Ek beplan om vir my 'n 12v kompressor aan te skaf. Mnr Google het nou my kop deurmekaar met alle soorte en geure wat daar in die mark is. Ek wil nie 'n cheapie koop wat my dalk in die steek gaan laat nie maar wil ook nie my maand se pensioen op so iets spandeer nie.
Ek sal raad/advies van die slim manne waardeer.
Ek is geneig om gedeeltelik…
Ek is geneig om gedeeltelik met oom Arie saam te stem... so ver dit die kompresor aangaan... Maak oog seker van die gehalte van die pyp ... hulle hou nie lank nie. Koop ook een waarvoor daar parte beskikbaar is as dit nodig sou wees. daar is plekke wat baie goeie kompresors verkoop maar daar is nie parte beskikbaar as iets so verkeerd gaan nie.
Dink amper Shaun ( Sleepnou) het sy huiswerk oor die gedoen voor hy gekoop het.
Het sleepnou nie hier erens…
Het sleepnou nie hier erens op die 4x4 forum 'n soortgelyke vraag gevra nie?
Dabkie vir alle kommentaar…
Dabkie vir alle kommentaar. Ek het sleepnou se draad deurgegaan, sal artikel Wegleep/Ry #6 lees.
T-Max 72lpm
Het so ene nou al so vir 8 jaar.
Permanent in my voertuig.
Pomp 265 65 bande vinnig vol.
Vat baie spasie op.
Die R1700 prys nou is wat ek toe betaal het.





Koos al wat ek jou kan…
Koos al wat ek jou kan aanraai is om 'n twee silinder een te koop, bietjie duurder, maar daai eensilinder joppies is te lig om bakkie bande tot 3 bar te pomp.
Hy doen dit maar jy sit lank en wag, en die kans is goed as jy meer as een band wil doen dat die ding uitbrand om dat dit so lank neem.
Fabrikaat wil ek liewer nie aanraai nie, kyk maar net vir 'n bekende naam, oppas vir die Chineese of Indiese goed, hulle is maar die selfde kwaliteit as hul voertuie?