Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -12 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -18 hours ago

Brood se vleis

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Hier is 'n slagter so 15kim van Moreson af wat elke Saterdag met sy koeltrok kom vleis verkoop in die kamp, dan deel hy sommer gratis, murg pampoentjies, tamaties en allerande goed uit sy tuin, uit. 

Die man se bynaam is Brood - hy lyk nogal soos 'n brood wat lekker uitgerys het? Ek wag nog dat hier 'n bakker wat se bynaam vleis is kom brood verkoop, sal nogal mooi wees as Brood met die vleis en Vleis met die brood gelyk hier aankom?

Elk geval Brood kom Dinsdag 'n potjie maak vir ons laaste paar sielle hier, hy verskaf al die vleis en brood en alles, ons moet net ons eie drinkgoed saam bring!

Pas ons nogal goed, ons ry Woensdag oggend vroeg, en nou hoef Petra nie kos te maak die Dinsdag aand as alles klaar ingepak is nie.

So lekker as 'n ou wat 'n paar R uit die kampeerders gemaak het so ietsie terug sit?

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 26/07/2018 - 13:12

Werp jou brood op die water na vele dae sal dit na jou toe terugkom..............

Toe ek begin lees dog ek dit is `n resep waar daar net brood en vleis geeet word iets wat ek baie van hou veral as dit regte botter is.

Smaak my die klomp kampers daar het dit oordoen met die vleis saam en die man kan nie anders as om dit te doen om dankie te sê vir die goeie besigheid nie.

Ook goeie bemarking sou ek sê.

Aangesien tante Petra nie moet kos maak nie kan sy dan seker maar die wa so bietjie was.laugh

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/07/2018 - 13:22

Voor sy begin pak moet sy eers die Oupajero was, dan pak en dan die wa was.

Ag Danie dit is moeilik, ek wil kort, kort die werk uit haar hande neem, maar dan keer ek myself. Dit is maar my opofering en klein delltjie wat ek bydra tot Petra se wulpse figuurtjie en fiksheid.

Ek weet daar is min mans wat sal doen wat ek doen, maar dit is maar uit pure liefde.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 26/07/2018 - 13:30

Toemaar ek weet hoe swaar dit is ...........Elize se vietse figuurtjie sê vir my ek doen ook die regte ding.  (Het geleer by die beste)

Sy verjaar een van die dae en ek sukke nog met die besluit van `n geskenk. Het darm al gevorder dis of `n nuwe grassnyer of daai swembadborsel wat sy so velangend na kyk.

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/07/2018 - 14:35

Arie, julle moet nou lekker eet aan Brood se vleis en brood.   Ja, dis gaaf van hom om sy customers so te bederf.  Al het hy klaar bederf met groente uit sy tuin.....

Arme Petra, elke keer as daar getrek word na 'n nuwe adres het sy hope werk!   Sy sal seker nog die nuwe tent aan die ander kant ook alleen moet gaan opslaan.

Slowstrike, sterkte met daai besluit.   Ek dink die kanse is goed dat jy ge-strike gaan word oor jou kop as jy een van daai koop.laugh

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 26/07/2018 - 20:18

Daai vleis en brood is n wenner Arie dan kry julle verniet ete lekke dis so kamp mense werk hard terwyl hulle so kamp cheeky

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus