6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Drie Berge Karavaanpark Des 2017 - deur Voortrekker

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums
3 Berge 2017
Secunda

Sleep nou

Sun, 07/01/2018 - 14:33

Voorie baie dankie vir fotos en kommentaar puik ek en Berdien se ons verstaan nou die wow agter 3 Berge

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 07/01/2018 - 17:31

Anton, soos jy weet is Drie Berge een van my gunsteling oorde. Bessie en Michael wat die oord bestuur sal uit hul pad gaan om iets vir jou te doen. Oom Ras het altyd 'n vriendelike oor en sal gereeld bietjie met ons kom kuier.

Pieter en Martie die eienaars sal ook uit hul pad gaan om dit vir hul gaste so lekker en gerieflik moontlik te maak.

Pieter is juis besig om twee lekker groot swembadens by te bou, altwee verhit en een onder dak. Die nuwe eende dam is naby aan gereed om vol gemaak te word, lekker groot amper die grote van 'n rugby veld. Daar kom 'n eiland in die dam met 'n voet brug oor na die eiland. Kinders sal dan daar kan kanoes huur en lekker roei.

Die grond wat uit die dam en swembadens gegrawe was word nou gebruik om 'n groot en lekker BMX of bergfiets baan te bou. Oorkant le daar ook hope grond waar 'n Putt Putt baan beplan word. Pieter het aan my genoem dat waneer dit alles klaar is gaan hy die ablusies vergroot en moderniseer.

Hier is ook soos jou fotos wys heelwat Rooibokkies, en ook 'n paar Swart Rooibokke, verder is hier Zebras en 'n klompie Blou Wildebeeste.

Pieter het laasjaar aan my genoem dat hy nog volstruise ook hier wil inbring, ek het nog nie die jaar tyd gekry om lekker met hom te gesels so ek weet nie of dit nog in die beplanning is nie.

As jy hou van natuur, rustigheid en ontspan is dit beslis DIE plek, Bessie vat GEEN nonsens raasgatte en moeilikheid makers nie, hulle word baie vinnig die hek gewys.

 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 07/01/2018 - 18:02

rooibokke

Dankie Arie vir die bogenoemde inligting yes

Hieronder is 'n foto wat ek geneem het van die berg af, dit wys die nuwe swembad ontwikkeling en kan die warmwater swembad se afdak ook gesien word.

3 Berge

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 07/01/2018 - 18:12

3

Ek het so baie foto's geneem en was dit moeilik om te kies watter om te gebruik, anders sou ek nooit klaar gekry het met die artikel nie.

Bogenoemde foto is net so uit my kamera uit, 20 sec lank -  onder teen rivier so teen 9pm in die aand

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 07/01/2018 - 18:23

3

Bogenoemde foto moes ek 35km ry, terug Brits toe, en toe 8km Noord op die R511, en toe nog so 8km grondpad terug aan die ander kant van die Krokodil rivier surprise

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 07/01/2018 - 19:10

Baie mooi Anton dai aanbou van geriewe gaan soveel plesier vir oud en jonk bied

0
Centurion

Lolla

Sun, 07/01/2018 - 21:02

Stunning artikel Voortrekker. Ek wil nogsteeds daar wees... 

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 18/09/2018 - 08:54

Ai tog en nog 'n plek sluit sy deure vir ons lang staaners.

Drie Berge sluit op 8 Januarie 2019 sy deure vir ons lang staaners. Hulle gaan nou net naweke en vakansies oop wees vir besoekers, deur die week gaan die kamp gesluit wees.

Regtig 'n groot jamerte vir Petra en ek, altyd baie geniet om vir so drie maande daar te gaan afsaal.

So raak ons plekke vir lang staan al hoe meer beperk.sadcrying

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 18/09/2018 - 09:42

Nie lekke om dit te hoor nie maar die bestuur seker maar hulle redes vir dit soos ek al voorheen gese het lang staan kampers verseker n steady inkomste wat n wen wen is vir almal

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 07/10/2018 - 20:35

Ja elke ou seker sy reg om sy plek te bestuur soos hy goed dink ek sou weer niks verander het nie hulle het n wen resep daar gehad

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 07/10/2018 - 20:39

Dit is en bly 'n baie lekker oord, jammer dat hulle nie meer ons mid weekers kan akkommodeer nie, maar soos genoem, elke oord moet maar na hul finansies kyk en besluite daar volgens neem.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/10/2018 - 06:57

Ek het dit hierbo genoem, dit is nie 'n gerug nie dit is amptelik.

Drie Berge sluit 8 Jan 2019 sy deure en sal dan slegs naweke en skool vakansies oop wees.

Ek ken die bestuurder en die eienaar persoonlik, die huidige bestuur [Besie] hulle gaan nie meer daar werk nie, die eienaar Pieter en sy vrou Martie gaan nou self die oord bestuur.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus