Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -14 hours ago

Sit ek hier op my stoep en wonner?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek hier op my stoep met my pyp innie mond en 'n lang koue goue in my hand - dis te warm vir my gebruiklike Rum en Coke.

Nou sit ek so en bepeins die lewe, loer so nou en dan na my skoot rekenaartjie en merk dat die forum darem nou baie lede het?

Toe wonner ek nou so en vra my se selwers; "My se selwers, die anner forumpie, daai een wat mens nie die se ou naampie mag noem nie, waar die Knapie en die se Oompie Jepie prefeks is en almal gaan aangee by die skoolhoof, is die forum nie dalkies nou al groter as daai anner een nie?"

As ons so aanhou is die anner ene dalk een van died mooi dagies "Gonie with the Wind?"

Ai tog en nou moet die ou omie netnou in die hittige son gaan jukskei speel?! Vra ek jou nou? Waneer kry 'n armasalige pensioenaris nou ooit rus?

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 15/08/2018 - 14:18

So gepraat....    Arie, wanneer het jou tjom - groot vriend  gone in 60 seconds jou laas geskakel?  Sou julle nie 'n familie kuier en braai saam gehou het nie?  Julle sou mos' n boek ook saam geskryf het?  

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 15/08/2018 - 14:34

Daai in die sons gaan speel soos 'n ou dassie was gelukkig ou keuse gewees oom Arie, ons sal maar in die skaduwee toekyk en sommer net rustig wees. winkcool

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 15/08/2018 - 14:42

Ek sê eerder niks, behalwe:    Arie,  jy bly enig in jou soort!!   laugh    

Jy moet tog net nie "Gonie with the wind" raak nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 15/08/2018 - 18:39

Forum stoom nou voort wat lekke is hoop almal klim op en gesels lekke saam Deon en Gesie is nou stil

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 15/08/2018 - 21:34

Oom Slot is met met die helmet gebore, hy sien dinge aankom, 😀😀😀😀, Nou lekke moeg, maar daai lekker een waar mens goed voel na 'n dag wat baie goed was en mens kan met n smile mens se oë in die vrot draai.

Nag almal, daar gaan nie te hard gespook word vanaand nie 😊😊😪😪😪😪👻

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 16/08/2018 - 20:09

Mag ek maar sê?  Ek soek nie moeilikheid of 'n faaaaiiit nie.   Ek het die begin van die nuus gekyk en toe is daar niks verder wat ek wil kyk op TV nie.  Toe kom ek maar rekenaar toe en krap so bietjie rond.  Besluit toe om, vir die eerste keer in 'n baie lang tyd, te gaan kyk wat gaan aan op die forum wat Arie van praat.   Moet sê, dit lyk nie na veel nie.    'n Paar van die getroues is nog daar om dinge aan die gang te hou.   En vreemdes wat kom en gaan.   Dit lyk of die geselskap meestal kamperverwant is, seker die regte ding om te doen vir 'n kampforum?   

Op die oomblik is daar beslis niks om oor opgewonde te raak en lekker saam te gesels nie, maar ek glo met die tyd sal hulle weer 'n lekker geselsgroep aan die gang kry.   Daardie forum was altyd spesiaal en sal hopelik weer so word.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 16/08/2018 - 21:37

Ditto.yes

Ek is so bly ons leuse is "kamp EN praat" want ek weet nie hoe mens kan kamp en nie ook gesellig en lekker kan kuier nie? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus