Laas week het ek my betroubare ou vriend van 18 jaar koebaai gese. Thanks ou Corolla.
Vrydag na werk parkeer ons toe `n spik splinter nuwe, uit die box Silwer Datsun GO! Lux (AB) op ons werf vir die wyfie.
Ek like nogal die Datsuntjie. Ek dink ek het `n baie goeie prys vir die Corolla gekry en gaan koop toe die Datsun kontant. LOL nie regtig egtig kontant nie. Het die Corolla se geld en `n persoonlike lening by die bank gevat en so kontant gaan koop.
Sjoe `n mens voel nogal baie windgat as jy so inloop en `n voertuig kontat koop, meanwhile weet hulle nie, dis ook maar skuld.
So die wyfie doen op die oomblik temp werk by accounting firma en vanoggend met hom werk toe. Aai tog, hoop nie hy word gestamp nie!
Is dit die storie wat jy vir…
Is dit die storie wat jy vir ons wou vertel het?
Gelukkig het julle nie 'n ford gekoop nie, dan sal ons noooooit die einde daarvan gehoor het nie ![]()
Dit is hy wat ek wou vertel…
Dit is hy wat ek wou vertel oom Voorrie. ![]()
Ja nee, aarde behoed my, LOL, sou dit nie kon handle nie. ![]()
Het ook nie die ekstra geld gehad om die huis verder te verseker teen `n groter brand gevaar wat `n ford op die werf tewee sou bring nie.
Baie geluk Gesie, ek hou…
Baie geluk Gesie, ek hou baie van Datsun, dit is, wat my betref, die mees betroubare voertuie ooit gewees.
Ek was so opgewonde toe ek hoor Datsun kom weer op die mark, maar toe net die Go, elk geval, dit bly dieselfde produk. (Datsun / Nissan = betroubaarheid)
Gees, dis baie oulik van jou…
Gees, dis baie oulik van jou om jou wyfie so te bederf. Sê vir haar baie geluk met haar nuwe ryding, ek is seker sy het vanoggend ekstra spesiaal en baie grênd gevoel toe sy daarmee werk toe ry.
Dankie tannie Freda, wonder…
Dankie tannie Freda, wonder wat gaan sy alles praat as vanaand by die huis kom. ![]()
Gees, julle mans het ook…
Gees, julle mans het ook maar lekker sagte hartjies. Ek dink jy kry lekkerder oor daai nuwe wiele van haar as sy self.![]()
Oom Gesie, baie geluk man -…
Oom Gesie, baie geluk man - mag sy duisende sorgvrye kilos uit haar uit kry!
Ja Datsun is 'n baie betroubare produk, goeie ding dat hulle weer 'n Datsuntjie in die land inbring, daai Nissans kom darem nie naby wat betroubaarheid betref nie?
Gees jy bederf te veel..... …
Gees jy bederf te veel..... Kyk Hel1 het Saterdag n paar nuwe skoene uit my uit en sal sy nie wrintie vanoggend vra vir pertol geld nie......
Geluk Gees man.
Net jammer dit is n JAP SCRAP.
Gesie, mag sy kilos en kilos…
Gesie, mag sy kilos en kilos genot uit die voertuig kry.
Dit is lekker om die wyfie so te bederf en dan sien dat sy dit waardeer
Dankie Dankie tannie Freda,…
Dankie Dankie tannie Freda, oomse Arie, Len, Seg en Dusty.
Hehehe, omtrent so oom Seg, net Jap Scrap op die werf. (dit ruim
)
Nou kan ek nie onthou of dit…
Nou kan ek nie onthou of dit Segekok of Gees was wat die elektriese stoompot vir sy vrou gekoop het nie.
Ek wil graag weet of julle van die pot hou en lekker kos kook daarmee.
Ek het juis vanoggend vir my "Ingelsman wat net sagte kos kan eet" beesvleis sop gekook daarin.
Jammer ek kaap die draad, maar dit gaan nog steeds oor vrou bederf.![]()
Dit was ek, aunty Freda, die…
Dit was ek, aunty Freda, die wyfie is happy, verskriklik baie happy met daai stoompot. Al sommer baie gebruik.
Ons kon mos nie die make kry van tannie en oom Frans, toe maar `n Russel Hobbs gevat. Ek dink dis maar dieselfde funksies
Dit het Saute op en selfs `n Yoghurt funksie.
Sy like hom kwaai.
Ek is bly Gesie. As myne…
Ek is bly Gesie. As myne ooit sou oppak, wat dalk kan gebeur omdat hy oortyd werk!, koop ek definitief weer een!
Geluk ou gees
Geluk ou gees ek glo jou vrou baie gelukkig met nuwe Datsun en veilige 1000000000000000 km





GO Gees! Ry daai Datsun
GO Gees! Ry daai Datsun