Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
123488 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek glo maar ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -5 minutes ago
Pasop vir die ... Maart 2025 saamgesels Chris Boucher -13 minutes ago
Geel baadjie Ons 4-maande toer Rona du Plessis -35 minutes ago
Wat ‘n lekker toerprogram Ons 4-maande toer Wildehont -1 hour ago
Wik en weeg nou weens die reën Maart 2025 saamgesels Wildehont -1 hour ago
Self nog min daardie deksel oopgemaak Kavango raad Wildehont -1 hour ago

Band druk op los sand

Secunda
Submitted by Sleep nou on Sun, 28/01/2018 - 17:06

Wat sal julle voorstel moet die band druk moet wees vir los sand ek het dit as tussen 0.8 bar tot 1 bar verseker werk dit as jy bande afblaas meer band op die sand spoed nie hoor as 65 km/h nie deel bietjie jou ervaring en kennis soos hulle se daar is nie iets so n dom vraag as dit by 4x4 kom nie

Meyerton

Segekok

Mon, 29/01/2018 - 07:30

Shaun dit is maar soos ek ook my band druk het vir los sand. Net nooit baie skielik draai of skerp draai nie, dit kan dan gebeur dat die band van die rim af kom. 

Moet ook nie met die stuurwiel stoei nie.

 

 

More Sleep...

I've been searching for my course notes but not able to find them, and I've also been unsuccessful on aunty google to find out the rate at which a tyre deflates with the valve stem removed... I've got an idea it's 1 bar per minute... Bt I'll run a test at the gararge sometime...

It's a good way of thumb-sucking the pressure.

BUT... And here IS what's needed to be known.

It's not the sideway's bulge that gives you "flotation / traction"in loose sand, it's the ELONGATION of the contact surface between the tyre and the ground

I'm sure you know For the same force, "double the area, halve the pressure"... Well that's what happens... If you double the area of contact between the tyres and the ground, you effectively halve the weight of the vehicle,  double the force applied to the ground, through the tyre to get them to rotate and halve the amount of force the engine needs to get the wheels to turn...

(OK... let's not split hairs)

I'll still scrounge round for my 4x4 school notes........

Meyerton

Segekok

Wed, 31/01/2018 - 07:29

Dankie Warren.

Net iets wat ek aan dink.  Al die boek kennis en notas help maar  die beste leermeester is "ONDERVINDING" 

Om vas te sit is deel van die leer proses hoe seg die mense .....  Leer uit jou foute.... ( dit bly goedkoper om uit ander se foute te leer  maar dit is nie so lekker nie)

 

Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 31/01/2018 - 07:57

Môre almal,

Ek belees hierdie 4 x 4 wenke van julle.

Net 'n êêêêffense waarskuwing van my kant af.

Moet asseblief nie in Duitswes Afrika (ek dink dis deesdae NAMIBIë)  vir iemand gaan vertel jy het vas gesit nie.

Daai manne gaan jou erg skeef kyk.

Hulle sê - 'n voertuig gaan staan. Net 'n hond sit vas.

Versiiiigtig sê ek vir julle.

Secunda

Sleep nou

Wed, 29/08/2018 - 07:58

Ek kyk nou die dag voetspore en wat ek op merk daar is baai voertuie wat hierdie dun bande op het so dit se vir my ken jou voertuig regte band druk en walla bob is my uncle

Waar my wa staan

Arie

Wed, 29/08/2018 - 14:38

Sleep nou, ek het dit al baie genoem maar ek herhaal maar weer; daai vreeslike bree bande is absoluut onodig vir off road of sand ry.

Tweede wereld oorlog waas meeste voertuie, Jeep of Land rover, almal sulke marie beskuit bandjies opgehad, almal het die woestyn platgery.

As jy jou voertuig ken en WEET hoe om in sand, modder of klippe te ry het jy geen probleem nie!

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 29/08/2018 - 16:33

"Tweede wereld oorlog waas meeste voertuie, Jeep of Land rover, almal " sé Arie. Landrover is eers na die oorlog ontwerp,  het die Willys nageboots.

Neef ry ook al van kleintyd 4x4, vandag se rygoed is verskriklik swaar en sal skyt met n dun band op sand. Die groter bande gee n heelwat groter "Footprint" en meer  "floatation" Wat op aarde is floatation in afrikaans, (dryfwaarde?)

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/08/2018 - 18:48

Tydens my dienspligdae, en ook later tydens Burgermag-kampe, het ek baie met Willys Jeeps (1300 cc) gery asook Land Rovers, Bedfords en Magiruz Deutz 6x6 "gun tractors." Die Willys Jeeps was met die sogenaamde Marie "biscuit" wiele toegerus. Daar waar die huidige Mitchell's Plein en Khayalitsha is, was ons lugafweer oefenterreine (sand, sand en nogmaals sand). Geen ander van die genoemde voertuie kon ry waar die Willys Jeeps gery het nie. Dit was eenvoudig toe te skryf aan die gewig van die voertuig.

Probeer met die hedendaagse 4x4's om in Hentiesbaai se sand met smal (selfs afgeblaasde) bande te ry - en jy sien jou gat so gou soos nou. Dit het ek nou die afgelope 3 jaar gereeld by Henties gesien. Ons ry met 'n lekker breë band, afgebring tot .8 bar, en beweeg soos 'n droom deur die los sand. Die ouens met hul smaller bande (ook afgeblaas) kan nie ry waar ons ry nie. Al ander voertuig wat ek daar gesien het wat ook lekker in die los sand ry is die klein Suzuki Jimny's - ook met baie smaller bande (en dan is die bande nie eens afgeblaas nie). Maar dit was weereens gewig wat daar 'n rol gespeel het.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/08/2018 - 18:58

Ons het ook vir twee dae saam met 'n ou gehengel wat 4x4 toere in die Namib (tussen Lüderitz en Walvisbaai) aanbied. Hy ry met 'n Land Cruiser bakkie toegerus met moerske groot en breë Coopers bande (sy bande word geborg deur Coopers). Hy begelei mense met hul eie 4x4's. Hy vertel ons toe dat almal is verantwoordelik vir hul eie kampeer- en slaapgerei en moet hul eie ekstra brandstof en water saamry. Hy neem o.a. sy helper, kosvoorrade vir die hele groep en genoegsame water saam - wat ook genoeg is vir skottelgoed-was ens. Hy't die gewig vir ons genoem wat hy saamry. Dit het amper ongelooflik geklink om dit alles op die Land Cruiser te kan laai.

Toe my seun hom vra of hy iets sleep, antwoord hy: "Is jy bed.nnerd? Jy kan nie nog iets sleep in die Namib se los sand nie. Al wat ek baie moet sleep is Ford's"

Sê maar net wat hy gesê het.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 30/08/2018 - 07:39

Neef, ja jy is reg omtremt LR, ek weet nie waar was my kop nie, dankie vir die reghelp.

My tweede punt.... maak sin wat julle vertel oor die gewig, ja ek het ook nog nooit so daaraan gedink nie. Ja die gewig sal sekerlik 'n groot rol speel, ek was nog nooit swaar gepak as ek off road ry nie, hetsy sand, kliperige berg passe of modder, seker die dat ek nog nooit aan die gewig fasktor gedink het nie.

Die Pajero, net soos die meeste moderne SUV en bakkies kom standaard uit met redelik bree bande, so ek het [gelukig?] nog nooit regtig probleme gehad nie. Maar ja ek vermoed dat ek dan seker wel problem sou optel indien ek ooit diksand wou aanpak met 'n swaar gelaaide Pajero?

Dankie vir die welkome teregwysing, mag my dalk moeite spaar in die toekoms.

So leer mens elke dag iets nuuts.

Magaliesburg

GerhardtN

Thu, 30/08/2018 - 08:28

Dit gaan oor ondervinding en wat vir jou voertuig werk. Ons 4x4 groepe is partykeer tot 13 voertuie groot. By twee geleenthede was daar n Isuzu 4x2 wat al die roetes voltooi het sonder om een keer vas te val. En dit sluit Namibie en Botswana se rowwe sand roetes in. Dit gaan oor banddruk, momentum en krag. Die nuwer voertuie kom uit met 255/50/18 bande wat n lae profiel band is. Ek blaas hom nie onder 1.4 bar af nie want ek sleep nog die Oryx karavaan ook. Natuurlik help dit ook as jy in die bestaande spore bly want die ou voor jou kompakteer die sand. Dis hoekom die 4x2 nie een keer vasgesit het nie want hy het agter gery. Banddruk selfs op sinkplaat en rowwer paaie is uiters belangrik. Ons doen moeite om te stop sodra ons weet hierdie gedeelte wat kom gaan buite normaal wees. Ons blaas ook ons karavaan en boswaens se band af. As jy nou rerig wil sukkel moet jy n wa sleep wat se band 3 bar is. Nou op die Weskus roete was die sand verskriklik los en daar het die krag van engin weer n groot verskil gemaak. Dis maar alles n kombinasie wat moet saamwerk. 

En vasval is nie n sonde nie, leer net daaruit. lol