Ek glo die besluit wat ons twee gemaak het om permanent te kamp was die heel beste besluit ooit in ons lewe!!
Dit is 'n ongelooflike sorgvrye lewe, ons dink nooit aan misdaad of veiligheid nie. Weet nie van verkeer of taxis nie.
Die vriende wat ons al so met die kampery ontmoet het is almal top mense, net so ook die wat ons op die forums leer ken het!
Mens bou gou 'n lekker vriende kring op, dan reel jy maar met toesteming van die kamp bestuur, saam braai, straat braai [as dit 'n groot kamp is] Country en Western aande, saam sing aande, veerpyltjie kompetiesies, snooker kompetiesies, hoefie gooi en wat nog.
Ja daar is maar altyd 'n paar suur knolle wat altyd moeilikheid agter elke bos sien, panic oor die ekonomie, nou al panic omdat ekonome reken die petrol prys gaan kwaai styg volgende maand?? Ai tog kan mos nie nou al worry oor volgende maand nie, dalk is ons dood voor die prys styg?
Gelukig is die meerderheid lekker aangename mense wat hulle nie dood bekomer oor goed wat hulle niks aan kan doen nie, en die suurknolle neem gewoonlik ook nie deel aan ons saamspeel aande of dae nie.
Gisteraand weer, nie een keer het iemand gepraat oor die ekonomie, petrol pryse, misdaad, scams, en wie weet wat nog nie, net lekker gelag, gedans en gesing, almal vrolik met nie 'n worry in die lewe nie. Ons leef vir vandag, more is ons dalk dood en ek wil wragtag nie met 'n frons op my voorkop en wrok gedagtes aan een of ander persoon of instansie sterf nie!?
Dit is vreeslik lekker om saam met mense wat ook hul bes doen om die lewe te geniet te kan jol tot laat in die nag, gelukig het ons oues van dae mos maar min slaap nodig.
Arie, jou lewenswyse is…
Arie, jou lewenswyse is seker 'n rede hoekom jy makliker positief bly. Julle lewe dan die heeltyd in 'n droomwêreld.
Ons het meer met die harde werklikheid te doen. Ons hoor seker meer oor al die str*nt wat gebeur. Ek weet dit, want as ons kamp, weet ons baie minder van wat in die buitewêreld aangaan.
Toemaar, wees gerus, ons gewone mense kan darem ook sorgvry wees en lekker lag en kuier. Ons laat ons nie onderkry nie.
En jy is 'n goeie voorbeeld vir ons, al dink ons soms jy het oogklappe aan.
(Koes!)
Stem saam......................
Arie, stem saam met jou oor die permanent kamp, dis die oplossing vir stress. As die ekonome druk trek ek na 'n ander kamp waar daar nie ekonome is nie. Ek dink die sorgvryheid kom juis daarin dat jy min by jou het waaroor jy kan sorg en nou veral hier op oom Paul se plaas met geen radio of TV is die buitewereld nog verder weg. Moet erken toe 'n man my in die badkamer vertel van die bokke se oorwinning was my antwoord ... o, ek het nie geweet hulle speel nog.... (en dis nie 'n storie nie). Al wat 'n ou hier maak sorg is die hittige weer... jy moet sorg dat daar koues in die yskas is.
Verskil net met jou oor die verkeer en taxis.... jy was nie gistermiddag laat op die pad tussen Onder Sabie en Skukuza nie..... 'n nagmerrie... dis nou 'n eg Nederlandse fiele.
Lekker kamp.
Voorie, nee ons jol daar in…
Voorie, nee ons jol daar in die boma op die dans vloer, kyk ek kan nie juis dans nie, maar jy moet my sien as ek so twee Rumpies agter die blad het.
Frieda ek is maar my lewe lank positief, maar ja ek glo die leefstyl dra baie daar toe om meer positief te wees.
Oogklappe, nee ek glo juis dit is omdat ek nie oogklappe aan het dat ek meer positief kan wees, ek lees vreeslik baie nuus berigte op die net, en ek lees dan ook ten minste twee oorseese koerante, verkieslik New York Times en die London Times, gee mens net 'n beeld dat die ander werelde ook maar hulle probleme het.
Lees juis nou die dag op die N Y Times se bespreking forum, dat 'n groot klomp Amerikaners voel Amerika is vinnig op pad na 'n derde wereld, as gevolg van swak diens, korupsie en misdaad.
Ek kry dan ook daagliks van twee onafhanklike Ekonome hul vooruitskating van ons finansies en in watse maatskapy om te bele of nie.
Ek lees omtrent glad nie Maroela nuus, of enige van die "Nuus" kanale op FB, ek kon nog nooit baie waarhede daar vind nie?
Afriforum se nuusbriewe lees ek ook maar meestal mis, as mens kan glo die hoeveelheid boere in SA wat al vermoor is oor die laaste 10 jaar, plus die wat ge-emigreer het, dan is daai syfers meer as die totale aantal bonafide boere wat nog ooit in ons land was??
M A W sou ek daai statistiek glo dan het die regering geen probleem met grond onteiening nie, al ons boere plus nog 'n klomp, is al almal vermoor of uit die land uit. Dus al die plase le braak???
Nee ek glo juis dat sou mens oogklappe dra, en al die vals nuusberigte glo en net altyd die slegste sien en glo dat elke liewe instansie en persoon daarop uit is om jou in te doen, raak jy negatief en neerslagtig.
Moenie fout maak, ek raak ook soms opstandig en depresief, raak ook soms bekomerd oor die toekoms, maar dit is juis daarom dat ek soveel as moontlik inligting versamel en dan die inligting rasioneel [en nie met my hart] ontleed, en dan sien ek nee wat dit gaan eintlik goed!?
Gelukig is navorsing oor die makro en mikro ekonomie en die rol van politiek daarop een van my groot hobbies, dus ek hou my lekker besig met navorsing.
Koos, lekker om weer van jou…
Koos, lekker om weer van jou te hoor. Stuur groete vir Erine [hoop dit is reg gespel?] en jou broer en skoonsuster.
Ja hier is ook lekker warm draai vandag by 36.
Arie......
Arie, die hitte braai gelukkig van die oortollige vetjies weg.
Die regte spelling is ....Irene. Piet en Elna staan ook saam met ons hier op Skukuza, ons trek moreoggend af na Berg en Dal.
Ek sou dink dit was toe…
Ek sou dink dit was toe julle twee besluit het om met mekaar te trou. 😯
Arie, ek het darem 'n grap…
Arie, ek het darem 'n grap gemaak oor die oogklappe. Ons moet jou ook darem nou en dan bykom.
Dit is in elk geval beter om soms oogkappe aan te sit, vir jou eie siel en saligheid.
Tannie ek het dit nooit…
Tannie ek het dit nooit ernstig opgeneem nie.
Maar ek voel nog steeds die mense wat net swaarigheid sien dra die oogklappe, anders sal hul mos die positiewe ook raaksien.
Ek promofeer dan juis dat ons moet wyd kyk en soek vir die mooi en positiewe in die lewe?
Ek sal nie kwaad word as mense van my verskil nie, hoe sal ek weet dalk is ek heeltemaal verkeerd.
Ek word wel geiriteerd as mense altyd fout soek by van ons bekende instansies, oor en oor in die hof bewys dat hulle en nie die instansie verkeerd was. Soek eers die fout by jou self voor jy gerespekteerde instansies sleg maak.
Mike Harrington op kampforum…
Mike Harrington op kampforum FB groep: Ons permanent kamp begin 1 Oktober, sien uit, dankie vir so n positiewe sienswyse.
Arie, laat ek jou nou…
Arie, laat ek jou nou waarsku ou steekbaard, jy moet daai oogklappe af klap, of hou jou pragtige positiewe uitkyk op die lewe![]()
![]()
.
Ja swaer, is swaar swaer, ek raak oom soms maar negatief, maar dan kom lees ek ons forum.![]()
Stem kamp doen dit
Kamp vat die stres weg ja die mollers van Secunda se beurt kom ja dit is rof hier buite maar byt vas
Ek was gou Saterdag oggend…
Ek was gou Saterdag oggend daar by Arie en Petra aan om hallo te se.
Wragtig twee wonderlik geseende mense, hou so aan julle en wees vir ons n sprekende voorbeeld van hoe mense moet wees as hulle eendag die werksplek moet verlaat!
Frik, baie dankie vir die…
Frik, baie dankie vir die mooi woorde en baie dankie vir die kuier, was vrek lekker om jou weer te sien. Baie dankie ook vir die lekker skilpaaidjies, het dit geniet!
Ek bly maar jaloers op daai yster van jou, werklik 'n pragstuk, ek is baie jaloers!
Hoop julle het julle trippie voluit geniet!





kan jol tot laat in die nag …
jol julle om die karavaan? of tussen die karavaan en die ablusies?