou Bob die plek heeltemal teen die grond gevee het .Sal al die sanksies opgelig word en sal die res van die wereld nou weer bele in die land of sal dit van n kyk en sien situasie wees

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 18/11/2017 - 17:27

Zimbabwe was tot 2001 'n uiters suksesvolle land en het talle industrieë en landbouprodukte uiters suksesvol bedryf, en dit onder Mugabe en Zanu-PF se bestuur sedert hul onafhanklikheidswording ! (Die Rand/Z$ wisselkoers was Z$3 = R1).  En toe in 2001 begin Mugabe ontspoor omdat hy 'n referendum verloor het waarin hy die grondwet wou wysig sodat hy meer magte kon kry.  Dis toe hy populisties begin raak en blanke boere van hul plase verdryf  -  op dié manier wou hy meer van die swart bevolking agter hom kry. Dit was Zim se doodskoot.

Met ou Bob en Grace uit die weg, glo ek die land kan herstel !