Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -25 minutes ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -25 minutes ago
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -6 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -8 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -15 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Centurion

Dusty

Tue, 10/04/2018 - 05:27

Goeie more Deon en ook die res.

Tee smaak sommer vorentoe vanoggend. 

Jip, Willem sterkte vandag en geniet die slapie.

Vanoggend weer heelwat mistigheid op die pad. Party plekke so dit kon skaars 50 km/h gery het.

Versigtig vir die mistigheid en lekker dag

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 10/04/2018 - 07:11

Goeie more almal  julle wat werk sterkte vrydag nader die wat op pension is geniet hom julle wat op verlof is gaan groot. Geniet die koffie die koffie hier by Natalia die loop soos stroop vanoggend

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 10/04/2018 - 07:24

Goeie more aan al die mooi mense.

Ek sit in afwagting, glo ek gaan vandag erg bederf word deur Petra, vandag 47 jaar gelede wat ek haar die voorreg gegun het om my vrou te word.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 07:30

Goeie more almal, mag die dag mooi loop vir elkeen.

Sterkte Willem, ons sirn uit om weer saam te gesêls.

Arie baie geluk met jul huweliks herdenking, mag daar nog baie vir julle twee wees. 

0
Centurion

Lolla

Tue, 10/04/2018 - 07:58

Baie geluk oom Arie en tannie Petra.  En n dubbele wow en geluk aan tannie Petra. Julle is n pragtige voorbeeld vir ons. Xxx

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 10/04/2018 - 08:24

Julle gesels almal lekker vanoggend.  Die koffie en tee het seker die stembande losgemaak.

Arie, ek stuur vir jou en Petra 'n drukkie yes en 'n soentjie kiss.   Ek weet jy gaan haar lekker bederf vandag.   Mag julle nog baie gelukkige jare bymekaar wees.

Shaun, ek hoop julle kamp lekker, my maat.

Ons het gisteraand weer een bui reën gehad.  Moeder Natuur het nou besluit dit is wat ons toekom, een bui op 'n slag.

Ons gaan vandag saam met familie kuier.  My suster gaan vir ons vis bak.

Lekker dag vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus