Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -14 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -15 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -16 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 18/11/2018 - 07:18

Môre Kampforum.     Die twee manne lyk ingenome met daai gewere, Voories.  Lyk na 'n lekker seunspartytjie.yes

Almal moet hul Sondag geniet voor die nuwe week begin.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 18/11/2018 - 15:49

Daai paint ball was seker 'n 'ball" vir die kinders???

Ons is weer terug hier in "WARMbad", verstaan nou mooi waar kom die naam vandaan???

Gelukig lyk my eiers nog nie soos Johann s'n nie - ek wys daai foto vir Petra, net daar dop sy my om en maak oop net om seker te maak!!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 18/11/2018 - 17:49

Ek vind dit vreemd dat Johann se eiers gebak is.  Ek sou nou gedink het hulle is gekook?  Êrens moes hulle dan gekraak het? 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 18/11/2018 - 20:42

Oppad terug van die hospitaal in Springs kry ons n woeste stofstorm op die N17.

By die huis ook so n vinnige vlagie geval.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 19/11/2018 - 05:40

Goeie môre mense!  'n Nuwe week!  Stoffel hoe gaan dit met jou suster?   

Hallo Gees! smiley

Mag julle almal 'n wonderlike, produktiewe en geseënde week hé. yes      Mag jou paaie gelyk wees, mag jy weet waarheen jy oppad is en mag jy weet waarvandaan jy kom! laugh

Die wat kamp, kamp lekker!  Die wat nie kamp nie, mag jy sommer gou weer die pad vat en 'n lekker staanplek kry! smiley

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 19/11/2018 - 05:50

Anton, nadat ek gister daar was het die dr weer daar 'n draai gemaak. Hulle wag nou vir haar seun vanoggend om te teken vir die oprasie vandag. Ek glo dat dit goed sal gaan. Sy is blykbaar nou sterk genoeg vir die operasie.

Ek sien op gisteraand se nuus dat daar weer 'n ongeluk was naby die plek waar my vriend se suster die ongeluk gehad het so 3 weke gelede

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 19/11/2018 - 06:33

Die naweek is verby.  Die wat nog werk, kry vir julle, dit is Maandag vandag.  Die Bokke het darem Saterdag gewen.

Ons vriende wat by Willows kamp kom vandag by ons kuier vir middagete, Antie gaan kos kook.

Ek hoop niemand se Maandag is blou nie.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 19/11/2018 - 07:39

Hier in Centurion val dit ook nou lekker, lyk of die regte reën nou gekom het 

Ons regte reën het ook net so 45 min geduur. Nou sonskyn en oopgetrek.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus