Ek hou daarvan om so deur die dat twitter ook dop te hou vir nuus en gebeure.
Sien daar was geweldig baie ongeluke al reeds in die kort tydjie waar in daar mense erg beseer of dood is.
Onder andere het ek gehoor van 4 boswaens wat gerol het en n woonwa
Die vertragings op die paaie maak dit dan nog erger soos vrydag se ongelukke in van RHeenens pas waar die verkeer vir meer as 3 uur gestaan het.
Daar is nou so n rukkie gelede op die N5 Roete naby Kestell ook n "CASH HIEST" gewees wat die verkeer belemmer en vertraag.

Dit is lelik.
Die ongelukke op die paaie is altyd lelik, en besonder erg die tyd van die jaar. Hoeveel mense gaan op die pad met daai kersfees gevoel, maar maak dit nie????
Ek is so dankbaar dat ons nie meer die tyd van die jaar op die pad moet wees nie.
As ons ry, ry ons rustig en vat dit kalm.
Mense, julle moet vir julle self dink, maar ook vir elke ander ou op die pad, wees asb voor bereid en bedagsaam, veral nou.
Bestuurders
Soos Johann L se ek is dankbaar om nie oor die Kersgety op die pad te wees .Die Taxi's in n wet op hulle eie maak sommer padreels op soos hulle ry .Ongeduldig en arrogant meeste bestuurders gee nie n hel om vir sy mede pad verbruiker nie en ja dit is jammer dat n paar siele ons al verlaat het agv pad sterftes .Die van julle wat nog die langpad vat ry asseblief versigtig niemand wil in die koerant huistoe kom nie
Ons hoop en vertrou dat, al…
Ons hoop en vertrou dat, al die lede van Kampforum, wat op die paaie gaan wees oor hierdie dae, veilig sal reis. Wees maar versigtig almal. Hou dop vir die "ander man" en bly wakker op die pad.
Drank en spoed
Sien gister by tops hier by spar by ons die ouens is al klaar lekke voor klippies en cola innie hand trek weg met n moerse spoed en daar gaan hulle is die mens dom nie arrogant om te dink ag dit sal nie met my gebeur nie, Nee ou maat drank en bestuur loop nie saam
Ek sien op CP forum 'n foto…
Ek sien op CP forum 'n foto van 'n karavaan wat iewers op die Natalse kus in 'n ongeluk was. Die hele karavaan is uitmekaar gebreek. Dit lyk soos 'n hoop rommel wat daar lê.
Shaun, jy is reg. Mense drink en bestuur en veroorsaak ongelukke waarin jyself dalk die slagoffer kan wees. So, al sorg jy dat jy nie op die pad gaan na jy 'n drankie gedrink het nie, is jy nog steeds blootgestel aan drank op die pad.
Ons gaan more Marina Martinique toe en het besluit ons slaap die aand daar oor, eerder as om huis toe te ry.
Dan is daar die ongedult …
Dan is daar die ongedult ..... Almal wil voor in die ry staan. Gister moes die weermag ingryp by die RG gernspos. Taxis het net eenvoudig verby gegaan teen die verkeer in en voor gaan in druk. Ek verstaan daar eas so n bietie geweld ook tussen die mense.
Mense het ook nie meer respek vir ander nie. Die ergste van als hulle leer hulle konders hierdie gedrag.... Dit gaat net erger word.
Suidkus ongeluk
Freda ek het ook die fotos gesien op FB. Drank.... Die bestuurder van die bakie het nog in die bakie gesit en wonder wat nou gebeur het....
60 -188
Deon ek sien gister aand op nuus twee dames ouderdom blybaar 18 het 188kmh in n 60 zone gery 128 km te vining wow hoe dom kan jy wees geen wonder die syfer is so hoog die jaar nie nee wat bly by huis kuier en drink by huis bly van paaie af as dit moontlik is
Ek het oor die nuus gehoor…
Ek het oor die nuus gehoor dat die meeste ongelukke deur dames tussen 18 tot 25 veroorsaak word as bestuurders en dat dit ook die grootste groep is wat vir dronk bestuur aan gekla is.
Die syfer vir padsterftes oorskrei reeds die van verlede jaar en ons is nig nie eers klaar met die silly season nie.
Deon dit hou nie op
Wanneer leer mense spoed en drank verwoes mense se lewens ek sien Deon die syfers van ongelukke is scary en dan is soveel nog op verlof
Willem ek het nie maand die…
Willem ek het nie maand die oor of ocndervandeling dopgehou nie, maar ek skat petrol behoort so met 34c per liter te sak?
Nogal n hobbie van my om die prys te bepaal, maar dan moet ek heel maand die wissel koers en olie prys dophou. As ek deur die maand goed boekhou is ek gewoonlik binne 'n sent akuraat.
Wat sê hulle van die branstofprys?
Brandstof prys AF, volgens AA, petrol ongeveer 34c en diesel ongeveer 26c
Groete.
Frans
Ek het gehoor dit was n…
Ek het gehoor dit was n dronk spietkop wat in daai wa vas gery het
Dit sal die terug ry dalk…
Dit sal die terug ry dalk beter maak.
Versoek aan jou
Sien vanoggend weer robot plat en n ou met n bakkie in mense se buite mure in vas gery n versoek van my na forum lede is moenie drink en bestuur nie die kans wat jy vat is dit die moeite werd ek persoonlik glo nie don't drink and drive![]()
Sien gister aand
Sien gister aand al 800 plus mense dood op ons paaie sjoe wat gaan dit eindig die mens hom self bring die dinge op hom self ![]()
Sleep nou...
Sleep nou, ek sien op EWN se site hulle beplan dat almal elke 5 jaar die hele lisensie toets van voor af gaan doen met jou hernuwing van die kaart.
Gerhard, oortoets gaan nie…
Gerhard, oortoets gaan nie werk nie. Dit is maar net die mense se gesindheid wat moet verander





Ja dis nie mooi
Deon baie ongelukke kan verhoed word as mense by spoed grens hou nie dronk bestuur nie oor sperstrepe verby gaan nie dis n gejaag na nerens