Ek het so drie maande gelede vir my 'n tweedehandse 1998 2.8 TDI Pajero gekoop met so 245000km op die klok.
Ek is besig om stelselmatig sy pyne uit te sorteer. Die kar is oor die algemeen in 'n redelike goeie toestand, behalwe dat hy verseg om in die oggende te start. Moet hom elke oggend aan die brand sleep.
Gebruik ook bietjie erg olie.
Opgemerk dat sy waterpomp al voorheen vervang is. Ek vermoed die enjin het bietjie seer gekry met 'n oorverhitting.
Het nou 'n keuse. Of ek moet die enjin oordoen wat my so R35000 gaan kos, of kyk vir 'n goeie tweedehandse enjin.
As jy op een afkom, laat weet my asb.
Dit is die ou Pajero 2.8 diesel met die meganiese dieselpomp. Nie commonrail nie.
Dankie man.
Import Enjin
Kyk bietjie na die pryse op die import enjins, Engine den in PTA Wes en Japan auto in Jet Park se enijins is in redelike goeie kondisies en hulle het so ongeveer 80 000 km op. Ons het nou al 'n paar karre se enjins so vervang en geen probleme verder gehad nie. Oppas vir TV2 motor spares in PTA se enjins, het al 'n bloutjie geloop daar.
Sterkte
Enjins vervang
Dankie Gerhard vir die inligting .Onthou net om die papiere en logbook te verander na die nuwe enjin nommer anders kan jy n bloutjie loop by n pad blokkade
Dankie Dassie...
Dankie Dassie, ek het vergeet van die enjin nommer laat regmaak ja. Dis redelik maklik darem.





WW se Pajero
Wille sover ek weet is daai enjins nie lief om te oor verhit nie .Die cyl head kraak .Stel voor jy laat n kompressie toets doen om te sien hoe lyk die ringe en vat dit van daar af .Toets of die "glow plugs " ook almal werk .