Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Dusty

Sat, 03/06/2017 - 09:34

Goeie more almal,

'n bietjie laat maar die koffie is heerlik.

Len, ek glo en vertrou dat julle die nodige reen gaan kry.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 04/06/2017 - 07:44

Ons het gisteraand heerlike reën hier by ons in Brackenfell gehad  -  om presies te wees, 25mm (1" in ou-mens taal)  -  wonderlik nie waar nie !

Dankie Here dat ons gebede verhoor is !

Lekker Sondag aan almal !

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/06/2017 - 08:14

Ek wens almal 'n heerlike Sondag toe.   Vol rustigheid en liefde.

Dit is so goed om te hoor van jul reën Lennie.   Mag julle nog vele meer kry.  

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 04/06/2017 - 09:27

Goeie more almal,wat 'n heerlike dag is dit hier by ons in die Vaaldriehoek, dit is sommer lekker om te lewe !!!

Ketel het al gekook, beker tee was heerlik.

Lennie, ons is saam met julle daar in die droë Kaap verheug oor die seën druppels wat val. Ons vertrou dat die droogte daar, net soos wat ons verlede jaar (2015 - 2016 seisoen) beleef het, ook gebreek gaan word die seisoen.

Ons het 'n baie geseënde 2016 - 2017 seisoen gehad hier in die binneland.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 04/06/2017 - 10:19

Dankie vir die Genade!!!, Len, ons is saam met julle bly!!!

Koffie klaar gedrink!, lekker dag vir almal!, en Skoon tent!! vir julle, Freda, vir die hele vakansie!!!!

0
Centurion

Dusty

Mon, 05/06/2017 - 04:58

Goeie more almal,

'n Nuwe week en dit gaan 'n lekker dag wees. Moes vanoggend 'n geleentheid kantoor toe kry.

Lekkker dag en week vir elkeen. 

Sal Vrydag weer saam gesels. Geen opvangs vir my in Botswana nie

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 05/06/2017 - 08:15

More almal.  Die tee en koffie is baie lekker vanoggend.  Hier kom 'n kou windjie oor die rivier en deur die kloof op ons af vanoggend.   Dit sal maar 'n rukkie wees voor ek dit buitentoe waag.

Frans, die tent het nou ongelukkig die eerste nag sy kolle gekry maar daar kom darem gelukkig nie nog by nie.  Die wat mens kan bykom, trek jy sommer af, soos 'n velletjie.  Dit los 'n merkie wat mettertyd sal verdwyn.  Hopelik!!!

Lekker week vir jou in Botswana, Dusty, ons sal jou mis.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 05/06/2017 - 08:41

Koffie.

Goeie more almal, Dusty mooi week vir jou daar in die warm Noorde, heerlike dag vir ons klomp wat moet koud kry.

Mag dit reen innie Kaap.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 06/06/2017 - 07:08

Dankie Johann L.  Ek sal sommer 2 bekers neem!

Ek voel baie verlig, want dit wil voorkom my been / knie besering is nou weer onder beheer en kon ek weer die clutch trap en my kantoor beman sedert gister.    Nou moet ek dit net rustig vat.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Tue, 06/06/2017 - 07:48

More more,

Ek sal ook twee bekers vat.

Regte saam-kamp-ketel   daardie.

Dankie Johann

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 06/06/2017 - 07:51

Johann, dankie, maar daai koffie lyk effe flou!!!, ek sal maar een in masjien  moer!!!!

Dankie

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Tue, 06/06/2017 - 07:58

Vorie, ek neem aan dis die linker been, clutch trap been. Dan is dit tyd om op te gradeer na outomaties. ??

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 06/06/2017 - 08:01

Johan, ek verstaan!!!, jinne tog!! arme mense!!! Gelukkig lyk onse water darem beter!!!, nou nie dat die Vaalrivier se water SKOON is nie!!!, ek sal nie eintlik eers 'n vis eet nie wat uit rivier kom nie!!! Gelukkig het ek darem 'n 6 of 7 buis RO sisteem in huis!!!

Jare terug toe die aarde nog jonk was het ons self water uit boorgat gedrink, maar dit is ook nou al so besoedel, jy moet BAIE dors wees voor jy DIT kan afsluk!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 06/06/2017 - 08:03

More almal,  hoop julle het lekker geslaap.   Dankie Johann, sien jy skink sommer vir ons almal.  Ek is bly om te hoor jou knie is beter, Voortrekker.   Nog net 2 slapies Johan, dan is jy oppad na die Kaap van Storms!

Ek sien in die Kaap verwag hulle 'n groot storm met erge wind, reën,  rowwe see en sneeu.  Die onstuimige see gaan so ver as PE gaan.   Maar daar wys nie reën vir Plett nie.

Die dae voel kort by Forever Plett.   In die oggend moet die son oor die Oostekant berg kop uitsteek, dan is dit warm.  In die middae sak die son aan die Westekant agter die berg.  Sodra hy agter daai berg ingaan, dan is dit koud.  

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 06/06/2017 - 08:05

Voorie, stem saam mmet oom Jeep, die linkervoet kan heel gemaklik rus met outomaties. Ek ry nou al so 15 jaar, met outomatiese voertuie, linkervoet is effe opgeFoeter!!, en Ma se linkervoet kan ook nie buig nie a.g.v. voetoperasie!!

Dit word dan tyd dat jy na "nuwe"tydvak beweeg!!!, en aansluit by die ou mense en gekrokte mense en die mense wat NIE meer lekker loslittig is  nie!!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus