My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore
Wil net nog non return valve…
Wil net nog non return valve in pyp sit tussen kamp water druk en pomp sodat ek nie water deur pomp druk tank toe. het manual cut of maar non return valve beter
Was n produktiewe naweek…
Was n produktiewe naweek gewees.
Non return valve ingesit
Pluming verander dat ek kan direk aan park water koppel
Hak en spaarwiel carrier gebou en op gesit
Begin om beadings onder wa om in te sit
Nou is ons reg vir naweek kamp by aasvoelkrans.
EK HOOP JOU LISENSIE IS 'N EC
Met so 'n Kampwa sal jy minstens 'n EC lisensie moet hê. Die afsnypunt van 'n EB lisensie IS 3500KG dit is die gekombineerde gewig wat jy mag bestuur. As jou Kampwa 1.8 ton weeg en jou bakkie met 2 persone weeg 1.7 ton is jy net binne die wet. Ek weet nie of daar 'n Bakkie op die mark is wat jou kampwa gaan sleep en minder as 2ton weeg met 2 persone in nie. Iets om aan te dink.
TORA As ek dit reg het is…
TORA
As ek dit reg het is die 3,500kg nie gesamentlik nie maar wel net die sleepsel se gewig.
DIE BEGINSEL VAN DIE LISENSIES
Daar is 'n groot mispersepsie oor die aangeleentheid. As jy dit reg lees is elke lisensie gebaseer op die toegelate gewig van wat jy mag bestuur. Dus as jy 'n EB het mag jy net 3500kg bestuur, anders is daar mos geen sin aan die Beperking wat geplaas word op elke tipe lisensie nie.
My Sedona se tarra is 2053…
My Sedons se tarra is 2053 Kg, my Penta se BVM 1600Kg, ek is dus onwettig, en so ook elke ander persoon met 'n Penta, Ellegance, Exclusive ens sleep?
Tora, die een was al baie…
Tora, die een was al baie deurgetrap, en die manne met wetboeke in die hand het al saamgesels. Ek gaan net sê dat jy dit andersom vertolk as wat dit eintlik is. Self al deur hordes padblokades, en al wat n plaatjie is al beloer, en nog nooit n probleem gehad nie.
EB-lisensie
EB
Articulated vehicles with gross combination mass (GCM) of 3 500 kg or less; and vehicles allowed by Code B but with a trailer with GVM greater than 750 kg.
An articulated vehicle is a vehicle which has a permanent or semi-permanent pivot joint in its construction, allowing the vehicle to turn more sharply. There are many kinds of articulated vehicles, from heavy equipment to buses and trams.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die debat oor hierdie onderwerp kom al lank aan en ek twyfel of ons ooit die einde daarvan sal sien. Die verwarring oor die maksimum gekombineerde gewig van 3 500kg word veroorsaak deur die term "articulated vehicles". Ek kon nêrens vasstel dat in Suid-Afrika 'n "articulated vehicle" 'n motorvoertuig is wat 'n karavaan sleep nie - mag dalk elders in die wêreld wees.
My Pathfinder se GVM is 2880kg en die Pathfinder se GVM is 1700, totaal 4580kg (GCM) en ek glo meeste ouens wat Exclusives met SUV's sleep is min of meer in dieselfde posisie. Ek is nie bekommerd nie en sal die saak hanteer sou 'n verkeersowerheid hiervan verskil.
Ek verstaan nog altyd dat 'n…
Ek verstaan nog altyd dat 'n kode EB bedoel, 'n voertuig met 'n maksimum BVM van 3500Kg, en jy mag 'n sleepsel agter aan hê wat se BVM nie die Tarra van van die sleepvoertuig oorskry nie.
Sood Len sê, daai geveg sal ek in die hof gaan veg.
'n Articulated voertuig is bv iets soos 'n Bell Hauler, of 'n groot "Horse and trailer" waarvoor jy in elk geval 'n kode EC / EC1 nodig het?
Dit bly egter goed om tog gedurig hierdie tipe gesprekke te hê, sou ek dink.👍
Daar was so ruk terug 'n…
Daar was so ruk terug 'n artikel oor die onwettigheid van baie sleepkombinasies, waarin die skrywer van die artikel seker kombinasies uitgewys het wat net op hulle Tarra reeds die wetlike voorskrifte van 'n EB lisensie oorskry. Die ou het ook gesê dat jou versekering nie gaan uitbetaal as jy buite die gewig is van wat jou lisensie toelaat. Elke ou moet maar vir homself besluit of hy reg of verkeerd is, want soos van die ouens hier sê is dit al wyd bespreek.
LEN: Die verkeersmense sal…
LEN: Die verkeersmense sal net jou Tarras van die kombinasie gebruik om die som te maak. Hulle kan nie aanneem dat jy beiede tot maksimum gelaai het nie. Al wat hulle mag doen is om jou op 'n beegbrug te trek en dan eers die werklike gewig kry. Dus as jy jou kombinasie se tarras sumeer sal jy weet of jy binne die wet is, wat ek glo jou kombinasie wel is.
Great Nico, ek dink ook…
Great Nico, ek dink ook daar aan om my wa te lig, maar net 20 tot 25mm.
Dis die probleem as jy jou…
Dis die probleem as jy jou eie Kampwa bou: jy hou nooit op verbeter nie. Daar is altyd iets wat beter gaan werk of wat Ma meer gelukkig sal maak. Ek het 2 Kampwaens gebou en na elke kamp is daar iets om te verander of te verbeter.
40mm lift ...
Nico, skuif jy die gate waar die as aan die onderstel vas bout ?
Rowwer teerpaaie?
Middag Nico
Nou het jy my nuuskierig, as jy praat van rowwer paaie, bedoel jy die agteruitgang van ons teerpaaie?
Jy oorweeg sekerlik nie om daai wa op grondpaaie te sleep nie. Of het jy dit van meet af as 'n "harder" as gewone padwa gebou.
Groete





Nice Ski
Ek hou van jou spaarwiel idee sowel water direk vanaf park