Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Wat gaan aan?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Waar is almal dat julle so stil is?   11 insette vanoggend waarvan 6 myne is.....no

Nee, nee, nee!   Skrik bietjie wakker en sê iets.  Of drink ten minste koffie saam met ons.

Al sê jy net "HI" soos Arie.   Dan weet ons darem wie leef nog.

 

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 18/11/2017 - 18:37

Ek hoop en vertrou dat jy reg is Len,  Zim was eens 'n voorste land wat kos uit gevoer het.  Ek het gehoor dat blanke boere gevra word om terug te keer na Zim. Dalk bietjie vinnig, maar haalbaar.

Daar is soveel potentiaal in Zim, om nie eers van die prag te praat nie.

As mens kyk hoe goed dit in Namibia, wat grootliks woestyn is,  gaan, dan glo ek dat Zim weer eens 'n land van ekonomiese welstand kan word. 'n Land waarheen toeriste sal stroom.

Persoonlik dink ek, jy is 100% in die kol met die militere "oorname", dit is absoluut uit die boeke gedoen, mens kan nie help om te wonder wie sit agter die besluite nie.

My opinie, vir wat dit werd is, is dat die oposisie, hulself met haarfyn beplaning in die regte plekke in gewortel het, net strategiese beplaning.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 19/11/2017 - 13:01

Len ek stem saam dit was 'n puik skuif van die weermag, ons is daagliks in kontak met ons familie daar, volgens hulle het hulle in absoluut GEEN stadium bedreig gevoel nie.

Hulle reken daar is 'n algemene kermis atmosfeer in die strate, hulle het lanklaas soveel Zimbabwiers hardop sien lag in die strate!

Ja ek glo ook dat die ekonomie weer betreklik vinnig sal herstel, daar is ontsaglik baie potensiaal.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 19/11/2017 - 19:05

Wonder of die boere wat weg gejaag is weer sal terug gaan as dit beter raak, of was daai seer een te veel gewees.

Ek persoonlik dink nie hulle sal nie.

Sal maar dophou en hoop die Zim sal weer regkom.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 19/11/2017 - 19:37

Harry, ek twyfel ook, hulle is ge-"resettle", hopelik gaan daar van die boere terug, maar dit gaan baie beter moet gaan, baie dinge sal eers moet verander.

Mozambique roep ook al geruime tyd blanke boere terug, sover ek weet is daar al paar terug, asook Suid Afriianers wat daar gaan boer het.

Soos hulle sê "war daar lewe is, is daar hoop"

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 09/08/2019 - 06:41

Ons het mos aangsluit oppie forum om kennis uit te deel maats te maak saam te kamp maar ja ons forum is 910 lede sterk maar hier gebeur deesdae maar min tans is daar 2824 onderwerpe om van te kies nou wat wil ons meer ek moedig almal aan kom neem deel die forum is puiksmiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus