Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -49 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Grondpaaie is lekker

Submitted by Johan K on Wed, 24/10/2018 - 12:39
Forums

Na aanleiding van Arie se opmerking op die Sizakala draad dat teerpaaie vervelig is (waarmee ek saamstem), plaas ek hier 'n paar grondpad foto's van waar ek al rondgeloop het. 

Foto
Tussen Northam en Koedoeskop - Limpopo
.
Tussen Leeupoort en Assen
.
Tussen Assen en Brits

 

.
Ook tusen Assen en Brits by 'n ander geleentheid. Vir die wat dalk al daar was, hierdie is die pad wat voor Dube en Dikholo verby loop.

 

Die Waterberg omgewing in Limpopo is een van my gunsteling plekke en is ook binne gerieflike tref afstand vir ons. Ek gaan ry dus graag hier rond. Daar is baie wildsplase in die wêreld. Gevolglik is wilds besigtiging sommer gratis so van die pad af.

.
Tussen Naboomspruit (deesdae Mookgopong) en Vaalwater
.
'n Entjie verder met dieselfde pad. Die destydse transport ryers het die "passie" Tarentaalstraat gedoop.
.
Iewers noord van Naboomspruit
.
Iewers tussen Bela-Bela en Vaalwater. 

 

Brits

wessels

Wed, 24/10/2018 - 14:17

Middag mede kampers

Sit so en kyk na die grondpad fotos, en besef meteens;

Noord-Wes se grondpaaie ry heel moontlik lekkerder as ons hobbelrige effe geteerde hoofpaaie.

Lyk na 'n goeie idee om die omgewing om Brits komende naweek te verken, grondpad langs. Paar jaar gelede van Assen oor Fafung na Klipvoor dam [Barokalolo] gery en AWD Territory het dit baie aangenaam gemaak.

Groete

Wessel

 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 24/10/2018 - 14:33

Johann, dankie vir die mooi prentjies, moet erken ek het self 'n groot swak vir 'n grondpad, net soveel nader aan die natuur.

Toe ek nog gewerk het en boswa gesleep het, het ons altyd ons roete so beplan dat ons soveel as moontlik grondpad kon ry.

Karavaan en grondpad is ongelukig nie groot maats nie, dus soek ek maar teerpad, maar vermy snelwee sover as moontlik. Op 'n snelweg jaag almal om erens te kom, op die "ou" pad kan mens nog lekker rustoig ry en die natuur om jou bewonder, en dan is ek baie lief om deur al die ou klein platelandse dorpies te ry.

Ek het gelukig nog my hele lewe voor my en hoef dus nie haastig te wees om erens te kom nie?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/10/2018 - 14:52

AWD Territory het dit baie aangenaam gemaak

My Terrie se bande is te plat en sy veering te styf vir grond pad, het dit laas jaar in KNP weer besef.

Die wydheid van die Karoo het diep onder my vel ingekruip. So ook die Karoo se stofpaaie waar daar feitlik nooit 'n ander voertuig teekom nie.

.
Tussen Copperton en Vanwyksvlei
.
Gannagapas tussen Middelpos en die Tankwa Karoo Nasionale Park wat daar onder in die leegte begin.
.
Nog Gannagapas
.
Iewers tussen Tankwa KNP en Sutherland
.
Oubergpas tussen Tankwa KNP en Sutherland

 

Brits

wessels

Wed, 24/10/2018 - 15:02

Middag stofpad aanhangers

Wil graag hoor wat sê die die ervare manne oor grondpad ry en voorkoming van papwiele.

Hoeveel keer is dit meestal die linker agterwiel wat pap word? Dink aan Chris se foto paar dae terug.

Moet mens spatskerms aanbring voor die agterwiele om opstaan klippe plat te vee voordat agterwiel oor dit rol? Wat van die wa agter die voertuig--geld dieslefde voorkomende beginsel daar ook. Ek het al foto's gesien van kombinasies waar daar swaardiens spatskerms agter aan voertuig , by sleephaak aangebring is wat amper op die pad sleep. Dit beskerm natuurlik voorkant van wa, maar dit keer moontlik ook papwiele.

hoor graag julle ervare mening, met knippie Jeyes fluid.

Wessel 

Die volgende drie foto's is geneem op die pad vanaf Loxton via die Molteno pas na Beaufort-wes. Die Afrikaanse fliek genaamd Jakhalsdans (wat ek nooit gesien het nie), is op 'n plaas langs hierdie pad geskiet.

.

.

.

Middelburg

Noel

Wed, 24/10/2018 - 17:30

Baie nice. Ek love daai grondpaaie. Klippe en dongas is nie vir my nie. Mooiste dele is waar grondpaaie is. Ek sal volgende keer wanneer ons weer kaap toe gaan probeer meestal grondpaaie ry, al neem langer om by kaap aankom. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/10/2018 - 20:08

Wessel, linker agterwiel wat pap word.  Hier is 'n foto van my Pathie wat tussen Sutherland en Ceres twee pap wiele binne 100 meter gehad het, albei links agter !  'n Verbygaande boer sê dit is skerp leiklip wat oplig as die voorwiel daaroor ry en dan 'n breukdeel van 'n sekonde daarna sny dit die agterband wat daaroor ry voor die leiklip gaan lê het.  Dit gebeur glo veral net nadat die pad geskraap is.

.