Goeie more almal.
Koffie is weer lekker vanoggend.
Lekker ligte bui reen verlede nag gehad
Geniet die Sondag.
Goeie middag mense, gedink…
Goeie middag mense, gedink ek is geban toe ek probeer groet vanoggend, my tee was al yskoud toe ek eers kon begin drink.
Geniet 'n heerlike dag verder.
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Donderdag (Vrydag) en sit reeds en tee drink. Amper lang naweek.
Lekker dag vir elkeen en die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en versigtig en veilig ry
More almal. Mooi dag vir…
More almal. Mooi dag vir almal
My landlyn is dood vanoggend. Probeer al van 3 uur af al op die internet kom. Hoop dit word gou reg gemaak
Dit reën !
Goeie môre almal !
Dit reën heerlik hier by ons in die Kaap - kyk my ander pos.
Dankie Here vir hierdie uiters welkome reën op ons gebede.
More more…
More more.
Deon my landlyn was gesteel en dit het Telkom amper 2 maande geneem om regtemaak. Ek het toe maar my ADSL lyn opgegee en wireless gegaan.
Ons gebruik party maande to 200gig se data, so ons moes uncapped gaan.
Het wel die gewone lanlyne behou, ISDN lyn.
Julle moet julle laaaaaaaang naweek geniet. By ons gaan ons seker die meeste van dit werk. Ons is baie besig en dink daar aan om nog staff aan te stel.
Geniet die dag julle.
More almal
Lieflike dag kon gister nie inlog op forum nie sal daai beloofde fotos laai dankbaar virrie reen innie Kaap die koffie loop soos stroop vrede
Goeie more Kampforum vriende…
Goeie more Kampforum vriende, geniet 'n awsome dag en lang naweek.
Len ons is saam met julle dankbaar vir die salwing van Bo!
Goeie môre almal! Die…
Goeie môre almal! Die kortwiek is verby en die langnaweek is hier.
GENIET DIT!![]()
ons is bly oor die reën in die Kaap
Die mense..............
..............word nou so een na die ander wakker, dis mos eintlik al laat !
Ek is so opgewonde en sukkel om te slaap - weet julle hoe voel dit om deur reën wakker gehou te word ? En as jy die dag na oormôre met 'n maand vakansie vertrek wanneer die ander ouens se langnaweek al ten einde begin loop.
Dis heerlik om so wakker gehou te word !
gelukkig is dit nou weer reg…
gelukkig is dit nou weer reg.... Mens raak so afhanklik van die internet...
Baie lekker naweek vir almal .
Len ons is bly julle kry reen.
More almal
Toe ek by my rekenaar kom sit, was die eerste waaraan ek dink, ek hoop Len vertel vir ons dit reën nog in die Kaap. Net toe kom daar 'n wattsup deur van my kleindogter (14) in die Kaap: Ouma, it is still raining in Cape Town, met hope gesiggies wat blydskap wys. Len, nou hoop ek dit reën vir dae aanmekaar en dat jul damme water kry. Ongelukkig moet ek ook weer sê, hier by ons begin dinge ook beroerd lyk met die damme.
Harry, ek is baie bly om te hoor dit gaan so goed met die besigheid. Dit is 'n groot seën, veral in hierdie tye. Maar harde werk word altyd beloon.
Ek is vanoggend weer nostalgies oor die tyd wat so gou verbygaan. Vandag is my seun, wat nou in NZ woon, 15 jaar getroud. Dit voel soos nou die dag wat hulle getrou het. Toe dink ek, more is dit 24 jaar gelede wat almal in die land gestem het. 24 jaar, mense! Kon 24 jaar so gou verbygaan?
Mag julle almal 'n mooi dag hê.
Willem julle moet veilig ry…
Willem julle moet veilig ry en geniet, dit was, toe ons daar was, 'n baie lekker oord, ons hou dop vir jou terugvoering ?
Middag koffie
Kyk ek praat baie en baie nonsens op die forum vandag. Ek is eintlik op strike hier in my huis, so ek het baie vrye tyd. En ek beloof julle, ek drink net koffie. Daar is ook nie 'n spyker in nie. Dit is ook nog nie laat in die aand nie, so ek is by my volle positiewe en weet wat ek praat. Kyk, ek maak nog nie tikfoute soos Wilsur nie.....
In elk geval, wat ek eintlik nou soek op die koffiedraad. Ek wil by Len hoor of dit nog reën in die Kaap?
Nee Freda....
Nee Freda, dit het nou na middagete opgehou, maar gaan blykbaar weer Saterdag en Sondag reën !






Goeie dag,
Goeie dag almal
Geniet die res van die dag