Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -9 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 25/04/2018 - 14:11

Goeie middag mense, gedink ek is geban toe ek probeer groet vanoggend, my tee was al yskoud toe ek eers kon begin drink.

Geniet 'n heerlike dag verder. 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 26/04/2018 - 04:48

Goeie more almal.

Donderdag (Vrydag) en sit reeds en tee drink. Amper lang naweek.

Lekker dag vir elkeen en die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en versigtig en veilig ry

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 26/04/2018 - 05:14

More almal. Mooi dag vir almal

My landlyn is dood vanoggend. Probeer al van 3 uur af al op die internet kom. Hoop dit word gou reg gemaak

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/04/2018 - 05:48

Goeie môre almal !

Dit reën heerlik hier by ons in die Kaap  -  kyk my ander pos.

Dankie Here vir hierdie uiters welkome reën op ons gebede.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 26/04/2018 - 05:48

More more.

Deon my landlyn was gesteel en dit het Telkom amper 2 maande geneem om regtemaak. Ek het toe maar my ADSL lyn opgegee en wireless gegaan.

Ons gebruik party maande to 200gig se data, so ons moes uncapped gaan.

Het wel die gewone lanlyne behou, ISDN lyn.

Julle moet julle laaaaaaaang naweek geniet. By ons gaan ons seker die meeste van dit werk. Ons is baie besig en dink daar aan om nog staff aan te stel.

Geniet die dag julle.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 26/04/2018 - 05:50

Lieflike dag kon gister nie inlog op forum nie sal daai beloofde fotos laai dankbaar virrie reen innie Kaap die koffie loop soos stroop vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/04/2018 - 06:53

..............word nou so een na die ander wakker, dis mos eintlik al laat !

Ek is so opgewonde en sukkel om te slaap  -  weet julle hoe voel dit om deur reën wakker gehou te word ?  En as jy die dag na oormôre met 'n maand vakansie vertrek wanneer die ander ouens se langnaweek al ten einde begin loop.

Dis heerlik om so wakker gehou te word !

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 26/04/2018 - 07:25

gelukkig is dit nou weer reg....  Mens raak so afhanklik van die internet...  

 

Baie lekker naweek vir almal . 

Len ons is bly julle kry reen.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/04/2018 - 07:25

Toe ek by my rekenaar kom sit, was die eerste waaraan ek dink, ek hoop Len vertel vir ons dit reën nog in die Kaap.  Net toe kom daar 'n wattsup deur van my kleindogter (14) in die Kaap:  Ouma, it is still raining in Cape Town, met hope gesiggies wat blydskap wys.   Len,  nou hoop ek dit reën vir dae aanmekaar en dat jul damme water kry.  Ongelukkig moet ek ook weer sê, hier by ons begin dinge ook beroerd lyk met die damme.

Harry, ek is baie bly om te hoor dit gaan so goed met die besigheid.  Dit is 'n groot seën, veral in hierdie tye.   Maar harde werk word altyd beloon.

Ek is vanoggend weer nostalgies oor die tyd wat so gou verbygaan.  Vandag is my seun, wat nou in NZ woon, 15 jaar getroud.  Dit voel soos nou die dag wat hulle getrou het.  Toe dink ek, more is dit 24 jaar gelede wat almal in die land gestem het.   24 jaar, mense!   Kon 24 jaar so gou verbygaan?

Mag julle almal 'n mooi dag hê.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 26/04/2018 - 07:54

Môre sê

Ja vandag die laaste goed reg kry vir die naweek se kamp by Maroela Oase.

Geniet julle dag in vrede.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/04/2018 - 15:59

Kyk ek praat baie en baie nonsens op die forum vandag.   Ek is eintlik op strike hier in my huis, so ek het baie vrye tyd.    En ek beloof julle, ek drink net koffie.  Daar is ook nie 'n spyker in nie.  Dit is ook nog nie laat in die aand nie, so ek is by my volle positiewe en weet wat ek praat.   Kyk, ek maak nog nie tikfoute soos Wilsur nie.....

In elk geval, wat ek eintlik nou soek op die koffiedraad.   Ek wil by Len hoor of dit nog reën in die Kaap?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/04/2018 - 16:32

Nee Freda, dit het nou na middagete opgehou, maar gaan blykbaar weer Saterdag en Sondag reën !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus