Gister die dag in Mapanbugwe deurgebring, ook een van SANParke se juwele, pragtig en 'n baie lekker dag gehad.
Moes haastig terugkom want ek het Maandag al gereel vir 'n lekker 60s partytjie. Met die oord gereel dat ons die boma kon gebruik, en hulle het toe vir ons die vuur voorsien, assook tafels en stoele.
Begin met 'n lekker ring en braai en toe die aand deur gedans op lekker 60s musiek wat ek alles op 'n stokkie gesit het en deur die rekenaar op lekker groot speakers gespeel het.
Nou daar is mos nie 'n manier wat mens kan stilsit as daai lekker ritme so sterk begin deurkom nie, ek het getwist, gerock, die limbo gedoen tot ek plat agteroor op my dinges geval het. Snaaks so 40 jaar terug 'n limbo kompetiesie gewen waar ek onder die stok wat op 35cm was kon deurdans. Gisteraand val ek toe plat op 1m!!?
Desire, 'n jong dametjie van 76, het ons almal se respek verdien, sy het omtrent nie 'n enkele dans uitgesit nie. Sy het my ook ore aangesit met die twist, ek kon laer as sy afsak maar dan moet ek op die grond druk om weer op te kom. Sy twist af tot op haar hurke en dan kom sy los hande weer op!!
Petratjie het ook later haar pyne en kwale ge-ignoreer en my kom join man het ons nou lekker ge-pepsi en al daai lekker ou lewendige danse, ek kon haar selfs nog met die twist so tussen my bene deur laat slide!!
Kyk hierrie ou spul pensioenarise hier kan en mag nog, baie lank laas so lekker aand gehad, sopnat gesweet van allie dans.
Ek kry toe 'n nuwe bynaam, ek staan nou bekend as "The Dancer" en is aangestel om elke Woensdag 'n party te reel. Ek het gereken volgende week sal dit 'n "Hillbilly" Party wees.
Ek sal vandag op die net surf vir lekker Redneck Fiddle musiek, dank al klaar aan 'Hilbilly rock Hilbilly roll"
As iemand hier aan nog ander lekker lewendig Hilbilly fiddle musiek kan dink laat weet my asb!
Antie, ek het al 'n lekker…
Antie, ek het al 'n lekker klompie gekry, maar soek nog, moet darem vir so 3 tot 4 uur se musiek reg kry.
Ons wil so bietjie lekker 'square dance" kan net leker sports wees?
Ek soek maar op MP3 juices, daar kry ek gewoonlik alles wat ek soek, convert ook sommer videos na MP3.
Lekker Arie Ek het nou…
Lekker Arie
Ek het nou gesien hoe lekker dans julle.
Dit klink mos na 'n kekker…
Dit klink mos na 'n kekker aandjie. Bly julle het dit geniet, nou het jy 'n joppie vir ons volgende saamtrek??
Vir een of ander rede kry ek…
Vir een of ander rede kry ek daai "Dancing queen" liedjie in my kop en sien vir Arie, met bell bottoms aan, en 'n donker hemp met blinkerkies op, een arm in die lig, 'n ander af gond toe, die gesig en oë dak toe, een voet gedraai en die ander op sy toon, John Travolta style ![]()
Ja julle jong klomp moet…
Ja julle jong klomp moet maar lekker spot, julle sal ook oud word!!!
Met so moerse kuif wat so…
Met so moerse kuif wat so hoog op staan.
Het die ouens in daai jare…
Het die ouens in daai jare gel of GTX gebruik vir hul kuiwe?
Het die ouens in daai jare…
Het die ouens in daai jare gel of GTX gebruik vir hul kuiwe.
Dit was "La Pebras" smeergoed. So snotterige besigheid wat kliphard droogword. Bottel het n bulvegter op gehad. Self die goete gebruik...en nogals n bottel champers gewen toe ek en Von in 1978 op so Ghrease nommer goed vertoon het.
Aai die oumense, hulle moet…
Aai die oumense, hulle moet bietjie buffelsfontein se baardolie en ander produkte gaan google, aai tog.
Skim, nee kyk ek beweeg…
Skim, nee kyk ek beweeg darem aan met die tye, gebruik gereeld Buffelsfontein se olie op my grys ou baardjie.
Die jong meisies hou van die reuk?
Aaa, oom Arie, jou melenium…
Aaa, oom Arie, jou melenium oom, ?
Ok hoe spel mens nou weer die eeu woord hierbo ?





Klink of dit 'n lekker jol…
Klink of dit 'n lekker jol was Arie. Die Hilbilly musiek is mos baie vinnig, gewoonlik met 'n banjo ook? Ek glo jy sal heelwat daarvan op YouTube kan kry.