Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -37 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Paasnaweek, geniet dit almal!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

easter

Ek weet nie wie gaan kamp, wie gaan kuier, wie gaan slaap en wie gaan werk nie, maar watookal julle doen.....   geniet die komende langnaweek met alles wat daarmee saamgaan!   Veilig wees! 

smiley

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 29/03/2018 - 11:20

Dis asof Paasnaweek hierdie jaar vinnig op mens afgekom het.

Ons ry more oggend Marina Martinique toe om in 'n huis te gaan bly saam met ander mense.   Ons slaap net 3 aande en kom Sondag huis toe.   Ek neem nie my laptop saam nie, so sal nie gesels oor die naweek nie.

Dit klink of meeste van die forumiete by die huis bly.   Ek sê ook, wat julle ook al doen, geniet dit.  As julle op die pad gaan, bestuur veilig en kyk uit vir die ander ou wat nie sy padreëls nakom nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 30/03/2018 - 18:40

Dankie Willem, dit lyk heerlik en die reënboog is mooi !

Dit lyk droog daar of het dit ook daar gereën ? Ons het darem 9mm reën gehad en my een tenk is vol en die 2de een 1/4.

Geniet die kamp verder.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 31/03/2018 - 12:08

Ons het vanoggend lekker ge-zipline hier in die kamp.

L

Len, dit is redeluk groen, het gister aand reën gehad en die weer dreun hier aan die Noorde kant.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 31/03/2018 - 14:41

Gooi ook lekker water hier by ons, wereld is nat!

Geen water van vroeg af al, blykbaar 'n probleem by die hooftoevoer pyp.

Klink vreemd om in die reen te sit en geen water te he nie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 31/03/2018 - 16:16

Jammer dat die reën die kampervaring daar in die noorde so 'n bietjie demp, maar ai ouens, as dit vir maande nie reën nie en droogte slaan erg toe, dan dink 'n mens weer heeltemal anders oor reën.  Ek hoop nogtans julle kamp lekker.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 31/03/2018 - 19:51

Nee wat ons kamp lekker, so deur die reen.

Olifante het die hoof toevoer waterpype uitgeruk, amper heeldag sonder water gewees, darem nou weer reg.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 31/03/2018 - 22:18

En dan word "skoon grys water" gemors, ek gooi net die seep water in die drein af want dit bevat bleik middel  wat nadeling vir plante is.

Jammer, ek weet dit is vir baie mense taboe, maar, ek het al erge droogtes gesien en beleef. Dit steek vir altyd in jou kop vas.

maar ai ouens, as dit vir maande nie reën nie en droogte slaan erg toe, dan dink 'n mens weer heeltemal anders oor reën.  Ek hoop nogtans julle kamp lekker.

Die Rightersveld,Weskaap, Karoo en nog groot dele van Afrika is tans in 'n 'n baie ernstige droogte toestand, die Sahara word elke jaar groter na die Suide,  ens ens.

Ons is so dankbaar vir elke druppel wat val.

Len, ons wens ons kon vir julle van ons water stuur, maar dit is nie in ons hande  nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus