Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -13 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -13 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -13 hours ago

My wa is vandag gebore

Alberton
Submitted by ski on
Forums

My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore

video
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 03/03/2025 - 20:28

Soos wat die karavaan aanvanklik gebou is, was die kante en dak van plywood of marine ply, met 'n beskermlaag (weet nie wat dit was nie). Wat ek nou sien is aluminium raamwerk en baie "ribbetjies", oorgetrek met M-Bond (Aluminium composite board) en dan met Aluminium afgewerk. Dit moet dan ook baie ligter wees en lyk netjies. 

Help my reg as ek iets gemis het. Is dit ook so sterk soos die aanvanklike wa? Sal interessant wees om te weet, veral as mens dink dat dit heelwat beweging moet hanteer. Daan het baie pylons vir vulstasies en ook die canopy cladding op hierdie manier gebou, maar dit hardloop darem nie rond nielaugh

0

Die oorspronklike bou was fiberglass, polistyrene fiberglass. Maar het baie op dak gesukkel om te gom en sterk ye maak. Jy is reg met die alu raam en mbond. Baie ligter en baie sterk. Die dak maklik 3 keer ligter as wat hy was. Sal wa weer gaan weeg as alles klaar is.

Het nou stort drain ingesit, moet nog die warm water pyp onder wa uit ring vir die wasbak. Dankie kan ek hooplik die naweek of volgende week my yskas insit en vassit.

0

Hier is weer update. Die wa is geseel, kaste het rakke in badkamer klaar behalwe stort gordyn en wasbak. Pluming gedoen en geyser getoets. Hak terug gesit agter en bedrading gedoen ook die agterligte bo opgesit en bedraad. Die yskas is ingesit. Nou nog deure op kaste doen en kragpunte en usb punte Langs die bed insit. Buite moet ek nog baie doen voor ons die wa kan verf. Vir nou net die ou rally tent op gesit.

Die wa is ook herdoop as Legacy

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 06:05

Jy vorder goed. Wat is agter daai groot swart deur in die 2de laaste foto?? Met die binne ruimte van julle wa, is dit seker 'n instap klerekas, of die TV kamerlaugh

0

Wa sleep lekker en ons kamp lekker. Nog nie klaar nie ek was eers Redelik soek kon niks doen van April tot nou toe nie. Het darem so bietjie aan ons nuwe speeding gekrap

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/06/2025 - 15:16

...goed om van jou te hoor. Met verwysing na die foto gedateer 24/03/25,  het jy  sekerlik 'n kamera agter aan die woonwa. Anders sal jy nie daai boot kan sien nie.

Het daai nuwe speelding 'n binneboord enjin in??? 

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 14/06/2025 - 07:38

Die boot het n 5l V8 binneboort engine in met Z drive.

Hierdie sou nou oorlede Arie se taal gewees het. Ek het gister weer baie aan die man gedink. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/06/2025 - 19:22

...daai v8 se 5l behoort sekerlik 'n paar lywe gelyk te kan sleep, of laat ski!!!

Waar speel julle gewoonlik, op die Vaaldam??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus